Om Te Belê In ‘n Erfenis Wat Volhou.

Om Te Belê In ‘n Erfenis Wat Volhou.

Deur Angela | Mei 29, 2017

Is dit nie wonderlik hoe Boas ‘n man van sy woord is nie? Net nadat Rut teruggaan het na Naomi toe met ‘n tjalie vol gars – en ek is seker sy het ‘n hart gevul met hoop gehad – het Boas nie tyd gemors voor hy na die dorp gereis het nie, net soos hy gesê het hy sal.

Boas is gereed om sy woord gestand te doen. Hy sal alles in sy vermoë doen om verlossing te bring in beide Rut en Naomi se lewens.

Uit ons verse vir vandag sien ons dat Boas nie net in staat is om met hierdie onbekende losser, wat nader familie is, te ontmoet nie, maar hy is ook in staat om tien leiers van die stad byeen te bring om hierdie belangrike – en mag ek byvoeg, impromptu – ontmoeting te hou.

Tot ons ontsteltenis lyk dit eers asof die man gretig is om Elimelek se eiendom af te koop; totdat hy hoor wat saam met die afkoping kom.

Die prys is te hoog.

Die potensiële opoffering vir sy eie nalatenskap is te hoog.

Hy is net gewillig om dít wat hom sal baat en sy naam sal voortdra af te koop… nie die naam van iemand anders nie.

As hy sou intree in hierdie rol van losser en Elimelek se land en “eiendom” oorneem, sal hierdie man die risiko loop om sy eie nalatenskap op die spel te plaas AS hy ‘n seun met Rut sou hê.

“As daar ‘n kind sou wees uit sy verhouding met Rut, sal die losser die land verloor en daar sal geen voordeel vir sy eie kinders en nalatenskap wees om te kompenseer vir die kostes wat aangegaan sou moes word om vir Naomi en Rut te sorg nie.” – Iain Duguid

Hy dink oor die koste en besluit om hierdie geleentheid te laat verbygaan.

En natuurlik, juig ons almal met opgewondenheid vir wat dit vir Rut en Naomi beteken!

Alhoewel Rut deur die eerste losser verwerp is, tree Boas in en doen sy woord gestand! Hy aanvaar haar, is lief vir haar en neem vreugdevol die verantwoordelikheid om vir beide Rut en Naomi te sorg…hy bekommer hom nie oor wie se naam hy voortdra nie.

Hoe ironies is dit nie dat die eerste losser meer besorg was om sy naam en sy erfenis te beskerm, maar ons weet nie eers wat sy naam is nie. In teenstelling, gee Boas nie om oor daardie sake nie. Hy kies om diegene wat nie die mag het om hulleself te help nie, lief te hê, te aanvaar en te help, en sy naam het deur die generasies behoue gebly as gevolg van sy gehoorsaamheid en die goeie dinge wat hy gedoen het. Boas se naam en dade leef voort deur die Woord.

“Wie die wil van God doen, bly ewig lewe.” – 1 Johannes 2:17

Vriendinne, soos die eerste losser, het ons almal die keuse om vir onsself te leef, of om ‘n lewe in gehoorsaamheid aan God te leef. Ons kan kies om lewens te leef in ons eie krag en wat ons kan bereik, wat gewoon is, of ons kan kies om God se waarheid uit te leef en lewens leef wat uitsonderlik is as gevolg van hoe ons toelaat dat God deur ons werk.

Ons kan kies om veilig te speel, of ons kan kies om lewens in volkome gehoorsaamheid aan God te leef. Ons keuse bepaal die tipe erfenis wat ons nalaat.

Boas se naam is bewaar in die Bybel en mens hoor nooit weer van die ander man nie. Wat hy gedink het hy red, het hy verloor. Wat Boas nie omgegee het om te red nie, het hy behou.

Liewe vriendinne, mag ons kies om vrouens te wees wat soos Boas is – vrouens wat gewillig is om God te gehoorsaam; vrouens wat gewillig is om daardie mense wat deur die wêreld verwerp word, los te koop, lief te hê en te beskerm. Mag ons vrouens wees wat dié in ons midde wat die minste is, lief te hê en te versorg. Mag ons vrouens wees wat soos Boas is. Mag ons vrouens wees wat soos Jesus is.

Kom ons Praat: Wie was vir jou ‘n “Boas” en watter uitwerking het hierdie persoon se goedheid op jou lewe gehad?

Hê God Groots Lief!

 

Week 4 Uitdaging: Bid en vra God hierdie week om jou te help om ‘n Boas in jou gemeenskap, werksplek, kerk of skool te wees. Wie het God in jou lewe geplaas vir wie jy kan help, bemoedig of vir wie jy ‘n vriend kan wees, wanneer ander nie wil nie?

Week 4 – Video

Week 4 – Leesplan

Week  4 – Memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s