‘n Ander Soort Gelukkige Einde.

‘n Ander Soort Gelukkige Einde.

Deur Jen Thon | Junie 2, 2017

Ons het aan die einde van die boek Rut gekom, maar in plaas van dat die verhaal eindig met Rut wat vir ewig gelukkig saam met Boas leef, eindig dit met ‘n geslagsregister.

As ons eerlik is sal ons almal erken dat meeste van ons nie daarvan hou om Bybelse geslagsregisters te lees nie. Ons lees dikwels net vinnig daardeur, of slaan hulle heeltemal oor. Hulle is dikwels gevul met name wat ons amper nie eers kan uitspreek nie, en mense van wie ons nog nooit eers gehoor het nie. Maar geslagsregisters is belangrik – anders sou God nie so baie van hulle in die Bybel ingesluit het nie.

Deur geslagsregisters sien ons hoe God gewone mense gebruik vir Sy uitsonderlike werk.

Die boek van Rut is ‘n pragtige liefdesverhaal, maar ons sien dat Naomi, Rut en Boas deel is van ‘n baie groter verhaal: ‘n verhaal wat deur die hand van God gelei is om die toekomstige gebeure te laat plaasvind wat sal lei tot die koms van ‘n Verlosser. Ons sien dat Hy dit bereik deur gewone mense, soos Rut te gebruik, met gewone lewens, soos dié van ‘n landeienaar, in ‘n klein onbeduidende dorp genaamd Betlehem. God, in Sy soewereine wysheid, gebruik wat ons aan mag dink as onbeduidend en nederig, om die uitsonderlike te laat gebeur, en wat is meer uitsonderlik as dat die ware Bloedverwante Losser gebore word uit die onbeduidende afstammelinge van Rut en Boas?!

Geslagsregisters wys ook dat ons aan ‘n groep behoort. Wanneer jy jou geslagsregister bestudeer, sal jy vinnig uitvind dat jy aan ‘n familie en ‘n erfenis behoort; aan ‘n sekere kultuur en etnisiteit. Maar vir dié van ons wat ons vertroue in Jesus het, het ons die onverdiende voorreg om te behoort aan die familie van God. Ons het die geskenk van ‘n erfenis ryk aan genade, barmhartigheid, vergifnis en opofferende liefde ontvang.

Ons behoort aan ‘n kultuur waar skoonheid gemeet word aan ‘n veranderde hart, nie die vorm van ons liggame of ons haarstyle nie; waar aanvaarding ontvang en gegee word as gevolg van die gedeelde bloed van Jesus wat deur ons are vloei.

Geslagsregisters is belangrik, want deur hulle sien ons dat God onvolmaakte mense gebruik vir sy perfekte plan. In Matteus 1 sien ons die geslagsregister van Jesus en in hierdie lys sien ons ‘n klomp mense wat foute gemaak het. Ons het Jakob wat ‘n leuenaar en ‘n dief was, Ragab wat ‘n prostituut was, en Dawid – ‘n egbreker en moordenaar – en nietemin het God die Messias deur hierdie lyn van mense gebring.

Dit behoort ons te bemoedig. Daar is geen perfekte mense nie, en tog God gebruik ons in elk geval. Hy gebruik ons deur ons gewone lewens, om Sy koninkrykswerk te doen.

Volhard in jou getrouheid aan die roeping wat God vir jou het, maak nie saak hoe gewoon jy voel dit is nie. Jy, is ook deel van ‘n groter verhaal… ‘n verhaal wat die koninkryk van God behels.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

 

________________________________________

Sluit by ons aan vir ons NUWE studie: Toegewy- Om Jesus Te Volg Ongeag Die Kostes.

Baie mense ken die name van die akteurs van hulle gunsteling televisieprogram of al die name van die spelers van hulle gunsteling sportspan. Maar min Christene ken die name van al twaalf Jesus se dissipels. Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar, Jakobus seun van Alfeus en Taddeus; Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat Jesus verraai het (Matteus 10:2-4).

Dit was die twaalf mans wat Jesus gekies het om sy naaste kamerade en dienaars te word gedurende die drie jaar van Sy bediening. En dit is die twaalf mans wie se lewens ons gaan bestudeer gedurende die volgende ses weke.

Nooi jou vriende, bedien ‘n groep by jou huis en sluit by ons aan soos ons die lewens van die 12 dissipels bestudeer en ook TOEGEWY word vir Christus!

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s