Verkondig Die Evangelie Aan Jouself, Maar Moet Nie Daar Stop Nie…

Verkondig Die Evangelie Aan Jouself, Maar Moet Nie Daar Stop Nie…

Deur Whitney | April 21, 2017

Ek was doodmoeg, dus was die slaaptydroetine die langste ooit in die geskiedenis van ouerskap.

Ons het styf teen mekaar ingekruip – rûe gekrap en room gesmeer aan droë hande en voete, en gekneusde knieë en elmboë van onlangse valle opgemerk.

Ons het lofliedere gesing – een keer deur in lofprysing, en ‘n tweede keer op aanvraag, om ons koor van gebroke note te oefen.

Ons het ons hoogtepunte en laagtepunte van die dag gedeel – sommige oomblikke van groot aanmoediging; ander gevul met groot uitdagings and geleenthede vir groei.

Ons het gebid – met dankbare harte vir ‘n God wat so baie gegee het, maar ook vir soveel gebrokenheid wat ons lewens en die lewens van die mense vir wie ons lief is, direk aanraak.

Vreugde gemeng met smart… dit is die lewe wat ons hier op die aarde leef.  

En toe begin die lang lys van vrae oor God direk uit my agtjarige dogter se hart uitstroom… lankal verby haar slaaptyd en reg in die middel van die smart en die vreugde van Paasfees.

Ek bedoel, hoe weet ek dat Hy my regtig liefhet?

Ek glo in God, maar hoekom kan ek Hom nie altyd sien werk nie?

As Hy so kragtig is, hoekom glo almal nie in Hom nie?

En alhoewel ek dekades langer as sy ‘n gelowige is, het ek ook herinneringe nodig van Sy perfekte liefde en soewereiniteit, wanneer twyfel nader en die donkerheid van die wêreld dreig om die Waarheid te verduister.

En so preek ons vir onsself die evangelie die hele dag lank en tot laat in die nag.

Christus het gesterf.

Hy is begrawe.

Hy het opgestaan.

Daar is geen groter liefde. Deur Sy dood is daar boete gedoen vir my sonde. Deur Sy opstanding, is die dood oorwin! Daarom hoef ek vandag nie te leef onder die donkerheid van hierdie wêreld nie. Chuck Swindoll het gesê, “Die duiwel, donkerheid en dood mag grootpraat en spog, die angste van die lewe sal vir ‘n rukkie langer steek, maar moenie bekommerd wees nie; die kragte van euwel neem hulle laaste asem. Moenie bekommerd wees nie… Hy het opgestaan!”

“En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. ‘Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?’ Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.” – 1 Korintiërs 15:54-57 

Wie in jou lewe benodig vandag die hoop van die evangelie? Bid en moenie dat die naweek verbygaan sonder om die geleentheid te neem om met hulle die grootste geskenk wat hulle ooit sal ontvang, te deel nie.

Weet jy nie waar om te begin nie? Begin met wat Jesus vir jou gedoen het, gesteun deur hierdie waarhede uit God se Woord…

God het jou lief.

Selfs wanneer jy onwaardig voel en voel asof die wêreld teen jou is, het God jou lief – ja, vir jou – en Hy het jou vir ‘n groot doel geskape.

God se Woord sê, “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” (Johannes 3:16).

Ons sonde skei ons van God.

Ons is almal van nature en deur ons keuses sondaars, en as gevolg van dit, is ons geskei van God, wie heilig is.

God se Woord sê, “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie” (Romeine 3:23).

Jesus het gesterf sodat ons die lewe kan hê.

Die gevolg van sonde is die dood, maar jou verhaal hoef nie daar te eindig nie! God se gratis geskenk van verlossing is beskikbaar vir ons, omdat Jesus die straf vir ons sonde geneem het toe Hy aan die kruis gesterf het.

God se Woord sê, “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Romeine 6:23); “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8).

Jesus leef!

Die dood kon Hom nie vashou nie, en drie dae nadat Sy liggaam in die graf geplaas is, het Jesus opgestaan, en die sonde en dood vir ewig oorwin! Hy leef vandag in die hemel en is besig om ‘n plek in die ewigheid voor te berei vir almal wat in Hom glo.

God se Woord sê, “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Johannes 14:2-3).

Aanvaar Jesus as die enigste weg tot verlossing…

Om Jesus as jou Verlosser te aanvaar is nie oor wat jy kan doen nie, maar eerder om geloof te hê in wat Jesus reeds gedoen het. Jy moet besef dat jy ‘n sondaar is, glo dat Jesus vir jou sonde gesterf het, en vra vir vergifnis deur jou volle vertroue te sit in Jesus se werk aan die kruis om jou onthalwe.

God se Woord sê, “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek, en met die mond bely ons, en ons word gered” (Romeine 10:9-10).

Hoe lyk dit prakties? Jy kan met ‘n opregte hart ‘n eenvoudige gebed soos hierdie bid:

God,

Ek weet dat ek ‘n sondaar is.

Ek wil nie ‘n dag langer leef sonder om die liefde en vergifnis wat U vir my het, aan te neem nie.

Ek vra vir U vergifnis.

Ek glo dat U gesterf het vir my sondes,

en opgestaan het uit die dood.

Ek gee alles wat ek is oor,

en ek vra U om die Here van my lewe te wees.

Help my om weg te draai van my sonde af,

en U te volg.

Leer my wat dit beteken om in vryheid te wandel aangesien ek onder U genade leef,

en help my om te groei in U weë soos ek U beter leer ken.

Amen.

Preek hierdie  die evangelie vir jouself, maar moenie daar stop nie. Met wie sal jy hierdie Paasfees die Goeie Nuus van Jesus deel?

By Sy voete,

 

 

 

 

 

 

 

 

*Kom ons praat: Het jy ‘n getuienis oor ons Gebroke en Verlos studie? Ons sal graag wil hoor hoe God se Woord ‘n uitwerking op jou lewe gehad het hierdie laaste ses weke!

 __________________________________________

As jy al ooit verlies, eensaamheid, seisoene van groot verandering of probleme ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer.

Hoewel Rut begin as ‘n verhaal van hartseer, eindig dit nie daar nie. Rou verander na ‘n dans van vreugde, wanneer temas van lojaliteit, goedheid, aanvaarding, liefde en verlossing ontdek word.

Maar uiteindelik, is Rut ‘n boek oor die voorsienigheid van God.  Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Of dit is om vir ons familie te sorg, om te trou, te werk, om goedheid aan ons naaste te wys of kinders groot te maak… dit alles word deur God gebruik ten  goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.

Die boek Rut herinner ons daaraan dat geen gebeurtenis of geen persoon onbenullig is in God se plan nie.

Sluit by ons aan vir hierdie vier weke studie. Dit begin 8 Mei.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s