Rut Week 1 : Wanneer Ons Die Verkeerde Besluite Maak

Rut Week 1 : Wanneer Ons Die Verkeerde Besluite Maak

Deur Angela | Mei 8, 2017

Welkom by die eerste week van ons Rut Bybelstudie! Ek is so bly dat jy hier saam met ons is, en ek sien daarna uit om die volgende vier weke saam met jou te spandeer soos ons deur die hele boek van Rut lees!

Sluit aan by ons blog of laai die #LoveGodGreatly app af, sodat jy toegang het tot ons ooreenstemmende blogs op Maandae, Woensdae en Vrydae!

______________________________________________

“Maak nie saak hoe moeilik ons omstandighede mag wees nie, die veiligste en beste plek is binne die wil van God.”- Warren Wiersbe 

Ons almal ken dit – ons wil God se seëninge hê, maar nie Sy dissipline nie.

Wanneer die lewe moeilik word en dit lyk asof verligting nie gaan kom nie, dan begin ons om rondom ons te kyk. Is die “gras groener” aan daardie kant? Verre lande en nuwe geleenthede lyk aanloklik wanneer ons wil wegvlug van die “hongersnood” in ons lewens.

Die boek Rut speel af gedurende die tyd van Rigters, ‘n tyd toe Israel geen koning gehad het nie, en elkeen gedoen het wat reg was in sy of haar eie oë (Rigters 21:25).

Aan die begin van die boek Rut is Israel op een van hulle laagtepunte in die geskiedenis, want die Israeliete het geleef in ongeloof, ongehoorsaamheid, en net vir hulle self. As gevolg van hulle keuses het hulle nie die voordeel van God seëninge beleef nie.

Dit is belangrik om hierdie inligting te weet wanneer ons begin om die boek Rut te lees. Dit is in hierdie omstandighede dat ons sien dat Elimelek, Naomi se man, die keuse maak om sy familie van Betlehem na Moab te verhuis.

Wanneer mens nie hierdie twee lande se geskiedenis ken nie, sal hierdie trek nie so belangrik lyk nie, behalwe dat…

Die Moabiete was afstammelinge van Lot se bloedskendige verbintenis met sy eerste dogter (Genesis 19:30-38), en was vyande van Israel. Gedurende Israel se 40 jaar in die woestyn, het Moab vir Israel groot skade aangerig:

“Geen Ammoniet of Moabiet mag lid van die gemeente word nie. Niemand uit hulle nageslag mag ooit lid van die gemeente word nie, selfs nie eers van die tiende geslag nie. Dit is omdat hulle jou nie van kos en water voorsien het toe julle uit Egipte getrek het nie en hulle vir Bileam seun van Beor uit Petor in Mesopotamië gehuur het om jou te vervloek. Die Here jou God wou egter nie na Bileam luister nie en die Here jou God het Bileam se vervloeking in ‘n seën verander, want die Here jou God het jou lief. Jy mag nooit in vrede leef met die Ammoniete en die Moabiete nie, en jy mag nooit iets goeds aan hulle doen nie.- Deuteronomium 23:3-6 

Wanneer jy ‘n bietjie kennis het van die geskiedenis tussen die twee lande, dan veroorsaak dit dat hierdie trek meer belangrik lyk. Elimelek het letterlik sy familie in die vyandsgebied laat intrek.

Hy het nie sy geloof geplaas in God en God se voorsiening nie, maar het inteendeel besluit om weg te trek van God se land van beskerming af en uit Sy wil uit.

Elimelek het besluit om sy lewe te leef deur sig, in plaas van deur geloof, en die gevolge was dodelik.

Deur hierdie verhaal sien ons dat dit steeds beter is om in die land van God se wil te wees – selfs wanneer jy dissipline en “hongersnood” ervaar – as wat dit is om verligting te soek buite Sy wil, terwyl jy probeer om te ontsnap van dissipline.

En ons verstaan dit, nê? Wanneer ons voel dat ‘n ander land beter geleenthede kan voorsien, beter toekomste vir ons families bied, of wanneer ons verligting soek van die “hongersnood” in ons lewens, dan word ons in die versoeking gebring om God se beloofde land en Sy voorsiening te verlaat.

Ons word in die versoeking gebring om soos Elimelek te leef, gefokus op wat ons sien, eerder as op Wie ons vertrou.

Die land van maklik en oorvloed is altyd verleidelik wanneer ons moeg en honger is en verligting soek.

Van een vriendin aan ‘n ander, wil ek jou graag bemoedig as jy onlangs soos Elimelek verlei is en die “land” waarin jy is, lyk asof dit ‘n hongersnood beleef. Vertrou God. Bly waar Hy jou nou geplaas het en vertrou dat Hy jou behoeftes sal voorsien. Ons sal later in hoofstuk 1 van Rut sien dat God vir Sy kosbare kinders sorg. Hy kom tot hulle hulp…

Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil. – Psalm 34:9

“God is teenwoordig reg waar jy is. Bly waar jy is en staan vas. Dit is altyd meer geseënd om onder die sorg van Sy wil te wees as enige ander plek.” – Kelly Minter 

Kom ons Praat: Wat het jy van God geleer toe jy gekies het om in die “hongersnood” te bly en te wag vir God se voorsiening? Stel julleself ook voor en deel met ons van waar af julle by ons aansluit! Ons kan nie wag om julle te ontmoet nie!

Hê God Groots Lief!

 

 

 

 

 

 

Week 1 – Video

Week 1 – Uitdaging

Hierdie week neem ‘n indekskaart en aan die een kant, skryf neer die area van jou lewe wat jy as jou “hongersnood” sal oorweeg. Skryf aan die teenoorgestelde kant van die kaart een vers wat praat oor hoe om jou vertroue in God te plaas. Spandeer tyd om verskeie verse op te soek totdat jy die een vind wat die beste by hierdie situasie pas. Dan, soos jy deur jou week gaan en met hierdie “hongersnood” in jou gedagtes begin worstel, lees die vers wat jy oor en oor geskryf het en gee die situasie aan God.

Week 1 – Leesplan

 Week 1 – Memoriseervers

 

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s