Rut Inleiding

Rut Inleiding

Deur Jen Thorn | Mei 7, 2017

Ons is baie opgewonde om die boek Rut saam met jou te bestudeer.

Die boek Rut speel af gedurende die tyd van die Rigters, en wanneer ons begin lees, sien ons die openingstoneel van tragedie. Naomi, wat reeds haar man verloor het, treur oor die verlies van beide haar seuns.

Wanneer Naomi die moeilike besluit maak om die huis te verlaat wat sy met haar man en kinders gedeel het, en terug te keer na die land waar sy grootgeword het, besluit Orpa, haar skoondogter, om terug te keer na haar familie in Moab. Nog meer verlies.

Maar dan ontmoet ons vir Rut. Rut is ook ‘n Moabitiese vrou, maar dit is duidelik dat sy die een ware God as haar eie God aanvaar het (Rut 1:16). Met hierdie liefde vir die Here, kom ‘n liefde en gehegtheid aan Naomi, wat veroorsaak dat sy haar lewe aan haar toewy. Hierdie twee weduwees reis saam na Naomi se tuisdorp, Betlehem.

Hoewel Rut ‘n verhaal is van verlies en hartseer, sien ons ook dat rou verander na ‘n dans van vreugde. Ons sien hoe vrouens wat alleen en behoeftig is, liefde en aanvaarding vind. Ons sal temas van lojaliteit, goedheid, dapperheid, liefde en verlossing sien. Maar, uiteindelik is Rut ‘n boek oor die voorsienigheid van God. Terwyl hierdie twee vrouens met absolute hartseer en vrees vir die onbekende, na Betlehem gereis het, het hulle nie besef dat God besig was om hulle te lei na ‘n plek van hoop en verlossing nie.

In die boek van Rut sien ons Romeine 8:28 tot uiting kom:

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk

vir dié wat Hom liefhet,

dié wat volgens sy besluit geroep is.

In Rut sien ons hoe God gewone mense deur pynlike gebeurtenisse neem, om Sy glorie te openbaar en alles ten goede vir hulle te laat meewerk. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeurtenisse in ons lewe gering ag nie. Of dit is om vir ons familie te sorg, te trou, te werk, om goedheid teenoor ons naaste te wys, of kinders groot te maak… dit alles word deur God ten goede gebruik vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die verlossing van ander.

Geen gebeurtenis of persoon is onbelangrik in God se plan nie. Hierdie studie sal ons met hoop vul, wanneer ons sien dat elke gebeurtenis en elke persoon soewerein geplaas is in God se pragtige lappieswerk, waarvan die laaste stuk Christus se wederkoms sal wees.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

 

 

KLIK HIER VIR DIE STUDIE MATERIAAL

LEESPLAN 

JOERNAAL

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s