Hardloop Vry

Hardloop Vry

Deur Angela | April 12, 2017

“Want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.” – Psalm 103:11-13 

Daardie Woensdagmiddag in Desember toe ek in my berader se kantoor ingestap het, sal vir ewig in my gedagtes geëts wees. Daardie spesifieke dag het die pad van my kar na haar kantoor baie lank gevoel, en my voete het gevoel of hulle met lood gevul was. Daar was ‘n klein bruin tafel met ‘n lamp op aan die linkerkant van die kamer waar ons sou sit en tee drink en praat oor alles wat God besig was om in my lewe te doen. Diepe sielswerk en baie genesende grond is in daardie kamer gedek – die grond van my hart het gevoel of dit met die tyd verander het, dit was meer sag en vry, soos God met my gewandel het deur elke kamer van my hart.

Hy is so liefdevol en geduldig met ons.

Magtige gebede is gebid, skrifgedeeltes is gelees en Hy was besig om pragtige werk te doen: ‘n Gebroke lewe wat waarlik verlos is.

Hierdie afspraak was vir my moeiliker, want God het iets van my gevra. My hart het steeds ‘n “kwelling” gehad en ek was desperaat om die bron daarvan te vind.  Alhoewel ek Christus geken het, en die meeste tyd van my lewe met Hom gewandel het, wou ek met iemand wat ek vertrou, praat oor die stryd wat ek gehad het met skaamte: “die niks weerhou, oop, eerlike, alles oop op die tafel tipe praat.” Vir ‘n perfeksionis wat besig is om genees te word, kan dit moeilik wees.

Skaamte is ‘n monster, en sy nefies vrees, angs, depressie en hopeloosheid hou daarvan om saam met hom uit te hang.

Ons het gepraat oor hoe skaamte geplant word deur skuld, gevoed word deur herinneringe, en natgelei word deur geheimhouding.

My hart het volle genesing nodig gehad. So eenvoudig soos dit. Meer wortels moes uitgegrawe word, en die Meester Tuinier was die enigste Een wat waarlik kon sorg vir wat gebroke was. Alhoewel ek heelwat oorwinning en deurbraak ervaar het, het sekere “triggers” steeds voorgekom en dit het gelyk of skaamte altyd probeer het om weer sy lelike kop in my lewe uit te steek.

Ek onthou hoe vinnig my hart geklop het en hoe my palms papnat gesweet was toe ek gaan sit het. Sy het baie detail van my verhaal geken; sy het geweet dat my pa ‘n dominee was, sy het geweet van my ouers se pynlike egskeiding wat ek aanskou het, en sy het geweet van sommige van die diep wonde wat ek as ‘n kind ervaar het.

Die vyand het sy teiken op my lewe gesit, en ek het ‘n hart gehad wat vol geweerskoot gate was, waarmee hy my probeer uitwis het. Ek het Christus leer ken op ‘n vroeë ouderdom, maar die lewe… wel, die lewe het sy loop geloop. Ek het in my twintigerjare besef, alhoewel ek God liefgehad het en Hom gedien het, was ek moeg, my hart het swaar gevoel… en ek was uitgeput. Die Here se barmhartigheid het weereens voor my uitgegaan en, soos ‘n goeie Vader, wou Hy met hierdie deel van my lewe handel.

Ek was besig om ‘n baie swaar sak te dra, en ek het nie gevoel asof ek die oorwinnende wedloop ten volle, soos wat Hy bedoel het, gehardloop het nie. Die sak het swaar gedruk op my, want dit het berou uit my verlede, ou herinneringe en vrese oor my toekoms bevat. Om dit rond te dra het amper ‘n gewoonte vir my geword, en ek kon nie eers onthou wanneer die presiese tyd of plek was toe ek besluit het om dit op te tel nie. Ek het geloop, maar dit was definitief besig om my te verhinder om te kan hardloop.

Voor ons ontmoeting het ek gevoel dat die Here vir my sê dat ek my perfeksionisme en die belangrikheid van my selfbeeld of wat enige een van my dink, moet neerlê om waarlik vry te wees.

Belydenis was ‘n deurslaggewende faktor om skaamte te vernieting en uit te roei.

Jakobus 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”

Vir elke vrug in ons lewens, goed of sleg, is daar altyd ‘n wortel en ek het geweet dat hierdie ‘n diep wortel was waarna God moes kyk. Dit was tyd om die sak neer te gooi, en te hardloop. Ek het in haar kantoor gesit en gehuil. Ek het haar vertel dat ek die skaamte wil oorgee, elke deel van dit, en wandel in die lewensgewende vryheid waarvoor Jesus gesterf het vir my om te hê. Ek het geweet dat God Sy Seun gestuur het, Sy mees kosbare skat en geskenk, en Hy was genoeg. Wat Hy gedoen het was groot genoeg vir my, en gebrokenheid en skaamte sou nie meer my lewe beheer nie.

Hierdie stryd wat ek in my gedagtes geveg het, kon slegs beveg en oorkom word deur Sy Woord toe te pas op elke enkele leuen soos hulle verskyn het.

2 Korintiërs 10:3-6 Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapen van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.

