Behou God Se Waarheid

Behou God Se Waarheid.

Deur Edurne | Miga | Mei 15, 2019

Miga 3:8

“Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, ‘n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.”

Ons het almal in ‘n groot, muurlose hut met ‘n stooidak bymekaar gekom. Hierdie was die derde of vierde preek vir die dag. Die ongemaklike bankies en die skielike ontploffing van muskiete na die ligte reën, het my wakker gehou, selfs al kon ek nie die Curripaco taal verstaan nie. Wetende dat “witmense” by hulle sou aansluit vir die konferensie, is die boodskap in Spaans begin, maar het geleidelik oorgeskakel na hulle taal.Ek het ‘n vertaler gehad, maar sy het kort-kort verdwyn om iets anders te gaan doen. Dit het beteken dat ek meeste van die dinge wat gesê is deur die predikers van die inheemse dorpies, gemis het.

Skielik het een van die ouderlinge opgestaan en met die prediker begin praat. Nog mense het by hom aangesluit. Ek het geen idee gehad waaroor die gesprek gegaan het nie, maar het besef dat dit ‘n dringende saak was toe ek woede op sommige se gesigte gesien het asook my man se bekommerde gesig.

Van die anderkant van die hut af, het my man vir my aangedui: “Hulle verwyder hom van die preekstoel af.” Wag, wat? Ek het gekyk om te sien waar my vertaler was, maar kon haar nêrens sien nie. Hy was reg. ‘n Paar minute later, het hulle die prediker uit die hut begelei en die program het net aangegaan.

Gedurende aandete, het die dominee van die dorpie waar ons gebly het, verduidelik wat gebeur het. “Hy het dinge gesê wat nie waar is nie. Die Bybel leer ons nie dit nie.” Natuurlik het ek genoeg geweet van die Inheemse kulture om te weet dit is al verduideliking wat ons sou kry terwyl ek teenwoordig was. Hy sou later die besonderhede met my man bespreek en sy opinie vra in ‘n predikante-vergadering.

Die ouer mans in die Curripaco dorpies ken die Bybel baie goed en hulle kan onderskei wanneer iemand afdwaal van die waarheid. Maar die jonger generasie nie. Dit is waarom hulle vra dat sendelinge na hulle dorpies kom en hulle leer, sodat die jongmense almal leer om slegte doktrines en leringe te herken voordat mense dit hoor en verward raak.

Somtyds wens ek ons “witmense” het die moed gehad om, soos hierdie mede-broeders in die woude, op te staan en te sê: “Jy preek nie die waarheid uit God se Woord nie, verlaat asseblief die platform!”

Dit is presies wat Miga gedoen het in sy teregwysing aan die vals profete in vandag se verse. Hy het hulle vertel om die platform te verlaat omdat hulle nie die waarheid van God se Woord gepreek het nie. Hulle het die mense, veral die korrupte regeerders en leiers van die tyd, vertel wat hulle wou hoor. Hulle het gelukkige dae geprofeteer om hulle mae gelukkig te hou terwyl die waarheid was dat oordeel en ballingskap voorgelê het as gevolg van hulle aanhoudende, onboetvaardige sondes.

Mense wou nie hoor van sonde nie.

Vandag wil mense ook nie hoor van sonde nie. Hoeveel van ons moderne kerke, vandag, het opgehou preek oor sonde sodat hulle nie mense laat ongemaklik voel nie. In baie kerke luister mense Sondag na Sondag, oppervlakkige preke waar die woorde “sonde”, “belydenis van sonde” en “berou” nie meer gehoor word nie. Die boodskap van die Bybel is goeie nuus en bemoedig mense. Maar dit is ook die waarheid van ‘n heilige en regverdige God en sonde moet aangespreek word om ons te help om ‘n heilige lewe volgens God se Woord te lewe.

Wanneer ons net die verse waarvan ons hou, uit die Bybel neem, en daardie uitlaat wat ons op ons sondes wys, mis ons ‘n groot deel. God se Woord is waarheid wat ons harte verander en dit in lyn met Syne bring.

Ek wil hê dat God se waarheid my ongemaklik laat voel. Ek wil hê dat dit die spieël is waarna ek kyk. Ek wil hê dat dit my hart verander sodat my lewe kan verander. Kom ons wees vrouens van die Woord en wees nie bang om God se waarheid in liefde te spreek nie.

Tevrede in Sy diens,

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s