Om Maaltye Te Deel Met Sondaars

Deur Angela | Julie 10, 2017

Ek weet nie van jou nie, maar om hierdie laaste drie weke van elkeen van die dissipels te lees en meer van hulle en hulle agtergronde te leer, het my liefde vir Jesus laat groei.

Ek hou daarvan dat Hy mans gekies het wat niemand anders sou kies nie.

Mans soos Matteus, wat by verre die mees berugte sondaar van al die gekose dissipels was, want hy was ‘n Joodse tollenaar (belastinggaarder).

“Matteus was ‘n tollenaar, en tollenaars was op dieselfde sosiale vlak as prostitute (Matteus 21:32). Vir ‘n Joodse man soos Matteus om ‘n tollenaar te wees, was selfs slegter. Sy werk het hom ‘n staatsverraaier gemaak, ‘n sosiale uitgeworpene, die walglikste van die walglikes. Hy sou ook ‘n godsdienstige uitgeworpene gewees het, verbied om enige sinagoge binne te gaan.” – John MacArthur

En tog, al wat dit geneem het, was vir Jesus om by Matteus se tolhuis verby te loop, en te sê,  “Volg My!” Net twee klein woordjies, wat Matteus se lewe vir ewig verander het!

Die Bybel sê in Matteus 9:9 dat Matteus “opgestaan het en Hom gevolg het.” Van die begin af het Matteus gedoen wat Jesus gesê het.

Ek dink hier was ‘n man wat, ongeag van sy werk, ‘n hart gehad het om God te ken. Vir redes wat nie aan ons bekend was nie, het Matteus die mees veragte werk gehad wat ‘n Joodse man kon hê; ‘n baie lonende werk wat gehaat was deur sy mense. Ons weet nie wat Matteus daartoe gedryf het om hierdie werk te vat en ‘n uitgeworpene vir sy eie mense te word nie. Maar wat ons wel weet is dat toe hy die kans gehad het om naby Jesus te wees, het hy gewillig alles gelos.

En ek wonder, hoeveel mense slaan ek nie ag op nie, as gevolg van hulle beroepe? Wie oordeel ek gebaseer op hulle werk, en vir wie maak ek outomaties die besluit dat hulle nie geïnteresseerd daarin sal wees om van Jesus te hoor nie?

Ek is so bly dat Matteus nie soos ek was nie.

In net die volgende vers lees ons dat Jesus en die dissipels saam met Matteus in sy huis gaan eet het, en dat Matteus al sy vriende genooi het! Hulle is vriende wat in dieselfde sosiale klas as Matteus is – tollenaars en “sondaars” – die enigste tipe mense wat met ‘n man soos Matteus sou assosieer. So gou as wat Matteus vir Jesus ontmoet het, wou hy hê al sy vriende moet ook vir Jesus ontmoet, en het hy ‘n manier gevind om dit te doen. Hy het sy huis oopgestel en vir hulle kos gegee.

En Jesus en Sy dissipels het saam met hulle in Matteus se huis geëet.

O, hoe wonderlik is hierdie stukkie in die Woord!! Ek hou daarvan hoe Jesus na Matteus toe gegaan het. Hy het na die deel van die stad gegaan waar Matteus se tolhuis was. Hy het na Matteus se deel van die stad gegaan om te eet, en Hy het aan Matteus se tafel gesit met sy vriende.

Jesus en die ander dissipels het na Matteus se “soort” toe gegaan, en in Lukas 15:1, sê Lukas dat “die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister.”

Die God van die heelal, geklee in menslikheid, het na hulle deel van die stad gegaan en saam met hulle geëet.

Niemand anders, behalwe Matteus, het weggedraai van hulle lewenwyses, hulle verslawings, hulle sondes… maar Jesus het steeds na hulle toe gegaan, gesit om saam met hulle te eet en as gevolg van dit, het hulle nader na Hom toe gekom.