 Johannes 8:10-11 WAAR IS HULLE?  

10 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” 11 “Niemand nie, Here,” sê sy…En Jesus sê, “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Johannes 8 is een van my mees geliefde Nuwe Testament verhale. Ek is ‘n kreatiewe en visuele storieverteller, en ek vind aansluiting met verhale waarin ek myself kan sien. As ons eerlik is, kan ons almal op ‘n manier identifiseer met die vrou in Johannes 8. Alhoewel ons nie noodwendig met fisiese aanklaers te doen het nie, kom baie mense geestelike aanklagte teë. In hierdie teksverse, is sy gevang en ontmasker in die sondige daad deur baie aanklaers, en in die openbaar gebring vir die straf wat die wet sê sy verdien. Sy moes so sonder hoop, verleë en so alleen gevoel het.

Hierdie ontmaskering was eintlik haar toegang tot Genade, want sy is gebring tot aan die voete van die Een wat nie net haar lewe kon red nie, maar ook haar siel.

Terwyl die mense saamgedrom het om haar te stenig, het Jesus ‘n posisie van deernis ingeneem, deur af te kom na haar vlak en op die grond te skryf. Hier maak hy haar aanklaers stil en vertel haar sy is ten volle vergewe en dat sy moet gaan en nie meer sondig nie. Wanneer gedagtes van veroordeling van jou aanklaers in jou gedagtes opkom om jou te treiter, volg Jesus se voorbeeld. Antwoord hulle met die Woord, weet dat jy vergewe is, en beweeg vorentoe om jou lewe met Christus te leef.

Die teenmiddel teen skaamte is WAARHEID.  

‘n Formule om skaamte te breek word gevind in Psalm 103. Dawid begin die Psalm deur waarheid te erken en te proklameer. Hy sê “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, WIL EK SY HEILIGE NAAM LOOF. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde VERGEWE, wat AL my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon.”

Psalm 103:11 “Want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. 12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.”

Hierdie vers proklameer die EINDELOSE liefde van God vir ons. Ek het een maal ‘n dominee hoor sê, “Hoe beskryf jy ‘n roos aan ‘n blinde persoon? Hoe beskryf jy Handel se Halleluja Koor aan ‘n dowe persoon? Hoe beskryf jy die sensasie van ski aan iemand wat nog nooit geloop het nie? Hoe beskryf jy die volmaakte, oneindige liefde van God aan onreine, sterflike mense?” Psalm 103 praat van hierdie Liefde.

Dawid probeer om dit te beskryf met ‘n beeld, en sê dat dit hoër is as die Hemele. Hy sê dat jou sondes verwyder is so ver as wat die ooste van die weste af is. Dit beteken dat hulle onopspoorbaar, weg, vergewe is. Die lewe verander wanneer jy hardloop van ‘n plek van vergifnis af, in plaas van om te hardloop vir vergifnis. Sy liefde is onfeilbaar en sal ons najaag al die dae van ons lewens. Ek is so dankbaar vir hierdie Liefde wat nie opgee nie! Mag ons hierdie gratis geskenk vandag aanvaar en ontvang en waarlik wandel in die voordele hiervan.

Psalm 103:13 “Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.” 

Kennis van wie God is, is so essensieël in ons wandeling met Hom. Ons lewe in die resultaat van wie ons werklik glo God is. Dit is hoekom dit so belangrik is dat ons wandel in die Woord en glo in die Waarheid.

In Matthew Henry se kommentaar sê hy, “Die Skrif sê baie oor die genade van God en ons het dit almal ervaar. Die vader het medelye met sy kinders wat swak kennis het, en leer hulle; het medelye met hulle wanneer hulle koppig is en verdra hulle; het medelye met hulle wanneer hulle siek is, en vertroos hulle; het medelye met hulle wanneer hulle geval het, en help hulle om op te staan; het medelye met hulle wanneer hulle oortree het, en nadat hulle hulself onderwerp, vergewe hy hulle; het medelye met hulle wanneer hulle verontreg is en herstel hulle: dit wil sê die Here het medelye met dié wat Hom dien. Sien hoekom Hy medelye het. Hy neem die teerheid van ons liggame en die dwaasheid van ons siele in ag, hoe min ons kan doen, hoe min ons kan dra; in dit alles verskyn sy medelye.

Sy barmhartigheid en medelye teenoor ons is groot, soos ‘n vader vir ‘n kind.

Om sonder die sak te loop, is soveel beter. ‘n Pragtige uitruiling het plaasgevind en ek het nie net die sak neergesit nie, maar ek het dit verruil vir beter dinge, soos vreugde, hoop, vrede en vergifnis. Ek bid dat jy hierdie Liefde vandag sal ontvang en dat jy sal wandel in die vrugte wat daarmee saamkom…ware identiteit, rus en aanvaarding in Christus. Hy is vir jou, Hy het jou lief met ‘n liefde wat nie gemeet kan word nie, en Hy sê vandag vir jou ook, WEES VRY + GAAN + HARDLOOP en moet nie meer sonde doen nie.” Hy is vir jou!

In Sy Onfeilbare Liefde,

Meshali

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s