TOEGEWY – BEKENDSTELLING

TOEGEWY – BEKENDSTELLING

Deur Angela | Junie 16, 2017

Baie mense ken die name van die akteurs van hulle gunsteling televisieprogram of al die name van die spelers van hulle gunsteling sportspan. Maar min Christene ken die name van al twaalf Jesus se dissipels. Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar, Jakobus seun van Alfeus en Taddeus; Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat Jesus verraai het (Matteus 10:2-4).

Dit was die twaalf mans wat Jesus gekies het om sy naaste kamerade en dienaars te word gedurende die drie jaar van Sy bediening. En dit is die twaalf mans wie se lewens ons gaan bestudeer gedurende die volgende ses weke.

Soos ons leer van die twaalf dissipels, is dit belangrik om te weet wat ‘n dissipel werklik is. Gewoonlik is ‘n dissipel iemand wat die onderrig en die voorbeeld van sy mentor volg. Maar Jesus se dissipels is meer as net blote aanhangers. Hierdie twaalf mans is geroep om familie, vriende, werk, huis en gemak te los sodat hulle Sy studente kan word. Jesus se dissipels het na Hom geluister, in Hom geglo en Sy voorbeeld gevolg, selfs tot die punt om hulle lewens te gee om die goeie nuus van Jesus Christus te verkondig. ‘n Ware dissipel sien Jesus nie net as ‘n mentor nie, maar as die Messias; meer as ‘n geestelike leermeester, maar as die Seun van God. 

Wanneer ons na die twaalf kyk, moet ons verstaan wie hulle regtig was. Baie van ons is geneig om sekere Bybelkarakters te sien as baie spiritueel. Mans soos Abraham, Moses, Josef en Dawid lyk asof hulle baie meer geloof het as normale mense. Terwyl die twaalf dissipels moontlik ‘n moeilike begin gehad het, het almal, behalwe een, op die einde geblyk om geloof te hê wat berge versit het. Maar ons moet onthou dat al die mense in die Bybel – insluitende die twaalf dissipels – gewone mans was. Hulle was mense wat, soos jy en ek, ver van perfek af was. Hulle het gesukkel met geloof, begrip, selfsugtigheid, onbesonnenheid, misplaasde ywer en vrees. Hulle het gesondig en daar is teen hulle gesondig, en hulle het desperaat die bloedoffer van die Een wat hulle gevolg het, nodig gehad.

In hierdie studie sal ons kyk na al twaalf van hierdie mans; foute en al. Wat interessant is, is dat alhoewel ons dalk baie weet van sommige dissipels soos Petrus en Johannes, weet ons amper niks oor ander soos Bartolomeus en Taddeus nie. Wanneer dit by hierdie minder bekende dissipels kom, sal ons kyk na die karaktertrekke waarvoor hulle bekend geword het.

Soos dit vir die dissipels duidelik geword het wie Jesus waarlik is, en soos die Heilige Gees op hulle gekom het, het hulle geloof gegroei en is hulle passie vir hulle Verlosser aan die brand gesteek. Hulle het mans geword wat nie net gewillig was om hulle familie en huise op te gee nie, maar mans wat gewillig was om hulle lewens op te gee vir die glorie van Jesus.

Dit het nie gebeur omdat hulle meer spesiaal was as enige een van ons nie. Dit is die resultaat van die krag van God in hulle. Mans wat bang was, het dapper geword. Mans wat onkundig was, het wys geword. Mans wat verward was oor waarheen hulle moet gaan of wat hulle moet doen, het helderheid ontvang oor hulle roeping.

 ‘n Ware ontmoeting met Jesus verander mense.

Hy gee nuwe lewe en nuwe betekenis aan die lewe. Hy gee passie en ‘n duidelike rigting vir jou lewe. Hy gee betekenis aan wat ons doen en wysheid vir besluite wat ons moet neem.

Soos jy hierdie twaalf mans bestudeer, kyk nie net na die verskillende ervarings wat hierdie mans gehad het nie en hoe hierdie nabye verhouding met Jesus hulle verander het nie, maar hoe jy ook verander kan word.

 

 

_________________________________________

 

Sluit by ons aan op 19 Junie vir ons nuwe studie …. TOEGEWY.  Ons gaan die lewens van die 12 dissipels bestudeer en kyk hoe Jesus hulle gebruik het om die wêreld te verander! Ons kan nie wag nie!

 

Advertisements

3 thoughts on “TOEGEWY – BEKENDSTELLING”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s