Die Mees Belangrike Rede

Deur Angela | Julie 7, 2017

Aan die einde van elke maand, kyk miljoenêrs én enkelma’s na hulle finansiële boeke om te sien hoe hulle situasie lyk. ‘n Ryk man wil weet of sy beleggings, wat hy noukeurig beplan het, ‘n wins gemaak het. ‘n Enkelma wat op ‘n begroting leef, bid dat sy genoeg geld sal hê om al haar rekeninge te betaal.

Wanneer ek Matteus 19 lees, sien ek mans wat alles gelos het om Jesus te volg. Die dissipels het ‘n baie anderse Messias verwag – iemand wat hulle sou bevry van politieke verdrukking. Nou is hulle sakke leeg, en hulle wonder, “Wat baat dit my? Is dit regtig die moeite werd?”

Ek moet bely dat ek dieselfde vrae in die stilte van my hart gevra het. As ek nee sê vir selfsug en kies om die Verlosser met alles te dien, sal ek die opoffering berou? Bevredig dit werklik om “toegewy” vir Jesus te leef?

Jesus vertel ons om die koste te bereken. Dissipelskap vereis van ons om alles op te gee en Hom te volg. Maar om alles te los begin nie in ons bankrekeninge nie. Ons moet ons harte op die altaar neerlê.

Jesus het Sy lewe vir my geoffer aan ‘n kruis. Dit beteken dat ek alles aan Hom verskuldig is. As gevolg van Christus is ek ryk in vreugde. Ek oorvloei met liefde. Ek het onbeskryflike vrede.

Betty Stam was “toegewy” en het dit verstaan. Sy was die dogter van sendelinge in China, en sy het teruggekeer na Amerika toe om haar graad 12 jaar daar te voltooi. Sy het besluit om die Moody Bible Institute by te woon, met die hoop om huis toe te gaan om saam met haar familie te werk. Maar God het ander planne gehad. In haar hart het sy ‘n begeerte gehad om Afrika toe te gaan – ‘n kontinent waar sy niemand geken het nie, maar waar sy ‘n behoefte aan die evangelie raakgesien het. Sy het biddend haarself volkome oorgegee om watter pad ookal God vir haar gekies het, te volg:

“Here, ek gee my eie planne en doelwitte, al my eie begeertes, hoop en ideale en ek aanvaar U wil vir my lewe. Ek gee myself, my lewe, alles wat ek is, op vir U, om vir ewig aan U te behoort. Ek gee al my vriendskappe aan U oor; al die mense wat ek liefhet sal tweede plek in my hart neem. Vul my nou en verseël my met U Gees. Laat U hele wil in my lewe werk, ten enige koste, want vir my om te leef is Christus. Amen.”

In 1931, was Betty Stam gehoorsaam aan die duidelike roeping om China toe te gaan om mense vir Chistus te bereik. Sy en haar man, John is twee jaar later daar getroud. Hulle baba, Priscilla was net ‘n paar maande oud toe kommunistiese kriminele hulle sendingstasie geplunder het. John het die mans ingenooi en Betty het tee en koek bedien. Ten spyte van die grasie wat hulle uitgereik het, is hulle gevange geneem en toe geparadeer op ‘n twaalf myl reis deur die strate. Toe ‘n toeskouer vra waarheen hulle gaan, het John geantwoord: “Ons weet nie waar hulle heengaan nie, maar ons gaan hemel toe.”

Betty Stam het haar lewe neergelê op 28. Hierdie wêreld sal jou vertel dat sy haar lewe gemors het, maar Betty het belê in rykdom wat hierdie wêreld nie kan wegneem nie, en sy het haar volle beloning ontvang. Haar geloofgetuienis het ander geïnspireer om die lig van die evangelie na die donkerste hoeke van die wêreld te dra.

Wanneer ons onsself aan God toewy, dink ons dat ons ‘n groot opoffering maak, en baie vir Hom doen, terwyl ons slegs ‘n paar klein goedjies waaraan ons vasgehou het laat gaan, en wanneer ons hande leeg is, dan vul Hy dit met Sy skatte. —Betty Stam

Ware rykdom word gevind in ‘n lewe wat ten volle oorgegee is. Soos ons hierdie week ons studie afsluit, kom ons ondersoek ons harte en vra onsself met hoeveel wysheid belê ons? Kom ons neem onsself voor om te marsjeer na die hemel. Ons mag nooit ‘n martelaarsdood soos Betty Stam en die dissipels in die gesig staar nie, maar ons moet ons eie kruis dra en volg, ongeag die koste. Die mees belangrike rede is: “Liefde so ongelooflik, so goddelik, dit vereis my siel, my lewe, alles wat ek het.”

Hou die Geloof,

Lyli

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s