Weerstaan ​​Gierigheid Wees Vrygewig

Deur Angela | Julie 12, 2017

“Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.” – Prediker 5:9   

“Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” –Hebreërs 13:5 

“Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed.” – Spreuke 14:21 

Ek word daagliks geïnspireer deur mense wat die kuns vervolmaak het om ruimhartig te wees. Sommige van die pragtigste mense wat ek ken, is die mense wat die mees rojaalste gee. Hulle maak die besluit om ‘n lewe te leef wat groter as net hulself is, en hulle hande en harte is wyd oop. Hulle leef met die gesindheid van die Koninkryk van God, wat verskil van die gesindheid van die wêreld en hulle het ontdek dat dit inderdaad ‘n groter seëning is om te gee as om te ontvang. Ons kultuur leer vir ons om te wag vir die groot “dinge,” groot verhoë, ligte, die groot oomblikke om iets “groot” vir God te doen. Die ruimhartige mense waarna ek verwys, kyk vir geleenthede om God te dien in die klein alledaagse geleenthede rondom hulle. Hulle wag nie vir die volgende persoon om dit te doen nie – hulle daag op en hulle doen dit.

Dit is wat lewens van ruimhartigheid kenmerk: ‘n persoon wat eerste inspring en sê, “Ek sal dit doen.”

Om eerste reg te staan om aan ander se behoeftes te voorsien: die kind wat finansiële hulp benodig om na die kamp te gaan, die kassier by die winkel wat ‘n moeilike dag gehad het, en net iemand nodig het om ‘n bietjie te luister, ‘n man wat hulp nodig het om sy besittings na sy nuwe woonstel toe te trek. Hulle lewens word gekenmerk deur die begrip dat hoe meer hulle gee, hoe meer ontvang hulle, as gevolg van hulle ware Voorsiener: Christus alleen. Soos ek sien hoe hulle vrylik hulle tyd, geld en gawes gee, sien ek hoe hulle wêrelde groter en groter word (sien Spreuke 11:24). Ek het al herhaaldelik my lewe en die lewens van ander geëvalueer, en gewonder, “Wat weerhou ons werklik daarvan om ten volle met oop hande te leef?”

Ek glo dat die ware stryd van ‘n gebrek aan ruimhartigheid nie altyd spruit uit suinige harte nie, maar dit is dikwels harte wat diep gewortel is in vrees… vrees om nie genoeg vir onsself te hê nie, vrees vir die toekoms, vrees vir ons eie tekort. Dit is dus dikwels nie ‘n kwessie van liefde nie, maar ‘n kwessie van vertroue. ‘n Versekering dat Christus belowe het om aan ons behoeftes te voorsien as ons gehoorsaam is en gee, om in die behoeftes rondom ons te voorsien. Ons is geseën om ander te seën.

Daar is ‘n gemeenskaplike aanduider in die lewens van my mees ruimhartige vriende: ‘n diepe liefde en vertroue in God.  Dit is vir my interessant dat die skrywer van Hebreërs dit in dieselfde vers noem dat jy tevrede moet wees met wat jy het, én vertrou dat God jou nie sal verlaat nie. Hebreërs 13:5 sê, “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.’” Die Bybel herinner ons dat Jehovah Jireh, die God wat voorsien, ons belowe het dat Hy ons NOOIT sal verlaat of in die steek sal laat nie. Soos ons groei in vertroue dat Hy ons nooit sal teleurstel nie, word ons vuiste wat styf toegehou was, oop hande wat daardie oorvloed gee en uitleef. Ons kan verseker wees dat Hy vir ons gaan sorg. Hy sal ons nooit in die steek laat nie!

‘n Gewende lewe is ‘n lewe wat deur die Gees gelei word. Dit is ‘n dankbare lewe wat waarlik die waarde besef van alles wat dit ontvang het. Ruimhartigheid en liefde is parallel aan mekaar, en werk hand aan hand soos ‘n masjien wat goed geolie is. Jy kan nie die een sonder die ander een hê nie. Liefde vereis aksie, dit vereis ruimhartigheid en dit sal ons iets kos. Christus het dit vir ons gewys met Sy lewe hier op die aarde, waar Hy so diep en so ryklik liefgehad het, dat Hy gegee het.

