Jesus is God

Deur Angela | Julie 26, 2017

Jesus is die seun van God. Maar, Jesus is God.

Die Drie-Eenheid is een van die teologiese verborgenisse wat ek dink ons nie ten volle aan hierdie kant van die hemel sal verstaan nie.

Een van my gunsteling verduidelikings hiervan is in ‘n kinderboek deur Joanne Marxhausen, A Picture of God 3 in 1. Hierdie boek vergelyk God die Vader, Seun en Heilige Gees met die drie dele van ‘n appel – die skil, die vlees en die kern. Die verskillende dele van die appel het verskillende doele en is uniek, maar hulle is almal deel van die appel. En, die appel is nie volkome as ‘n deel nie daar is nie. Op dieselfde manier is die Vader, Seun en Heilige Gees almal afsonderlik, maar verweefde elemente van die een ware God.

Hoe weet ons dat Jesus God is?

  • Jesus het veelvoudige kere genoem dat Hy God is:

“Ek en die Vader is een.” (Johannes 10:30)

“Wie My sien, sien die Vader.  (Johannes 14:9)

“Glo in my omdat Ek in die Vader is en die Vader in My.” (Johannes 14: 11)

“Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.” (Johannes 13:13)

  • Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas…” (Hebreërs 1:8)
  • God sê dat die engele Jesus moet aanbid (Hebreërs 1:6). En die Woord is baie duidelik dat net God aanbid moet word (Eksodus 34:14, Deuteronomium 8:19).

Hierdie is net ‘n paar verse wat ons wys op Christus se goddelikheid. Sommige ongelowiges gee toe dat Jesus geleef het, maar hulle voer aan dat Hy ‘n profeet was of ‘n groot morele leermeester. C.S.Lewis het dit goed opgesom in Mere Christianity:

“Ek probeer hier om enige iemand te verhoed om die werklike dwase ding oor Hom te sê wat mense dikwels doen: Ek is gereed om Jesus as ‘n groot morele leermeester te aanvaar, maar ek aanvaar nie sy aanname dat Hy God is nie. Dit is die een ding wat ons nie moet sê nie. ‘n Man wat net ‘n man was, en die soort goed gesê het wat Jesus gesê het, sou nie ‘n groot morele leermeester gewees het nie. Hy sou of ‘n kranksinnige – op dieselfde vlak as die mens wat sê dat hy ‘n geposjeerde eier is – of anders sou hy die Duiwel van die Hel wees. Jy moet jou keuse maak. Hierdie man was, en is, die Seun van God, of anders ‘n kranksinnige of iets slegter. Jy kan hom stil maak as ‘n dwaas, jy kan op hom spu en hom doodmaak as ‘n bose gees, of jy kan aan sy voete neerval en hom Here en God noem, maar laat ons nie met enige neerbuigende nonsens kom oor dat hy ‘n groot morele leermeester is nie. Hy het dit nie aan ons oorgelaat nie. Dit was nie sy bedoeling nie.” 

God het waarlik onder ons gewandel. Alhoewel dié van ons wat vandag leef nie vir Jesus fisies sal sien totdat ons hemel toe gaan of tot Hy weerkom nie, dra die voorbeeld wat God gekies het, steeds Sy egtheid oor. Ons leef in ‘n wêreld waar ons so besig is dat ons aandag konstant afgetrek word. Ons is permanent met mekaar in verbinding, maar tog nie werklik betrokke nie. Maar God, wat in beheer is van elke besonderheid in die heelal, is nie afgelei of onbetrokke van Sy skepping nie. Hy het nie ‘n intern of ‘n teksboodksap gestuur nie. Hy het self opgedaag en het geleef saam met Sy mense. Aan hierdie kant van die kruis, het ons God se hele Woord om ons te lei, En, as ons gelowiges is, het ons ook die Heilige Gees wat permanent in ons woon om ons te help lei (Romeine 8:26).

Jesus was ten volle man en ten volle God. Ons reaksie daarop moet ontsag, verwondering, nederigheid en bemoediging wees. God het genoeg vir die mensdom omgegee dat Hy ‘n deel van Homself gestuur het om te onderrig, en uiteindlik ‘n onregverdige dood te sterf om vir ons sondes boete te doen. Jesus het elke versoeking ervaar en het elke emosie wat ons as mense ken, diep ervaar.

Ek dink dat ons te dikwels aan God dink as ‘n tugmeester, wat ver weg op ‘n troon sit. Die beeld wat meer waar is, is ‘n teenwoordige, saggeaarde, genadige Vader. Hy sien ons deur die lens van Jesus, losgekoop en gereinig.

Ons God sien ons. Hy ken ons. Hy is ten volle bewus van die potensiaal wat ons het vir Sy koninkryk, en die beperkinge van ons menslikheid, en Hy ontmoet ons daar.

Genade en vrede,

Sara 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s