Roem In Die Here

Roem In Die Here

Deur Whitney | April 5, 2017

“Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. Daarom, soos daar geskrywe staan: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem.” – 1 Korintiërs 1:26-31

Dit was een van daardie Sondagoggende.

Julle weet wat ek bedoel.

Nadat ons ‘n bietjie té laat opgestaan het en deur 6 storte gejaag het in rekordtyd (as jy gelukkig was, was jy een van die eerste drie met warm water), ek een groeiende seun verbied het om daardie broek aan te trek met die broekspype wat dakwaarts neig, en hom gestuur het om op die nippertjie iets anders aan te trek, nadat ons struwelinge tussen die kinders te probeer hanteer het, en besluit het watter arme kinders moet in die veragte agterste sitplek van die minibus sit, het ons in die agterste kerkbanke ingeglip, net toe die musiek begin het. Ek het gestaar na die volgepakte rye voor ons.

Hoe kry hierdie mense dit reg om te lyk asof hulle week na week alles onder beheer het?

My vriendin in die oorkantste ry het geglimlag en gewaai, en ek het teruggeglimlag met die beste “kerkglimlag” wat ek kon bewerkstellig, terwyl die sweet stadig teen my rug afgedrup het. Toe die klavier begin speel het, wou ek so graag my hart voorberei vir die lofprysing. Ek wou dit alles onder beheer hê, en my beste vir Jesus gee. Maar al waaraan ek kon dink was die ongeduld, die woede en die harde woorde wat ons oggend gevange geneem het.

Die vyftien minute se ry na die kerk het ons nederig gemaak. Verskonings is aangebied en vergifnis is uitgereik. Maar om in daardie kerkbank te sit – in ons beste Sondagklere, en terwyl ons probeer om voor te gee dat niks gebeur het nie – het my laat voel soos ‘n bedrieër.

Mense, ons is gebroke.

Met ons Bybels geopen by 1 Korintiërs 11, het die diakens na vore gekom om die brood en die beker aan te gee. Here, Nagmaal… vandag van alle dae? Ek het dadelik so onwaardig gevoel.

Dwaas.

Swak.

Laag

Gebroke.

In my trots, wou ek hê dat ons familie daardie oggend deur die kerkdeure moet stap asof ons alles onder beheer het. Ek wou sterk wees, in plaas van swak. Ek wou perfek wees, in plaas van om uitmekaar te val. Ek wou daardie Sondagoggend – om die waarheid te sê, elke dag – gaan sit het en goed voel oor myself en alles wat ek bereik het. Maar die kerk is nie ‘n perfekte plek vol perfekte mense nie.

Om die waarheid te sê, dit is heeltemal die teenoorgestelde.

Dit is ‘n plek vir dié wat siek is, om te kom en hoop te vind – nie in hulle eie wysheid, status of prestasie nie – maar in die persoon en werk van Jesus.

Dit is waar die waarheid van wie Hy is, ons foute en mislukkings troef; waar ons Hom lofprys vir die diepte van Sy vergifnis en die nuutheid van sy genadegawes.

Dit is waar die gebrokenes verwelkom word en waar dié wat vermoeid is, rus kan vind; waar Sy wysheid regeer oor die hardheid van ons harte en die harde stemme van die wêreld.

Dit is waar ons weer die einde van onsself kan vind, aan die voet van die kruis, nederig gemaak deur Sy opoffering en verwonderd oor Sy transformerende krag in ons.

Dit is waar ons gevul kan word, sodat ons kan uitgaan en aan ‘n verlore wêreld verkondig dat dit nie ons is nie – maar eerder Hy – wat dit alles gedoen het.

Wys.

Sterk.

Verhewe.

Heel.

Dit is Christus. Halleluja, dit is Christus in ons!

Dit is as gevolg van Hom dat jy in Christus Jesus is. Laat die een wat roem, roem in die Here…

By Sy voete,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kom ons praat: In watter areas word jy verlei om in jouself te roem, in plaas van in die Here? Waar roep die Here jou, soos Paulus, om op te kom vir Hom en dapper te getuig van sy Grootheid?

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s