Ek onthou hoe ek as ‘n jong meisie aan myself ‘n belofte gemaak het, dat, maak nie saak wat dit neem nie, ek sal nie as ‘n volwassene sukkel met te min geld nie. Deur die krag van God en Sy Woord, moes daardie belofte wat ek aan myself gemaak het, gebreek word. Ek het besef dat ek besig was om ‘n valse waarheid te leef wat ek baie lank terug geskep het: die valse waarheid dat geld op enige manier vir my sekuriteit kon bring of my gewonde hart kon genees. Toe ek ‘n kind was, het my ouers deur ‘n egskeiding en baie verlies gegaan. Daar was baie dinge, maar deel van die verlies wat ons ervaar het, was finansieel. Toe ek twaalf jaar oud was, het ek in ons klein sitkamer in Arkansas gesit en ek onthou hoe ek die gordyne teruggetrek het om te sien hoe ‘n sleeplorrie ons kar weggesleep het. Na my ouers se egskeiding was dit finansieel ‘n baie moeilike tyd vir my ma, en sy kon nie al die rekeninge betaal nie. Ek onthou hoe ek daardie dag gevoel het dat die kar net nog een ding was wat onbeheerbaar deur my vingers geglip het. Met so baie verlies en hartseer, het ek daardie belofte aan myself gemaak. Ek het gevoel dat geld op een of ander manier vir ons sekuriteit, waarde en stabiliteit sou bring. Op die dag wat hulle van ons ander goed kom wegneem het, het ek gesien hoe my ma huil omdat ons ons huis en karre verloor het. My hart het baie vinnig geklop en ek het snags wakker geword met kommer oor geld. ‘n Valse waarheid het my hart vasgevang… ‘n diepe bekommernis dat ek nooit genoeg het nie. Storms en tragedie in die lewe kan dit somtyds aan ons doen. Die golwe gooi ons rond in onsekerheid en wantroue. Mettertyd het God hierdie deel van my hart genees, deur oor en oor (en somtyds oor ‘n miljoen kere weer) aan my te bewys dat Hy my ware bron, die Voorsiener in al my behoerftes is. Ek het ‘n nuwe belofte met Hom gemaak wat daardie ou denkswyses vervang het. Hy is altyd my Voorsiener en Hy is ‘n goeie, goeie Vader. Ons probleme kom wanneer ons geestelik vergeet wie ons bron is. Ons ware Bron en Voorsiener in ELKE behoefte, is Christus. Voorsiening lê nie in geld nie, maar in Hom. Hy het belowe om aan al ons behoeftes te voorsien volgens Sy rykdom.

As ‘n ou man, het Salomo, wat bekend is as die wysste man wat nog ooit geleef het, Godgegewe wysheid oor die lewe en hoe om goddelik te leef, uitgestort in die bladsye van Prediker. Hy gee vir ons ‘n padkaart vir lewensbeginsels wat lei tot vrede, voorspoed en ware tevredenheid — dinge om te oefen en toe te pas in ons lewens, en dinge om van weg te hardloop. Hy, wat ‘n man van aardse rykdom en mag was, probeer ons leer om nie mislei te word in ons denke oor geld nie. Komende van ‘n man wat lyk asof hy alles het, sê hy in Prediker 5 dat mense wat ‘n liefde vir geld het, nooit genoeg sal hê of nooit deur dit bevredig sal word nie. Hy noem dit betekenisloos om te dink dat geld ware geluk sal bring. As ons na Salomo se raad luister, kan ons onsself spaar van hartseer en probleme, berou, stress, skuld en paaie na valse afgode. Hy sê hier dat aardse goed of rykdom nooit ware tevredenheid aan ons siele sal bring nie. Dit sal ons altyd laat smag na meer. Die waarheid is dat ons ‘n slaaf word en vasgebind word aan wat ons waarlik aanbid. Ons sal dit begin weerspieël. As ‘n persoon geld aanbid, sal hulle verseker hebsugtig word. ‘n Persoon wat lief is vir geld, word ‘n slaaf daarvan. Geen huis, geen kar, geen werk sal ooit genoeg wees nie of die innerlike tevredenheid en vrede bring wat mense daardeur soek nie. Hebsug is ‘n leuenaar. Dit vertel ons om vas te hou aan alles wat ons het. Die uitvloei van ‘n hebsugtige hart sal ons altyd met ‘n leë lewe laat. Hebsug sal ons altyd los met minder.

Die waarheid oor om nie ruimhartig te wees nie? Dit los ons:

  1. leeg in plaas van tevrede
  2. gefokus op onsself in plaas van gefokus op God
  3. onvriendelik

Praktiese maniere om in ruimhartigheid te GROEI:

  1. Dink aan iemand wat jy sien as ‘n ruimhartige persoon. Kyk hoe hulle dien en die waardes in hulle lewens wat hulle toepas om aan diegene rondom hulle te gee.
  2. Ons is almal ryklik geseën in areas van ons lewens, of dit is deur ons tyd, hulpbronne, geld of talente. Wat kan jy in jou persoonlike lewe doen as ‘n manier om te groei in ruimhartigheid en opmerksaamheid van die behoeftes om jou?
  3. Wie in jou lewe sal vandag baat by en geseën word deur jou ruimhartigheid ? Is daar iets wat jy vir hierdie persoon kan doen om hom of haar te seën?

Ongeag van waar jy jouself bevind in die taak van om ‘n lewe van ruimhartigheid te kweek, bid ek dat ons almal dit sal herevalueer en vir God sal vra hoe ons selfs meer in hierdie area kan groei. Vra die Here daagliks watter behoeftes Hy rondom jou geplaas het waarmee jy kan help, hetsy deur jou geld, jou tyd of jou gawes te gee. Daar is altyd ‘n manier om te gee.

Kom ons groei in die volgende: om te gee, om gehoorsaam te wees, en om ryker, meer betekenisvolle lewens te lei wat groter as onsself is.

 In Sy Onfeilbare Liefde, 

 

Meshali 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s