Dit Is Volbring

Dit Is Volbring

Deur Angela | April 19, 2017

Liewe suster,

Jou verlossing is hier. Die hoogste prys is betaal vir jou lewe. Jy hoef nie meer as ‘n slaaf van jou sondes, jou verslawings of jou versoekings te leef nie, maar jy kan jou verlossing met ope arms aanneem. Hardloop, jubel en wees vry om nou jou lewe te leef in dankbaarheid vir die vryheid wat in Jesus se verlossing gevind word.

My gebed vir jou en vir my is dat die gewig van ons kettings van berou, skaamte en pyn, ons nie meer sal aftrek nie.

My gebed was week na week dat jy deur die Woord sal sien hoe God foute, hartseer en ook die lewens van Naomi, Moses, Sara, Paulus en die Owerspelige Vrou verlos het.

Wat God in hulle lewens gedoen het, wil Hy in jou lewe ook doen.

Jy is verlos, jy is vry.

Lig jou kop op, liewe suster; jy is ‘n bevryde vrou.

Ons Redder, ons Verlosser het Sy plek in die hemel verlaat om te kom en naby ons te wees. Hy het gekom om die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem, en Hy het gedien, al die pad na Golgota.

God in die vlees, het Homself vir jou en vir my neergelê…uit Sy groot liefde vir ons.

Hoe kan ons ooit twyfel aan ons waarde? Die God van die heelal. Die Een wat die planete gemaak het en hulle in hulle wentelbaan geplaas het. Die Een wat die wêreld geskape het met Sy stem, het na ons gekom. Hy het ‘n sondelose lewe geleef en gekies om in ons plek te sterf…in my plek.

Dit is volbring, liewe vriendin.

Die werk is gedoen. Die prys is betaal. Jy hoef nie meer deur iemand anders te gaan, of iets te offer om God se goedkeuring te probeer wen nie. Jy het nou direkte toegang tot God as gevolg van Jesus.

Die skuld is ten volle betaal.

Dit is waarlik volbring.

Jy kan nie perfek genoeg wees om hierdie verlossing te verdien nie. Jy kan nie goed genoeg, aangenaam genoeg, mooi genoeg of slim genoeg wees nie. Net Jesus kon hierdie hoogste prys betaal, en Hy het.

Wat moet jou reaksie dus wees op hierdie ongelooflike verlossing? Leef in dankbaarheid. Neem wat Jesus vir jou gedoen het aan, wees dankbaar vir dit en laat toe dat Sy verlossing jou van binne af verander.

Laat toe dat Sy verlossing die seer bedek wat jy het as gevolg van die verraad van familie en vriende. Laat Sy verlossing die wonde uit jou verlede, wat voel asof dit gister gebeur het, genees. Laat toe dat Sy verlossing die foute bedek en die verwyte wegneem. Sy verlossing is genoeg.

Jesus het meer as tweeduisend jaar gelede aan die kruis gesê “Dit is volbring….” en daardie waarheid staan vandag nog vas.

Wees ‘n lewende, wandelende getuienis van die wonderlike werk van God se verlossing in jou lewe. Help ander om te sien dat hulle uiteindelik die verlossing en die vryheid waarna hulle soek, vind deur Christus.

Hoe dank jy vir Jesus dat Hy jou plek aan die kruis geneem het? Deur ‘n lewe te leef wat gekenmerk is deur Sy verlossing en bedek is met dankbaarheid.

Kom ons Praat: Hoe het Jesus se verlossing jou lewe verander?

Hê God Groots Lief!

__________________________________________

As jy al ooit verlies, eensaamheid, seisoene van groot verandering of probleme ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer.

Hoewel Rut begin as ‘n verhaal van hartseer, eindig dit nie daar nie. Rou verander na ‘n dans van vreugde, wanneer temas van lojaliteit, goedheid, aanvaarding, liefde en verlossing ontdek word.

Maar uiteindelik, is Rut ‘n boek oor die voorsienigheid van God.  Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Of dit is om vir ons familie te sorg, om te trou, te werk, om goedheid aan ons naaste te wys of kinders groot te maak… dit alles word deur God gebruik ten  goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.

Die boek Rut herinner ons daaraan dat geen gebeurtenis of geen persoon onbenullig is in God se plan nie.

Sluit by ons aan vir hierdie vier weke studie. Dit begin 8 Mei.

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s