Die Diepte Van Lojale Liefde

Die Diepte Van Lojale Liefde

Deur Whitney | Mei 10, 2017

Ek woon tans in die land van tieners, en in daardie bevoorregte gebied, kan ek elke aand om die eetkamertafel deelneem aan lewendige gesprekke. Onderwerpe kan wissel van kos (en die feit dat hulle altyd honger is!), tot die nuutste skoenmodes, maar as jy lank genoeg aanhou, kom die onderwerp van verhoudings altyd op. My seuns sien deesdae een feit raak – die oënskynlike gebrek aan lojaliteit in die verhoudings rondom hulle. Dit is geen geheim dat veranderinge gedurende die tienerjare kan lei tot self-fokus, wispelturige gevoelens, veranderinge in vriendskapsgroepe, en kortstondige romantiese verhoudings.

Ongelukkig is die afwesigheid van lojaliteit nie net tot die tienerjare beperk nie.

Ons leef in ‘n wêreld met verwronge sienings van lojaliteit. Van ontstellende egskeidingsyfers, baie werkverwisselings, en selfs ‘n algemene gebrek aan toewyding aan die plaaslike kerk, het die belangrikheid wat die wêreld plaas op persoonlike gerief en vervulling daartoe gelei dat die woorde wat in 2 Timoteus 3 genoem word, té waar en bekend klink in ons moderne lewe: “hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig.”

Dit is hoekom die verhaal van Rut so aangrypend is.

In die eerste hoofstuk – reg te midde van persoonlike tragedie – wys Rut vir ons ‘n tipe lojale liefde wat raar is om te vind in menslike verhoudings. Die Hebreeuse woord vir hierdie opofferende, standvastige, onverdiende, goedertierendheid is hesed, en dit het vir my een van die mees kosbare woorde in die Bybel geword.

Op die pad na Naomi se terugkeer na haar vaderland, moet haar skoondogters die moeilike keuse maak om te bly of om saam met die ouer vrou wat hulle baie liefgekry het, te gaan. Dit sou meer sin vir Rut en Orpa gemaak het om in Moab te bly – hulle familiebande was in die plek waar hulle hulle hele lewens gebly het, en hulle kanse om weer te trou, was beter daar. Die kanse dat die jong weduwees in Israel mans sou vind, was twyfelagtig, en as jy in daardie tyd ‘n kinderlose weduwee was, was jy gereken as een van die laagste sosiale klasse…

Net toe dit gelyk het asof hulle lewens nie moeiliker kan word nie…

Orpa maak uiteindelik die hartbrekende keuse om in Moab te bly, maar Rut kleef aan Naomi wanneer sy belowe dat Naomi se mense haar mense sal wees en Naomi se God sal haar God wees. Uit die wêreld se oogpunt het Rut niks om te wen nie, en alles om te verloor, maar dapper geloof en lojale liefde vereis dikwels ‘n najaging van die pad wat minder dikwels geneem word.

Rut bewys hesed teenoor Naomi – ‘n lojale, genaderyke liefde wat uitgereik word aan iemand wat swakker is – wat ons lei na die tema van die hele boek van Rut: God se blywende hesed liefde vir swerwers soos ons.

Soos ons die boek van Rut saam bestudeer, wees op die konstante uitkyk vir die diepte van God se lojale liefde soos Hy gebeure en detail orkestreer soos net Hy kan. Kyk doelgerig hoofstuk vir hoofstuk en vers vir vers vir Sy genadevolle, altyd teenwoordige, nimmer veranderende, altyd blywende, volle verlossende, onvoorwaardelike liefde vir dié wat inisieël van Hom af weggedwaal het.

En kom ons laat God se hesed teenoor ons ons dan van binne af verander, en – soos Rut – veroorsaak dat ons aan ander uitreik wat ons liefdevolle Vader so genadiglik aan ons uitgereik het.

Dít is om die evangelie te leef.

Dít is om Jesus se hande en voete vir die wêreld te wees…

Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy [hesed] lliefde is daar geen einde nie. – Psalm 136:1

By Sy voete,

*Kom ons praat: Wie in jou lewe benodig vandag God se hesed deur jou geskenk van goedertierenheid?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s