Beveg Misleiding

Beveg Misleiding

Deur Angela | Julie 5, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning

Vandag se storie is ‘n storie van misleiding. Josua en die mense van Israel het stad na stad oorwin. Die Kanaӓniete was bang vir hulle kragtige God. Die Gibeoniete wou nie teen Israel veg nie en het ‘n plan gemaak om hulle te mislei en so ‘n vredesverdrag af te dwing.

“Maar toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het, het hulle ‘n slim plan gemaak. Hulle het padkos ingepak; hulle het verslete saalsakke op hulle donkies saamgeneem en verslete wynsakke wat geskeur en weer toegewerk was; aan hulle voete was verslete, gelapte skoene en hulle het verslete klere aangehad; al hulle padkos was droog en verkrummel. Hulle het na Josua toe in die kamp by Gilgal gegaan en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom uit ‘n ver land en ons kom vra dat u met ons ‘n verdrag sluit.”  Josua 9:3-6.

Toe die leiers van Israel die Gibeoniete sien, het hulle hul storie geglo. Hulle het vertroue gehad in wat hulle gesien het en het nie tyd spandeer om die Here te raadpleeg voordat hulle hul besluit geneem het nie. Dit het daartoe gelei dat hulle ‘n verdrag gesluit het met mense wat hulle eintlik moes oorwin het, volgens wat die Here hulle beveel het.

Josua en die prinse van Israel was voortvarend en het nie tyd spandeer om die Here te raadpleeg nie. Hulle het gewandel deur die sigbare en nie deur die geloof nie. Nadat hulle na die vreemdelinge se storie geluister het en die bewyse ondersoek het, het Josua en sy leiers tot die slotsom gekom dat die mans die waarheid vertel het. Die leiers van Israel het die “wetenskaplike benadering” in plaas van die “geestelike benadering” gebruik. Hulle het staatgemaak op hulle eie sintuie, die “feite” ondersoek, die saak bespreek en saamgestem met hulle gevolgtrekking. Dit was alles baie logies en oortuigend, maar dit was alles verkeerd. Warren Wiersbe, Wees Sterk. 

Ek kan nie die aantal kere tel wat ek al keuses gemaak het met goed wat wonderlik voorgekom het, maar teen die einde verkeerde besluite was nie.

Misleiding is een van die vyand se gunsteling planne. Die Bybel vertel vir ons dat hy ‘n bedrieër is, dat hy homself vermom as ‘n engel van die lig (2 Korintiërs 11:14). Satan is ‘n leuenaar en probeer dat ons na sy leuens luister en hom glo.

Hy is ‘n meester in misleiding. Hy is ‘n kenner daarin om slegte dinge te laat gloei voor ons oë, om te sorg dat ons aan die aas byt. Satan dra altyd ‘n vermomming en skuil agter ‘n masker.

Ons moet elke dag die Here soek sodat ons nie deur ons teenstander mislei word nie. Slegs wanneer ons lewens in die waarheid van God gewortel is, is ons in staat om die misleiding van die duiwel te herken.

Maar die planne van die Here

staan vir altyd vas,

sy besluite van geslag tot geslag.

Psalm 33:11

Ons het ‘n Almagtige God wat die mens se planne kan verander tot niks. Ons begrip hang af van omstandighede en emosies. Maar Sy raad staan vir ewig. God se waarheid word geopenbaar in Sy Woord en ons moet dit bestudeer en gehoorsaam ten einde dit te kan sien met ons geestelike oë in plaas van met ons fisiese oë.

Kom ons gesels: Watter stappe kan jy vandag neem om jou geestelike oë oop te maak?

 Tevrede in Sy diens,

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s