‘n Tyd Om Te Rou

‘n Tyd Om Te Rou

deur Whitney

Ek het die pragtige foto’s op sosiale media van die Paastyd baie geniet.

Daar was geblomde rokke en oulike kinders wat Paaseiers gesoek het tot hulle mandjies vol was. Ek het die tafeldekor met lente temas, kreatief ontwerpte plekaanwysings en ham wat vars uit die oond kom, bewonder. Natuurlik was daar talle pragtige gesinsfoto’s met gekoördineerde uitrustings, en – kom ons wees eerlik – genoeg foto’s wat weer geneem is om seker te maak dat daar geen dubbelkenne is nie en dat al die kleintjies vir die kamera kyk en glimlag.

Ek het selfs my toonnaels geverf vir Paassondag, en … dit sê baie.

O, hoe streef ons nie na perfekte uiterlikes nie en ons daag gretig op vir Paassondag – ‘n dag vol lewe en lig wat gevier moet word.

Maar terwyl ons van God se opstandingskrag en oorwinning oor die dood gesing het, het ‘n onverwagte traan uit die hoek van my oog ontsnap…

Behold the man upon a cross

My sin upon His shoulders

Ashamed, I hear my mocking voice

Call out among the scoffers

It was my sin that held Him there

Until it was accomplished

His dying breath has brought me life

I know that it is finished

Stuart Townsend

Te midde van ‘n kragtige aanbiddingsdiens, is die boodskap op my hart gelê om te onthou. Vriendinne, dit is goed om te onthou (ons is immers ‘n opdrag gegee om dit te doen in 1 Korintiërs 11). Jesus het die dood gesterf wat ek verdien het. Dit was my sonde waarvoor Hy betaal het – sondes van die verlede, toekomstige sondes en die sonde wat ek daardie oggend bely het. Alles in ons wil net verby die rou hardloop reguit na die feesviering toe. Maar dit is hierdie goddelike hartseer wat tot bekering lei, en dit maak die vreugdevolle genadeviering soveel soeter.

_______________________

Die boek van Miga begin met rou, en dit is toepaslik. Die Israeliete was diep in sonde verval – “hulle was net so hardkoppig soos hulle voorvaders wat ook nie op die Here hulle God vertrou het nie.” (2 Konings 17:14). As gevolg van die opstand van menigte, sou dit nie goed gaan met hulle nie, en ballingskap en verwydering van God se teenwoordigheid sou plaasvind (2 Konings 17:18-23).

En Miga het geween vir die verderf wat oor Juda sou kom.

Die boek van Miga volg dieselfde verloop waaroor ons as gelowiges moet nadink in die dae voor die Paassondag – en deur die hele jaar – soos ons tot stilstand kom en die evangelie aan onsself verkondig: om die diepte en skoonheid van God se genade en sy verbondsverhouding met ons ten volle te begryp en op die korrekte manier daarop te reageer, moet ons eers die diepte van ons sonde verstaan wat ons vroeër van Hom geskei het.

(Ek praat nie van selfbejammering nie – dit is misplaasde aandag op ons. Ek smeek julle om nie hier vasgevang te word nie. Ek praat van om ons lewens te benader deur die lens van die evangelie en dan op die regte manier te reageer, sodat ons alle aandag en glorie aan Jesus sal gee.)

Soos die mense in Miga se tyd, is ons dikwels té gemaklik met ons sonde. Ons laat té veel tyd verloop voordat ons eerlik met onsself is dat dit werklik sonde is, daaroor treur, dit bely en in berou daarvan wegdraai. In ‘n wêreld wat verdraagsaamheid bo die waarheid eis, vermy ons soms heeltemal die Woord. Daardeur mis ons uit op die troos, vryheid en geluk wat God voorsien.

“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!” – Psalm 139:23-24

Hou moed deur Miga se rou… bevryding kom.

In die boek van Miga sal ons beide God se oordeel en God se genade sien. Ons sal daaraan herinner word dat ons geneig is om te dwaal, dat die Here hom wat Hy liefhet tug (Hebreërs 12:6), dat God verhoudings herstel en getrou aan sy beloftes is. Ek bid dat ons in hierdie reis saam sal groei in godsaligheid en aangespoor sal word om te reageer met vreugde en dankbaarheid vir God se wonderlike medelye, vergifnis en genade teenoor ons.

“Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam! Waarlik, sy toorn duur net ‘n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.” – Psalm 30:5-6

By sy voete,

 

 

 

 

Advertisements