Die Gevaar Van Vriendskap Met Die Wêreld.

Die Gevaar Van Vriendskap Met Die Wêreld.

Deur Angela | April 14, 2017

Dit is tyd vir skoonmaak in my lewe – letterlik die skoonmaak van my kaste, en figuurlik van my hart. Ons leef in ‘n wêreld wat ons bombardeer met die behoefte vir meer, beter, nuwer en groter. Dit is so maklik om afgelei te word. En – veral met sosiale media – is dit so maklik om te vergelyk. Wêreldsheid is die norm, en ek vind dat ek dikwels afgestomp is vir dit.

Daardie huis. Sy werk. Haar klere. Daardie vakansies. Vul net die oop spasie in.

Ek dink aan Eva – sy het geval vir die aanloklikheid van ‘n vars appel, omdat sy gedink het hoe dit haar lewe gaan verbeter. Ek hou daarvan om te dink dat ek van beter sou geweet het. Maar wie probeer ek mislei? Ek val oor en oor vir die appel. Dit is helder en blink. As dit op uitverkoping is, het dit nog ‘n groter aantrekkingskrag. As dit op Amazon Prime is, kan ek dit vinnig ontvang. Nie al die *goed* in ons wêreld is natuurlik sleg nie, maar dit bied nooit vir ons langdurige plesier of die tevredenheid wat ons verwag nie.

Die Bybel leer ons dat as ons in Christus leef, dan is hierdie wêreld nie ons woning nie. Die wêreld moet nie ons identiteit beïnvloed, of ons waarde bepaal nie. So, ons kan gerus wees, vriendinne! God wou nooit hê dat ons spanning moet hê oor die gejaagdheid van die lewe of sosiale stand nie. Ons word geroep om anders te wees. Die wêreld sal nooit die ewige begeerte in ons siele bevredig nie. Om die waarheid te sê, vriendskap met die wêreld is vyandskap met God (Jakobus 4:4).

So wat moet ons doen? Hoe begin ons dan om te leef in ‘n wêreld sonder om van die wêreld te wees?

Kom ons erken dat aardse wysheid gebrekkig en sekulêr is. Kom ons noem ons aardse begeertes wat hulle is en vra God om ons te help om die laste van trots, ydelheid en selfsug af te lê. Kom ons erken dat ons dikwels maskers voorhou vir mekaar, maar dat God nie geflous is deur gefilterde foto’s of leë woorde nie. En laat ons ons Skepper nader met nederige, suiwer harte om te sien hoe ons Sy koningkryk kan opbou.

Ek wil nie hê dat mense my goed moet begeer nie. Ek wil hê dat hulle die bron van my vreugde moet begeer, die fondasie van my hoop verstaan, en die Voorsiener van my tevredenheid soek.

Jy wil nie my lewe hê nie.

Jy wil my Jesus hê.

Vriende, die grond is gelyk by die voet van die kruis. Dit is waarlik so. Kom ons betoon liefde met oorgawe en ontmoet mekaar daar.

Genade en vrede,

Sara

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s