Wanneer Jou Geloof Klein Is …

Deur WhitneyD | Junie 21, 2017

“Wat beteken dit om in geloof te wandel? Dit beteken om aan God se Woord gehoorsaam te wees, ten spyte van die gevoelens in ons, die omstandighede rondom ons en die gevolge voor ons.” – Warren Wiersbe

Die hitte van die dag was besig om af te koel soos die son begin sak het. Sy het my hand geneem en met haar diep bruin oë opgekyk om die pragtigste uitnodiging uit te reik.

“Sal Mamma asseblief saam met my gaan fietsry?”

Sy is die jongste van vier kinders, en normaalweg sou dit al lankal verby haar slaaptyd gewees het, maar die somer het ‘n manier om die streng roetines en weerstandige harte van mammas te versag. En, die enigste manier hoe sy na haar laaste slegte val oor haar vrees vir fietsry gaan kom, is om haar ken te lig, haar helm op te sit en terug te klim op daardie fiets.

Sy sit selfversekerd en kyk voor haar uit na die gelyke en wye paaie. Haar gunsteling plek om te ry is ‘n verlate parkeerarea, waar die gevare van afleiding en beperking uitgeskakel is. Die parkeerarea is meer eensaam en minder opgewek as waar ons woon, maar dit is veilig. Met die kennis dat haar fondament sekuur is, is haar postuur rustig en kan sy die skoonheid om haar waarneem…

“Die pers blomme is my gunsteling blomme in die somer.”

“Mamma, God maak die pragtigste sonsondergange.” 

“Kan ons nog ‘n bietjie langer ry?”

Dit is die hobbelrige, nou en opdraande paaie op ons straat wat haar senuweeagtig maak, dus vertel ek haar om my te volg. Ons woon hier, so ons moet hier leer. Ek het haar beswil voor oë, en ek sal haar deur die slaggate en om die aankomende verkeer lei, as sy sal opkyk en my navigasie vertrou. As sy my leiding sal volg, sal sy soveel vryheid, skoonheid en vreugde vind, reg waar sy geplaas is.

Maar dikwels twyfel sy.

Op ons laaste rit het sy toegelaat dat vrees inkruip. Haar lyfie het gebukkend geraak soos haar oë van my af weggedwaal het na die hindernisse rondom haar. Toe sy afgekyk het na alles wat kon verkeerd gaan, het haar vertroue in duie gestort. Binne ‘n paar sekondes het sy paniekerig geraak, haar eie gang gegaan, te skerp gedraai en hard met die grond kennis gemaak, vasgepen deur ‘n gekrapte blink pienk raamwerk.

Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?

Dit was die woorde wat Jesus vir Petrus gesê het, en ek kan hoor hoe Hy dit vir my sê.

Jesus het net wonderbaarlik die 5000 mense gevoed…

Ek staan vol selfvertroue en geloof wanneer die wêreld se paaie gelyk is en wanneer Jesus se wonderwerkende krag op die voorgrond is. Ek is gevul met God-vertoue, ek weet my Verlosser is naby, en ek sien uit na my gemaklike plek binne in “die boot.” Ja, dit mag dalk ‘n bietjie ver verwyder en minder opgewek wees hier, maar dit het die aanvanklike voorkoms van veiligheid. En die Here weet ek hou van veilig.

Alles gaan goed, tot die winde van die lewe begin opkom.

Dit is die opdraande paaie wat my raak, so Jesus leer my sagkens om Sy leiding te volg. Hy het ‘n doel vir my hier, so ek moet Hom vertrou terwyl ek hier leef en leer. As ek sal opkyk en Sy leiding sal volg, sal ek sien dat Hy my beswil voor oë het, en dat Sy pad altyd sal lei tot my beswil en Sy glorie.

Maar soos die storm sterker word en die golwe hard teen my slaan, word ek verlei om vrees te laat inkruip. My oë dwaal weg van Jesus af en na die hindernisse wat my omring. As ek kyk na alles wat kan verkeerdloop, wel twyfel op in my. Sonder ‘n oomblik-vir-oomblik oorgawe aan Sy leiding, sal ek my eie pad gaan en vind dat ek bang, van koers af en sinkend is… vasgepen deur my lelike poging van selfvoorsiening en die gewig van die wêreld om my.

En ek sal die skoonheid van wie God is, en alles wat Hy vir my in die vallei het, mis.

Wanneer jou geloof klein is, kyk op! Die God van die bergtop is steeds dieselfde God in die vallei.

Is dit nie wonderlik dat dit in die boek Matteus vir ons vertel dat Jesus onmiddelik sy hand uitgesteek het en hom gegryp het toe hy begin sink het? Vriendin, Hy het jou. Ons het ‘n Verlosser wat nog altyd bereid was om te help in nood (Psalm 46), en Hy is gereed en verlang van ons om uit te roep na Hom, “Here, red my!” As jy in die middel van die storm jou oë van Jesus afgeneem het, moet jy weet dat dit nie te laat is nie. Jy kan begin om vandag weer in geloof te wandel. Kom ons lig ons koppe op, trek die wapenrusting aan en kom, deur Sy genade, terug na waartoe Hy ons roep.

Met die kennis dat haar Fondament seker is, is haar postuur rustig en neem sy die skoonheid rondom haar in…

“God, in elke verandering en seisoen is U getrou.”

“Jesus, U skep die mees ongelooflike skoonheid uit die as.”

“Gees, ek sal gaan waar U my lei en bly vir hoe lank U vir my sê om te bly.”

Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.” – Matteus 14:32-33.

Wanneer jou geloof min is, kyk op! Die Seun van God is in jou midde…

By Sy voete,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kom ons praat: Watter twyfel moet jy aan God oorgee soos jy vandag begin om in geloof te wandel?

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s