Sy Verlossende Werk

Sy Verlossende Werk

deur Angela | April 7, 2017

My pasgebore babadogtertjie het haar ogies oopgemaak en na my gestaar.

Sy het haar ogies geknip terwyl sy probeer het om gewoond te raak aan die lig in die kamer.

Ek het my oë geknip om die trane te probeer terughou wat gedreig het om te begin vloei.

Sy was pragtig.

Sy was klein.

Sy was myne.

Ek was nou ‘n ma — ‘n jong ma. Negentien, om presies te wees.

As ‘n ongetroude tienerma aan die begin van my eerste jaar van universiteit, het ek geworstel met die idee van God se liefde vir my en ‘n werklike geloof in God se liefde vir my.

Die swangerskapstoets wat ek ‘n paar maande terug gedoen het, en wat positief was, het ‘n klomp nuwe realiteite in my lewe ingebring. Een van hulle was ‘n sterk gevoel van waardeloosheid. Ek het drooggemaak. Ek het mense vir wie ek lief is, teleurgestel. Ek sou ‘n ma word op ‘n tyd in my lewe wat ek veronderstel was om my laaste jare as ‘n kind te geniet.

Ek was nie meer die “goeie meisie” nie.

En ek het gewonder, somtyds hardop gewonder, of God my steeds liefhet.

Pyn, gemeng met ‘n bietjie skok, ongelooflike berou en baie onsekerheid, het my gelaat waar ek ongeliefd, onverlosbaar en buite God se goeie genade gevoel het. Dit het gevoel of ek tot aan die einde van die aarde gereis het en alleen, in die donker en in die koue was. Terwyl ek tydens daardie donker jare van nuwe moederskap altyd geglo het dat God my liefgehad het, het ek dit nie gevoel nie.

Maar ek het klaarblyklik gedurende een van daardie alleen, donker, koue oomblikke na my Bybel uitgereik en gesoek vir gerusstelling van God se liefde vir my. My hele lewe lank is ek geleer dat God my liefhet, maak nie saak wat nie. Ek wou net ‘n bewys hê. Ek het ‘n herinnering benodig, een waarin ek kon berus en wat ek kon inoefen, sodat ek nie die realiteit van Sy liefde in my lewe kon vergeet of betwyfel nie.

Ek het een vers van gerusstelling gevind, en dit neergeskryf op ‘n vel notapapier. Daardie een vers het twee geword, toe vyf, en het met die verloop van tyd twee bladsye van Skrifgedeeltes geword wat my herinner het dat God my liefgehad het. Ek het daardie velle papier ten alle tye by my gehou – gevou in my sak of in my handsak of in my rugsak, terwyl ek klas toe gegaan het.

Ek het onlangs aan daardie velle papier gedink, en hulle uit my liasseerkabinet gaan uithaal. Hulle was nog steeds ongeskonde, alhoewel hulle geel geword het met die verloop van tyd. Ek onthou hoe moeilik dit was om God se liefde vir my te aanvaar toe dit gevoel het dat ek dit nie verdien nie.

Maar hier is waaraan ek herinner is toe ek God se Woord toegelaat het om my aan die waarheid te herinner — God het Homself gegee om my van elke wettelose daad te verlos.

Die klein dade.

Die groot dade.

Elke enkele een.

Ek weet nou dat ons Sy verlossende liefde elke dag nodig het, of ons ‘n nuwe Christen is, of selfs al is ons al vir ‘n ruk ‘n Christen. Maar ons moet daardie liefde aanvaar, en leef in die lig van Christus se opoffering vir ons. Somtyds beteken dit dat ons op klein maniere, in daaglikse gehoorsaamheid aan Hom wandel. Ander kere beteken dit om Sy liefde en vergifnis te aanvaar terwyl ons probeer om te herstel van die gevolge van ons sonde.

In albei gevalle is God se werk in ons ‘n werk van heiligmaking. Hy leer ons wat dit beteken om heilig, afgesonder en toegewei aan Sy doel te wees terwyl ons met Hom wandel en terwyl ons die waarheid in Sy Woord bestudeer (Johannes 17:17).

Ons moet net kies om te glo dat Sy verlossende werk steeds aan die werk is in ons — maak nie saak hoe ver ons gedink het ons geval het nie. En soos ons glo en daardie oortuiging uitleef, verander Hy ons.

Die sleutel is om te glo.

Glo dat jy geliefd is — want jy is. (Jeremia 31:3)

Glo dat God verlos — want Hy doen dit. (Galasiërs 3:13)

Glo dat God goeie werke in jou sal voortbring — want Hy kan. (Filippense 1:6)

En ongeag wat in jou verlede is, of wat huidiglik in jou lewe gebeur, glo dat God se genade, barmhartigheid en medelye nooit tot ‘n einde sal kom nie. Die verlossende werk van die kruis is elke dag vir jou en my beskikbaar.

Jare later, is daardie babadogtertjie nou ‘n volwasse vrou met ‘n familie van haar eie. Terwyl ek die stryd van my tienerjare onthou, definieër dit nie my lewe nie — die verlossende werk van God doen dit. My lewe is gemerk deur Sy goedheid, Sy genade en Sy nimmer-eindigende liefde. En ek weet sonder twyfel dat Hy skoonheid bring aan dit wat gebroke is, want ek het gesien dat Hy dit vir my doen.

Soek die waarheid in God se Woord. Kies om te glo wat dit sê, nie wat jy voel nie. En leef dan asof jy werklik glo dat Sy Woord waar is.

Alles Vir Hom,

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s