Toegewy | Wat Is Jou Storie

Deur Whitney | Julie 28, 2017

Ek sal nooit vergeet toe hy een oggend baie vroeg, saggies met die trappe afgekom het nie. Sy oë was nog half toe van die slaap toe hy in my badkamer ingekom het.

Geen “Goeie Môre” nie. Geen drama nie. Geen storietjies nie.

Hy het net na my toe geloop en doodgewoon in my oor gefluister, “Ek dink ek wil ‘n sendeling word as ek groot is.”  O hierdie mamma se hart. Ek glo dat daardie seun dit bedoel het, en ek het geweet dat dit ‘n wonderlike dag gaan wees.

En toe het hy dadelik sy suster getakel en haar in ‘n kopklem vasgegryp.  Hahaha.

Dit is hoe my dae dikwels in hierdie dissipel fase is. Ek vier konstant klein oorwinnings en neem dan my trots en verruil dit vir nederigheid aan die voet van die kruis. Kom ons wees net eerlik, ek sal beter doen as ek net permanent daar kamp opslaan.

Maar dit is geen fout dat God hulle in my verhaal ingeskryf het nie.

Hulle is mense. Ware, lewendige mense wat God op een of ander manier gedink het sou goed wees het om vir hierdie kort tydperk op die aarde in my sorg oor te laat. En meeste dae bring dit tonne vreugde… én laat my sweet. Hahaha. Hulle is vol energie en lewendig, en ek weet dat hulle hul ongelooflike geesdrif eendag in wonderlike leierskapkwaliteite gaan kanaliseer (asseblief Jesus, laat dit so wees). Hierdie vier hou my op my knieë, maar God het ook ‘n missie vir my.

My grootste gebed sluit nie perfeksie of maklike ouerskap in nie, alhoewel dit sommige dae baie aanloklik is om daardie dinge te begeer. My missie, deur die genade van God, is om die volgende generasie van volgelinge van Jesus groot te maak, wat so bekoor is met Hom – en so oorgegee aan Hom – dat hulle Hom eenvoudig nie net vir hulleself wil hou nie.

Die dissipels gee my hoop.

Jesus het ‘n luidrugtige, verkeidenheid groep mans gekies toe Hy die twaalf gekies het. Maar dit was geen fout dat Hy hulle in Sy verhaal ingeskryf het nie.

Dit was hulle harte, nie hulle volmaaktheid of optrede, wat Hy gesoek het. In hulle swakheid, het Hy hulle alles geword. In hulle twyfel en ontkenning, het Hy hulle Waarheid geword.

Soos hulle met Jesus gewandel het, is hulle verander in aanbidders; nie deur hulle eie reputasies of vermoëns nie, maar deur die Een wat voor hulle oë gewys het dat Hy alleen die wêreld kan red.

Deur Sy dood en lewe het hulle Sy getuies geword, hierdie groep onwaarskynlike mans, wat, deur die genade van God, hulle unieke gawes en passies gebruik het om die wêreld om te keer vir Christus.

Hoe graag wil ek hê dat God ons gesin op hierdie manier moet gebruik. Maar net soos my seun, kan ek ook in dertig sekondes gaan van ‘n TOEGEWYDE sendingfokus, na om die wêreld in ‘n kopklem te plaas.

Halleluja, terwyl ons steeds sondaars was, het Christus vir ons gesterf.

Miskien moet jy vandag net *stop* en dit vir die eerste keer weer hoor.

Terwyl ons steeds sondaars was, het Christus vir ons gesterf.

Die manier hoe ons ‘n impak op die volgende generasie vir Christus sal hê, sluit nie ‘n lang lys van dinge wat ons moet verwerf, ons sosiale stand of ons konstante obsessie met selfvervulling nie. Jesus het ‘n beter manier aan Sy dissipels gewys:

‘n Geduldige stem gevul met Sy wysheid. Hoop wat nie van hierdie wêreld is nie, wat in onsekere tye uitgespreek word. Desperate gebede in stil hoekies. Nederige oorgawe aan die Vader wanneer niemand kyk nie. Passievolle woorde wat lewe spreek, verhale wat waarheid spreek en ‘n voorkoms wat vrede geopenbaar het te midde van ‘n gebroke wêreld. Volgehoue, getroue, onbaatsugtige liefde. ‘n Dienaar wat op elke maniere oorgegee is. Dikwels nie verstaan nie, maar nooit weivelagtig nie. Dikwels verwerp, maar altyd strewend.

Hy het Sy lewe opgeoffer sodat hulle kan weet hoe om waarlik te leef. Hy het hulle harte gewen sodat Hy die harte van ander kon bereik deur Sy krag in hulle.

Dit was die heeltyd die plan.

(‘n Ware ontmoeting met Jesus verander mense.)

Watter verhaal sal ek vertel?

Sal my kinders die waarheid van wie Jesus is, elke dag hoor, selfs wanneer passie toeneem en persoonlikhede in konflik kom?

Sal my man die sagtheid van Jesus in my sien wanneer dinge nie na my sin gebeur nie, en ek geneig is om te kla en oor te gee aan selfsug?

Sal ander rondom my my hoor opstaan en Lewe en Lig spreek in die moeilike plekke, of sal ek ingee aan hierdie harde, afleibare wêreld wat sonder ophou roep vir my liefde?

Hy het Sy lewe opgeoffer, sodat ek ware lewe kan ken. Hy het my hart gewen sodat Hy deur Sy krag in my, die harte van ander mense kan bereik.

Wat is jou verhaal, en wie het God in dit ingeskryf?

Mag ons deur geloof die diepte van die Vader se liefde ervaar soos dié wat die kruis fisies daardie dag met hulle eie oë gesien het. O, dat hierdie liefde ons so sal verander dat ons TOEGEWYDE lewens op ‘n missie vir Hom sal leef…

… ongeag die koste.

*Kom ons praat: Hoe het God se Woord jou hart bemoedig soos jy hierdie laaste ses weke deur ons TOEGEWY studie gereis het?

By Sy voete,

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s