Week 6: Jesus, Gebroke vir Ons

Week 6: Jesus, Gebroke vir Ons

Deur Jen Thorn | April 17, 2017

Goeie môre en welkom by die laaste week van ons Gebroke en Verlos studie. Ek is so bly dat jy tot hierdie laaste week saam met ons gebly het, want ek glo dat hierdie week die mees belangrike week in ons studie is.

Gedurende die laaste 5 weke het ons gesien dat, as jy ‘n mens is, is jy gebroke. Die gevolg van sonde is gebrokenheid. Gebrokenheid is iets wat ons nie kan ontsnap nie, en dit manifesteer op verskillende maniere, van trots tot onvrugbaarheid, vrees en baie, baie meer.

Ons roep saam met Paulus uit: “wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos” en van al die gebrokenheid rondom ons?

J E S U S!

Hy is die pragtige antwoord op al die verwoeste, verbrokkelde dele van ons lewens. Maar die enigste manier hoe Hy ons kon genees, was om vir ons gebreek te word.

Ons verse is baie bekend, en dit wys waardeur Jesus gegaan het om ons verlosser en ons redder te word.

Hy kon ons los in ons gebrokenheid en sonde, maar in plaas daarvan het Hy een van ons geword. Hy het honger en dors en moegheid ervaar. Hy het eerstehandse ervaring gehad van hoe dit voel om verwerp en gespot te word, om onregverdig behandel te word, en selfs teleurgestel te word deur dié mense wat die naaste aan Hom was. Hy het geweet hoe dit was om allerhande soorte euwel teen Hom gedoen te hê, alhoewel Hy niks daarvan verdien het nie.

Uiteindelik is Hy deur Sy Vader gestraf vir leuens, onvriendelikheid, owerspel, moorde, kwaadpratery, klagtes, afvalligheid en alle ander vorms van sonde wat nie eers Syne was nie.

En Hy het dit vir jou en vir my gedoen!

  1. Deur Sy straf, ontvang ons vrede. Sy straf moes ons s’n gewees het! Ons is die mense wat gesondig het, en ons sonde het ons van God geskei. In plaas van vrede, was daar vyandskap. Maar Jesus het dit alles op Hom geneem. Hy het ons sondes, ons strawwe, ons skeiding van God, geneem en vir ons Sy vrede en regverdigheid gegee.

Nou kan ons na aan God kom, nou kan ons verseker wees in Sy liefde, nou kan ons ten alle tye Goddelike hulp hê. Nou het ons ‘n glorieryke toekoms.

  1. Deur Sy wonde, is ons genees. Jesus het gesterf sodat ons in vrede met God kan wees, maar Sy dood het ook genesing vir ons gebring. Dit het vir ons lewe gebring. Ons gebrokenheid was so erg, dat dit elke deel van ons wese beïnvloed het, van ons harte tot ons siele. As jy jouself ken, weet jy dat jy jouself nie kan regkry nie. Maar deur die lewe, dood en opstanding van Jesus, het ons nou die krag om te veg. Ons kan veg teen versoeking en inderdaad wen, ons kan oorlog verklaar teen die sondes wat in ons is, en begin om oorwinning te hê, nie omdat ons sterk genoeg is nie, maar omdat die krag van Jesus aan ons gegee is.

Laat ons nooit Christus se werk aan die kruis, om ons onthalwe, gering ag nie.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

Week 6 Uitdaging: Kom ons neem hierdie week tyd om doelgerig te fokus op die dood van Jesus. Gebruik liedere, boeke of preke om jou te help om ootmoed en dankbaarheid vir wat Hy gedoen het, te herontdek.

Week 6 Video

Week 6 Leesplan

Week 6 Memorieservers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s