Die Koste van Disspelskap

Deur Terria Moore | Junie 30, 2017

Hierdie hele week het ons die seuns van Zebedeus, Johannes en Jakobus bestudeer. God het hulle kragtig gebruik vir Sy glorie. In vandag se verse leer ons van hulle laaste dae op aarde.

Johannes is verban na die eiland Patmos toe, om die res van sy aardse bestaan in isolasie, sonder sy familie of sy broers in Christus te wees. Jakobus is deur Koning Herodus met ‘n swaard doodgemaak om die Kerk te vervolg. Beide hierdie broers het bitter lyding ervaar as gevolg van hulle geloof, maar hulle was gewillig om hulle lewens op te offer vir die glorie van Jesus Christus.

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” – Matteus 16:24 

Jesus het seker gemaak dat die dissipels altyd bewus was van die noodsaaklikheid van hulle volkome oorgawe en toegewydheid om met Hom en Sy kruis te identifiseer… ongeag die koste. Vir die dissipels het, ‘om hulle kruis op te neem,’ verwerping, vervolging en selfs die dood beteken. Maar, hulle hoop was gevestig op Jesus wat baie swaar gely het as gevolg van Sy liefde vir mense.

Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. – 2 Timoteus 3:12

Vandag sal elke gelowige ‘n mate van teenkanting, vervolging en lyding ervaar as ons waarlik vir God nastreef en volg. Alhoewel ons dalk nie marteling in die gesig staar, soos baie van die dissipels nie, mag ons gespot, sleggesê, en gehaat word omdat ons Jesus volg. Ons mag uitgesluit word van werksgeleenthede en familiebyeenkomste. Ons mag verhoudings, ons reputasie en ons inkomste verloor.

Selfs in die moeilikste omstandighede, wanneer dit voel as of die koste om Jesus te volg té groot is, kan gelowiges vertrou dat God alleen genoeg is. Geen pyn of lyding in hierdie lewe oortref die onmeetbare plesier om Jesus Christus intiem te ken nie. Ons moet aan hierdie belofte vashou.

Onthou wat Ek vir julle gesê het: ‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. – Johannes 15:20

Die roeping om Christus intiem te ken, beteken dat ons deel in Sy lyding, sodat ons ook kan deel in Sy ewige glorie. Vervolging en lyding verslaan nie God se mense nie. God se planne op die aarde word vervul wanneer Sy mense verenig is met Jesus en gewillig is om alles op te gee om meer soos Hy te word. God belowe dat pyn en lyding sal eindig vir gelowiges en dat die dood oorwin sal word.

Ons toekoms is helder.

Johannes en Jakobus het alles gelos om Jesus te volg. Hulle het alles opgeoffer om Hom te verheerlik, en hulle het alles ontvang. Twee gewone vissermanne het alles aan God oorgegee, en deur hulle lewens, het God Sy buitengewone krag en sterkte gewys. Wat weerhou ons om dieselfde te doen?

Waar sien jy die bewys van God se teenwoordigeid en vreugde in jou lewe wanneer jy opoffer om Jesus te volg? Hoe kan ons vir jou bid soos jy jou toewy daaraan om Jesus te volg, ongeag die koste?

 Vrede en genade vir jou,

 

 

 

Advertisements

1 thought on “Die Koste van Disspelskap”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s