Beskermd Onder Sy Vlerke

Beskermd Onder Sy Vlerke

Deur Angela | Mei 17, 2017

Hierdie naweek het ek my venster afgedraai by ‘n rooi verkeerslig en probeer om God se goedheid te deel met ‘n hawelose swanger vrou wat gebedel het vir geld. In haar reaksie het ek het die verpletterende pyn van haar desperaatheid gevoel.

Ek kan nie ophou om aan haar te dink nie. Toe ek vir haar vertel het van hoop en genesing in Jesus, het sy met teensin weggedraai.

Haar redding is net een gebed weg, maar sy is nie gereed om oor te gee nie.

Bybel geskiedkundiges sal jou vertel dat ‘n weduwee in Rut se dae in ‘n baie gevaarlike posisie was, en basies as ‘n hawelose persoon gesien is.

‘n Weduwee was ‘n verlate, weerlose klein voëltjie sonder ‘n nes.

Maar Rut het gekies om ‘n ander deuntjie te sing. Sy het na Jehova God gekyk vir haar lewensmiddele. Haar vasberade geloof het nie verander toe sy in die warm son gewerk het nie, terwyl elke persoon in die dorp gesien het hoe sy haar nuutgevonde geloof in sweet uitgeleef het nie.

Sy het nooit haar vuis geswaai teen God nie. Sy het nooit weggekruip vir die wêreld en dikmond gewees nie. Rut het haar hoop op God se getrouheid geplaas en nooit teruggekyk nie.

As jy tans in moeilike omstandighede is, weet dat jou Verdediger naby is. Hy wil jou onder sy vlerke beskerm.

Jy is nooit alleen en sonder beskerming nie, my liewe vriendin. Soos Dawid in die Psalms, kan ons tot God uitroep: “Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is.” (Psalm 57:1).  

Gedurende desperate tye moet ons onthou dat ons ‘n Verlosser het, en besluit om…

  • Deur gebed en Bybelstudie in te skakel in God se krag.
  • Te vertrou op Sy tydsbepaling, eerder as om beheer te neem.
  • Beslis te wees om na aan Hom te bly en nie weg te dwaal nie.
  • Te rus in hoop want Hy is getrou en waar.

Ons teer Hemelse Vader wil ons versorg en voed. Hy weet dat ons hulpeloos en honger is en desperaat soek na hoop. Hy wil ons wegsteek onder Sy vlerke en ons herstel.

Die gesangskrywer W.O Cushing het ‘n pragtige gesang geskryf om te beskryf hoe God ons met Sy liefde bedek:

Under His Wings 

Under His wings I am safely abiding,
Though the night deepens and tempests are wild,
Still I can trust Him; I know He will keep me,
He has redeemed me, and I am His child.

Refrain
Under His wings, under His wings,
Who from His love can sever?
Under His wings my soul shall abide,
Safely abide forever.

Under His wings, what a refuge in sorrow!
How the heart yearningly turns to His rest!
Often when earth has no balm for my healing,
There I find comfort, and there I am blessed.

Under His wings, oh, what precious enjoyment!
There will I hide till life’s trials are o’er;
Sheltered, protected, no evil can harm me,
Resting in Jesus, I am safe evermore.

Onder die vlerke van jou Verlosser is jy veilig en sekuur tydens die mees ontstuimige storm. Leun vandag na aan Hom en laat Sy beskermende genade jou versterk.

Hou die Geloof,

Lyli

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s