‘n Gewaagde Voorstel

‘n Gewaagde Voorstel

deur Jen | Mei 22, 2017

Goeie môre en welkom by week 3 van ons Rut studie. Kan julle glo dat ons nou halfpad is? Hierdie studie gaan so vinnig verby, liewe vriendinne!

Ons begin hierdie week in hoofstuk 3 en dit word aanvaar dat daar ‘n paar weke verbygegaan het tussen die einde van hoofstuk 2 en die begin van hierdie hoofstuk. Dit is oestydperk in die land en Naomi besluit om Rut in aanraking te bring met een van die landeienaars, Boas.

Ons sien in vers 1 dat daar ware toegeneentheid en liefde tussen hierdie twee vrouens is. Die feit dat Naomi vir Rut aanspreek as “my dogter” beteken dat sy waarlik omgegee het vir Rut en dat sy dit haar verantwoordelikheid gemaak het om ‘n goeie toekoms vir Rut te verseker.

Maar dinge word ‘n bietjie vreemd wanneer ons lees hoe Rut te werk sou gaan om Boas se aandag te trek. Rut moes eers gaan bad en dan parfuum aansit en skoon klere gaan aantrek. Dit klink normaal. Dan moet sy na sy veld toe gaan en wag vir Boas om klaar te eet en te drink en te gaan slaap (sonder dat hy weet dat sy daar is).  Dit klink ‘n bietjie asof sy ‘n bekruiper is.

Ten laaste moet Rut sy voete oopmaak en by sy voete inkruip. Dit is vreemd en ietwat onvanpas. Sommige mense glo dat Naomi se voorstel openlik seksueel was, omdat daar geglo word dat prostitute so sal optree. Maar hierdie interpretasie is heeltemal in teenstelling met wat ons van beide Naomi en Rut se karakters weet, en die lof wat Boas later in vers 10 vir haar optrede gee.

Inteendeel, Rut se optrede spreek van ‘n begeerte vir beskerming en die idee van ‘n huwelik sou die ooglopende manier wees om hierdie beskerming te ontvang.

Naomi se idee is definitief ‘n bietjie delikaat en kon gelei het daartoe dat Boas dit wat Rut gedoen het verkeerd sou vertolk. Maar dit lyk asof Naomi oortuig is met die plan en in Boas se integriteit. Sy glo dat hy die regte ding sal doen wanneer hy wakker word en sien dat Rut by sy voete lê.

Die verhaal vervolg môre.

Wat kan ons leer van hierdie deel van die verhaal? Ons moet versigtig wees om, wanneer ons historiese verhale lees, dat ons nie probeer om ‘n toepassing te wil forseer op elke deel van die storie nie. Ons moet eerder soek vir temas wat gevind word deur die hele boek.

Twee van die temas wat ons sien is liefde en geloof. Dit lyk asof Naomi se geloof in God sterker geword het sedert die verhaal begin het, en sy het volle vertroue in haar plan vir Rut. Die geloof wat Naomi en Rut het in die een ware God het ‘n sterk band van liefde gesmee tussen hulle. Naomi wil waarlik sien dat Rut versorg is en sy is gewillig om alles te doen wat sy kan om te help.

Hierdie twee vrouens kan vir ons wonderlike voorbeelde wees in godvresenheid en geloof. Ons moet alles doen wat ons kan om in ons geloof te groei en te groei in liefde vir ander wat hierdie selfde geloof het.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

Week 3 – Uitdaging Ondersoek waar jy geestelik is. Voel jy dat jy groei? Hoekom of hoekom nie? Wat kan jy doen om jou geloof te versterk? Is daar areas in jou lewe waar jy voel die Heilige Gees moedig jou aan om dapper te wees?

Week 3 – Video

Week 3 – Leesplan

Week 3 – Memoriseervers

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s