God Gee Ons Oorwinning

God Gee Ons Oorwinning

Deur Angela | Julie 3, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning

Ek is nie een van daardie mense wat die laaste bladsy eerste lees nie, en ek wil ook nie hê jy moet my vertel hoe die verhaal eindig nie. Dáárdie benadering werk goed vir sprokiesverhale en fiksie, maar as ‘n Christen is ek so dankbaar om te weet dat God reeds die einde voorspel het.

Hier is wat gebeur: Hy wen.

Waaraan dink jy wanneer jy die woord OORWINNING hoor?

Atletiekwenners en militêre veroweringe kom dadelik in my gedagtes op. Soms lyk God-beskikte oorwinnings so – kyk maar na vandag se verse in Josua 8:18-22 waar die Israeliete sukses belowe is toe hulle gepoog het om die stad Ai in te neem en suksesvol was in hulle verowering.

Maar, God se oorwinning in ons eie lewens kom ook op ander maniere voor. Stiller, minder kleurvol en soms in maniere waar ons dit eenvoudig nie opmerk nie.

  • In die gelowige wat barmhartigheid bewys in plaas van haat.
  • In die moeder wat lewe kies vir haar ongebore kind.
  • In die huwelik wat veg om hul geloftes te handhaaf.
  • In die dwarstrekkerige siel wat na God terugkeer.

Ons het oorwinning in Jesus.

Dit beteken nie dat ons elke kompetisie sal wen of elke keer suksesvol sal wees nie. En soms, in my vlees, is dit frustrerend. Ons is oorwinning belowe, reg? So, wat dan van die werk wat nie na my kant toe kom nie of die gesondheidstoestand wat nie verbeter nie? Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense? Hoekom voel dit of die sekulêre deel van ons wêreld oorneem en probeer om Jesus op die kantlyn stil te maak?

Ons moet onthou dat ons perspektief klein is. God is die enigste een wat die plan vir die mensdom ken of sien. Moenie uit die oog verloor dat Hy in die agtergrond besig is om te werk en die beste vir ons in gedagte het nie.

Daar is ‘n gewilde aanbiddingslied wat my bemoedig wanneer ek voel dat oorwinning te stadig na my sin kom. (Dit is perfek vir ons studie van Josua, want dit verwys na Josua 6 waar God die Israeliete opdrag gegee het om om Jerigo te loop voordat die stad se mure geval en hulle oorwinning verkry het.)

“Walking around these walls
I thought by now they’d fall
But You have never failed me yet
Waiting for change to come
Knowing the battle’s won
For You have never failed me yet
Your promise still stands
Great is Your faithfulness, faithfulness
I’m still in your hands
This is my confidence, You’ve never failed me yet”
(
Elevation Worship, 2017)

1 Korintiërs 15:57 sê: “Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.”

God sal die uiteindelike oorwinning hê. Oor sonde. Oor die dood. Oor Satan.

En ons wag met reikhalsende verlange op daardie glorieryke dag.

 

 

 

 

 

Advertisements

One thought on “God Gee Ons Oorwinning

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s