Twee Lesse Uit Josua 9

Twee Lesse Uit Josua 9

Deur Whitney | Julie 8, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning

Het jy al ooit gevoel dat die hele wêreld teen jou gekant is? Miskien voel dit selfs vandag vir jou dat, ongeag waar jy kyk, kompetisie … reuse … padblokkades … vyande … jou omring.

In Joshua 9, is dit die geval vir die Israeliete.

Hulle het die Beloofde Land amptelik ingegaan – ‘n belofte direk van God aan hulle gegee – behalwe dat daar een groot probleem is. Daardie belofte word reeds deur iemand anders bewoon.

Hmm … miskien kan jy jouself dalk ook daarmee vereenselwig.

Die land word eintlik deur baie ander mense bewoon – groepe wat woon van hoog in die heuwels tot in die laaglande – en God het die Israeliete beveel om hulle uit te dryf en besit van die land te neem.

Dit word regtig baie vinnig ‘n slegte situasie.

Daar is nie net baie van hulle nie, maar nou het hierdie inwoners bymekaar gekom as een, om teen Josua en Israel te veg (vers 2).

Daar is niks soos om op die rand van die oorwinning te staan, net om te besef dat dit net die randjie van jou volgende groot geveg is nie.”

Tot op hierdie punt, het God nogal ‘n indrukwekkende CV. Hy het wonderwerk na wonderwerk uitgevoer om die Israeliete uit Egipte en na die beloofde land te kry. Hy het homself oor en oor bewys as getrou. Hy bewys dat hy ‘n God is wat ‘n verbond hou; Iemand wat sy beloftes aan sy volk vervul. En nog steeds neem die Israeliete sake in hul eie hande. Wanneer die Gibeoniete hulle mislei om te dink dat hulle reisigers van ver af is wat ontsnap van om verslaan te word, het die Israeliete – sonder om die Here te raadpleeg (Josua 9:14) – daarvoor geval.

Groot fout. Regtig ‘n groot fout.

Net soos jy na die oorweldigende stryd voor jou gekyk het, is jy miskien ook mislei.

In tye soos hierdie, is dit maklik om vermoeid te raak om te glo. In die natuurlike wêreld, ons is geheues tog so kort. Selfs wanneer ons die bewyse van God se krag in die verlede sien, sal ons dikwels deurdruk op ons eie krag, en sake in ons eie hande neem in plaas daarvan om die Here te soek.

Dan eindig ons op met die gevolge daarvan.

Daar is twee vinnige lesse wat ons van die Gibeonite se misleiding in Hoofstuk 9 kan leer:

  1. Moenie op jou eie begrip staatmaak nie. Vertrou op die Here.Steun op God se krag, glo dat sy beloftes betroubaar is, dat hy jou paaie reguit sal maak, en dat hy die finale oorwinning sal hê (Spreuke 3:5-6). Hou op om dit wat jy reeds in geloof oorgegee het, weer op te tel.
  2. Selfs in ons mislukkings, is God ‘n God van verlossing.God vervul nie net sy belofte aan Israel nie, maar maak ook die oë van haar vyande oop, wat veroorsaak dat hulle in Hom glo en Hom vrees (Josua 9:24). Van Genesis tot Openbaring, skryf God die mees pragtige verhaal van verlossing, en sy naam is Jesus.

Wanneer jy jouself op die rand bevind, beweeg dan vorentoe na God se genade. Vandag is ‘n baie goeie dag om jou wil oor te gee en die leisels aan Hom terug te gee. Dit is ‘n noodsaaklike, daaglikse keuse om in oorwinning te wandel.

By Sy voete,

*Kom ons gesels: In watter omstandighede moet jy die leisels aan jou algenoegsame Verlosser teruggee?

Week 4 Uitdaging: Bid en vra God hierdie week om jou te help om Hom meer duidelik te sien werk in jou lewe. Vra Hom om jou geestelike oë te gee om Hom te sien. Skryf dan die verskillende maniere waarop Hy in jou lewe gewerk het neer in jou joernaal.

Week 4 Leesplan

Week 4 – Memoriseersvers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s