God Gee Nooit Op Nie

God Gee Nooit Op Nie

Angela

Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.

Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efriam uitwis nie, want Ek is God, nie ‘n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie. – Hosea 11:8-9

Ons sien God vandag as ‘n liefdevolle Vader wat vir Israel liefgehad het soos ‘n kind, wie sy seun uit Egipte geroep het. Hy het vir Efraim geleer loop en hom in sy arms omhels. Hy het neergebuig na hulle toe en hulle gevoer. God was nog altyd ‘n goeie, liefdevolle en besorgde Vader.

Die straf het gekom as gevolg van Israel se sonde. Hulle sou deur die Assiriërs verslind en as gevangenes geneem word. Maar God, as ‘n liefdevolle Vader, wys vandag sy hart. “Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.”

Hoe kan ek opgee op jou? Ek dink vandag aan my eie kinders. Wanneer hulle besluite neem wat my hart breek, gee ek op op hulle? Nooit. As ek, as ‘n ontroue mens, nie op my kinders wil opgee nie, hoe kan ons dink dat God sy liefde vir ewig sal weerhou? Hy sal weer medelye betoon. Hy sal nie sy mense vir ewig in ballingskap los nie.

Hemelse Vader, wanneer ons gesondig het en skuldig is voor U, het U nooit moed opgegee op ons nie. Geregtigheid het vereis dat U dit moet doen, tog het U dit in U hart gevind om ‘n manier te kry om ons te verlos: Jesus Christus. Dankie dat U nooit opgegee het op my nie. Dankie dat U die perfekte manier gekry het om my te verlos. Amen.

 

Advertisements