Week 5 Die Owerspelige Vrou

Week 5 Die Owerspelige Vrou

Deur Whitney | April 10, 2017


 
Sy is uitgevang.  

In die openbaar blootgelê.

Dít waarmee sy in die geheim probeer wegkom het, is nou aan die lig gebring.

En nou is sy van alle kante af aangeval deur woedende mense wat haar kritiseer en veroordeel en uitroep dat sy die uiterste prys moet betaal.

Haar sonde was owerspel, en volgens die Mosaïese wette was haar straf die dood. Al kon sy hoe hard probeer, was daar nie ‘n manier om terug te gaan om die besluite van haar lewe te verander nie. Haar sonde het haar in die samelewing gemerk, en terwyl sy vir die finale uitspraak gewag het, moes sy seker gevoel het dat haar lewe verby was.

En toe kom Jesus…

Sy bediening was kontra-kultureel, teen alles wat die mense vantevore geken het. Hy was ‘n bedreiging vir die magtigste leiers; ‘n onverwagte antwoord vir diegene wat ‘n anderse Messias se koms verwag het. En in elf kort verse in Johannes 8, vind ons Sy “teen die wêreld” teologie opgesom, terwyl ons diep kyk in die hart van die Seun van God, wat gekom het om die verlorenes te soek en te verlos.

Wat presies was Jesus se boodskap?

GENADE BO DIE WET

“Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.” 

Dit is moeilik om te hoor dat niemand die wet volkome kan navolg nie – veral nie wanneer jy ‘n eiegeregtige gelowige leier is nie – maar dit is presies die skynheiligheid wat Jesus blootgestel het toe die Fariseërs saamgedrom het om die vrou te veroordeel. En vandag is ons niks anders nie. Ons skep ons eie maatstaf om die erns van ander mense se sondes te oordeel, maar faal om te erken dat ons niks anders as die owerspelige vrou is nie. Almal het gesondig (Romeine 3:23). Die goeie nuus: Jesus het gekom om die straf vir ons sondes te neem. Hy gee ‘n uitweg vir almal wat Sy naam aanroep – nie deur ‘n verwagting of perfeksie of werke nie… want ons sal nooit, ooit goed genoeg wees nie. Hy het ons gered met Sy groot genade.

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God…” – Efesiërs 2:8

VRYHEID BO VEROORDELING

“Ek veroordeel jou ook nie…” (1953 vertaling)

Genade dek nie net ‘n deel van ons sonde nie. Dit is nie tydelik nie, en dit is hang nie af van ons nie. God se genade dek alles. Hierdie vyf woorde – Ek veroordeel jou ook nie – moet veroorsaak dat ons in oorweldigende verwondering en aanbidding vir ons Verlosser op ons knieë val, en moet ons siele vul met ‘n bonatuurlike vrede en vryheid wat alles verander. “Die geveg is verby. Die vervreemding en goddelike misnoë teenoor ons as gevolg van ons sonde, is verwyder. Ons is nie meer onderworpe aan woede nie. Ons het vrede met God, of ons dit besef of nie. Maar, ons sal ‘n subjektiewe vrede ervaar, tot die mate wat ons die waarheid oor regverdiging verstaan en glo – dit is, ‘n gevoel van vrede in ons siele. Ons sal weet dat ons gekoop is uit ‘n toestand van veroordeling en die vooruitsig van ewige oordeel, tot ‘n toestand van vergifnis en guns met God.” – Jerry Bridges

“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie…” – Romeine 8:1

NUWE LEWE BO SONDE

“… gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Sy is uitgevang.

In die openbaar blootgelê.

Dít waarmee sy in die geheim probeer wegkom het, is nou aan die lig gebring.

Maar Jesus – gevul met barmhartigheid en genade en alles wat kontra-kultureel is teen hierdie wêreld – het ingetree en haar lewe in ‘n oomblik verander. Alles sal van nou af anders wees… want wanneer jy waarlik berou en die diepte van God se genade ervaar het, is jy bekragtig om op ‘n totale nuwe manier te leef.

Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder genade. – Romeine 6:14

Vriendin, jy is geliefd. Jy is vry. Gaan nou, en leef soos dit.

By Sy voete,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

*Kom ons praat: Met watter van die drie punte wat hierbo gelys is, sukkel jy die meeste, en hoekom?

Week 5 Video

Week 5 Uitdaging: Neem tyd om jou hart te ondersoek en te bepaal of jy die meeste identifiseer met die owerspelige vrou, of die Fariseërs. Bely enige verkeerde denke wat jou daarvan weerhou om vergifnis aan ander uit te reik, of om self God se genade, vergifnis en vryheid te ontvang.

Week 5  Leesplan

Lees 5 Memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s