God Se Liefde Omhels Ons

God Se Liefde Omhels Ons

Angela

Wie wysheid het, sal op hierdie woorde ag slaan.
Wie verstandig is, sal dit ter harte neem,
want wat die Here doen is reg.
Die regverdiges lewe daarvolgens,
en die opstandiges kom daardeur tot ‘n val. – Hosea 14:10

Ek wil ‘n wyse vrou wees. En ek weet dat die enigste manier om wys te kan word, deur kennis van God se Woord is en deur elke dag daarvolgens te leef.

‘n Wyse vrou sal hierdie boodskap kan lees regdeur die Boek van Hosea. Sy sal verstaan dat deur Sy genade, God vir haar ‘n wonderlike geleentheid bied tot bekering en herstel, en dat dit uiters dwaas van haar sal wees om hierdie uitnodiging te ignoreer.

Selfs te midde van beloofde oordeel, kan die wyse vrou beleef dat God se weë reg is en dat sy aankondiging van oordeel ‘n uitnodiging tot bekering is.

“Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.” (1 Korintiërs 1:25). God was op sy heel “dwaasste” en “swakste” oomblikke aan die kruis, maar dit was steeds oneindig wyser en sterker as wat enige mens kon doen. Verlossing is nie ‘n prestasie as gevolg van ons wysheid nie; dit is ‘n omhelsing van God se dramatiese, onverwagte daad van liefde op Golgota. En hierdie liefde ken geen grense nie.

Hemelse Vader, help my om ‘n wyse vrou te wees wat veilig in U arms sal loop. Help my asseblief om U altyd eerste te stel. Amen.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s