Dienaars leierskap

Deur Angela | Junie 28, 2017

Somtyds lees ek die Bybel soos wat ek ‘n fliek kyk. Ek wil hê dat die goeie ou moet wen, en in die geheim hoop ek dat Jesus skielik sal verskyn en die slegte ouens op hulle plek sal sit. Dit is wat die mense in Jesus se tyd wou hê – en verwag het – dat hulle Verlosser moet doen. Hulle wou ‘n held hê wat sy krag sou wys en die Romeine tot ‘n val bring; iemand wat hulle lewenskwaliteit en sosio-politiese stand sou verbeter. Maar weet jy wat? Daardie kritieke toneel vind nooit plaas op die manier wat Hollywood dit sou geskryf het nie (maar God wen steeds).

Jesus is die oorspronklike dienskneg leier, en vandag se verse leer ons baie duidelik dat ons dieselfde moet doen. “Julle weet dat dit by die nasies so is dat hulle sogenaamde regeerders oor hulle baasspeel en dat hulle groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees. Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” (Mark 10:42-45).  Hierdie voorbeeld was amper onverstaanbaar vir die mense in Jesus se dae – selfs die dissipels.

Jakobus en Johannes het Jesus nie net vir ‘n guns gevra nie, maar ook dat Jesus voorkeur aan hulle bewys deur hulle aan Sy regterhand en linkerhand te plaas. Hulle het gevra vir plekke van aansien en mag. Hierdie dissipels het dít wat Jesus vir hulle probeer leer het oor Sy komende ewige koninkryk, gemis of misverstaan.

Daar is baie details wat ons kan oorweeg om die dissipels se fout beter te verstaan:

  • Menslike Natuur:Ons is mense met gebreke, en om selfsugtig te wees is ingebore.  Het jy al ooit gedagdroom dat jy suksesvol is of dat mense jou nodig het of dat jy ‘n situasie red? Ek het. Het jy al ooit gewens om jouself moeg te werk sonder dat iemand dit raaksien of dankie sê, of om gemartel te word vir jou geloof? Ek ook nie. Dit is nie my grootste motivering nie, maar ek hou daarvan dat mense my harde werk en bekwaamheid raaksien.

Om onbaatsugtige en suiwer motiewe te hê, neem toewyding, oefening en die transformerende krag van die Heilige Gees in ons lewens.

  • Kulturele Invloede:My begrip van “normaal” is gevorm (en misvorm) deur groot te word in Westerlike kultuur. Ons kultuur beloon mense wat die perke probeer oorskry en hulleself laat geld. Ek dink vandag sou mense vir Jakobus en Johannes beskryf het met terme soos: hulle het hulleself laat geld, leierskap, moed, selfvertroue. Jesus sou hulle genoem het as: hoogmoedig, onbesonne, selfsugtig. (Let wel dat Jesus nie opgegee het met hulle nie; Hy het Jakobus en Johannes mettertyd verfyn.) Ons kultuur plaas geen waarde daarop om ‘n dienskneg te wees nie.
  • Druk van die Familie:Dit is interessant dat in Matteus 20:20, het Jakobus en Johannes se ma dieselfde vraag vir Jesus gevra aangaande haar seuns, en hulle vader was ‘n relatiewe ryk visserman. Om kinders groot te maak wat dink dat hulle aanspraak het op dinge is een van my grootste vrese en ek wonder of hulle ‘n gevoel van geregtigheid gehad het omdat hulle finansieël relatiewe bo-gemiddelde kinderjare gehad het.

So, ja, dienaars leierskap is moeilik, maar ek dink daar is ook soveel AANMOEDIGING om te ontvang uit hierdie voorbeeld. Jy hoef nie ‘n bestuurshoof te wees om waardevol te wees nie. Jy hoef nie al die komitees te lei of al die grade te hê nie. Al hierdie dinge is goed, maar dit is nie vereistes om jou waarde as ‘n persoon te bevestig nie of om jou plek in die Hemel te verseker nie. Geen resume of stamboom word by die hemelpoorte vereis nie.

Dienaars leierskap is in die daaglikse swoeg.

Dit is om jou kinders lief te hê en te probeer om Christelike gedrag vir hulle te wys.

Dit is om jou man te ondersteun, getrou te wees in gebed en aksie aan die verbond wat julle deel.

Dit is om vriende aan te moedig.

Dit is om potensiaal in mense te sien en te werk om hulle talente en vaardighede te ontwikkel.

Dit is om jou tyd en kundigheid te gee in jou kerk en jou gemeenskap.

Dit is om take te doen, maak nie saak hoe gering dit geag word nie, want jy weet dat dit gedoen moet word.

Dit is om met ‘n ekstra mate van genade, barmhartigheid en geduld op te tree teenoor die mense in jou kring van invloed.

Dit is om standvastig te bly, en te probeer “dat julle geloof toeneem en dat julle blydskap in julle geloof kan hê” (Fil. 1:25).

Dit is om in elke situasie glorie aan God te bring.

Jakobus en Johannes het uiteindelik groot dienaars leiers geword en die evangelie versprei. Hulle is vervolg vir hulle geloof (soos Jesus voorspel het toe Hy gesê het, “Die beker wat ek drink…” in Markus 10:39). Maar, hulle het getrou gebly tot op die punt van teregstelling (Jakobus) en verbanning (Johannes).

Ons is nie perfek in ons menslikheid of perfek in ons geloof nie, so ons sal nooit perfekte dienaars leiers wees nie. Gelukkig vra God ons nie om perfek te wees nie. Hy vra ons om getrou te wees.

Ons glo in ‘n dienaar Messias, wat ons met Sy eie lewe vrygekoop het. Die gesegde wat sê dat dade harder spreek as woorde is waar. Om doelgerig te dien sal lewe in dooie plekke inblaas. Dit sal ons huise, ons besighede, ons kerke transformeer. Kom ons steun die gemeenskap van gelowiges en wen die wêreld vir Christus deur die wêreld se mense te dien.

Genade en vrede,

Sara 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s