Ek wens ek kon sê dat ek met Jesus en Sy dissipels in hierdie verhaal kan identifiseer. Maar om eerlik te wees, ek kan nie. Ek het dit nie ‘n prioriteit in my lewe gemaak om na die ander areas van die stad toe te gaan nie. Ek het dit nie ‘n prioriteit in my lewe gemaak om seker te maak ek gaan met mense om wat nie vir Jesus ken nie. Ek het toegelaat dat ek besig geword het met die grootmaak van my kinders, die rondry van een aktiwiteit na die ander, om my familie te versorg en ‘n bediening te lei en ek het gefaal om die bediening net buite die mure van my huis raak te sien.

Wanneer ek na Jesus se voorbeeld kyk, hoef dit nie baie van my te vereis nie. Dis net ‘n kwessie van waar ek kies om te reis of inkopies te doen, of net my alledaagse aktiwiteite te doen. Maar ek moet hierdie aktiwiteite doen met oë soos my Here s’n – om mense te sien soos Hy hulle sien, en dan uit te reik so ver as wat ek gaan. ‘n Uitnodiging en ‘n maaltyd, en Matteus se vriende het nader aan Jesus gekom. O, hoe verootmoedig dit my. Ek wil meer soos Jesus en Sy dissipels wees.

Soveel kere voel ek dat ek meer met Fariseërs in hierdie verhaal kan identifiseer as met Jesus se dissipels…

Toe die Fariseërs dit sien, het hulle die dissipels gevra, “Waarom eet julle leermeester saam met die tollenaars en sondaars?”- Matteus 9:11

Hoeveel keer het ek mense wat ek gedink het ver van God was, in my hart geoordeel? Ek word skuldig bewys wanneer ek daardie vers lees en die hoogmoedige oordeel in hulle vraag hoor, wetende dat ek met tye vir Jesus dieselfde vraag gevra het.

Jesus antwoord, “Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars”- Matteus 9:12-13

Ironies het dié wat hom bevraagteken het, Hom net so nodig gehad as die “sondaars” waarmee Jesus geëet het. Hulle het dit net nie geweet nie. Solank die Fariseërs daarop aangedring het om hulle godsdienstige keur voorkoms en skynheilige bedekking voor te hou, was daar niks wat Jesus vir hulle kon doen nie. Hulle het nie besef dat hulle ook ‘n dokter nodig gehad het nie. Hulle meos ook saam met die Groot Geneesheer eet.

Ons almal het Jesus nodig – tollenaars, ‘sondaars,’ en diegene wat hulleself sien as die ‘godsdienstige elite’. Ons het almal ‘n goeie maaltyd met ons Here nodig, sodat ons nader aan Hom kan kom.

Kom ons Praat: Wat dink jy bedoel Jesus met “Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,” en hoe word dit uitgeleef in ons lewens?

Hê God Groots Lief!

 

 

 

 

 

 

 

Week 4 – Uitdaging  Soek geleenthede om jou huis oop te maak en deel ‘n maaltyd met iemand wat jy nigewoonlik nie sal nooi nie. Miskien is dit die buurman af in die straat wie deur ‘n moeilike tyd gaan en wat nie die reddende genade van Jesus ken nie. Of miskien is dit ‘n medewerker wat eensaam is en geen familie in die dorp het nie. Miskien is dit ‘n gesin in nood in jou gemeenskap wat ‘n lekker ete nodig het en iemand om hulle lief te hê. Wie dit ook al is, waarook die plek … kom ons maak dit ‘n punt om meer soos Jesus en die dissipels te wees en wat vorentoe beweeg in ons lewens. Reik uit na ander wat nie soos ons is nie, en deel ‘n ete en gee hulle geleenthede om ook naby Jesus te wees.

Week 4 – Leesplan 

Week 5 – Memoriseervers

 

 

Advertisements

1 thought on “Om Maaltye Te Deel Met Sondaars”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s