Gee Vir My Daardie Berg

Gee Vir My Daardie Berg

Deur Angela | Julie 15, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning

Ek ken ‘n man soos Kaleb. Hy is ‘n 94-jarige veteraan van die Tweede Wêreldoorlog en hy woon in my straat. Ek sien al vir tien jaar hoe hy in ons straat hardloop. Toe ek die eerste keer in my huis ingetrek het, het hy teen ‘n taamlike vinnige pas vir sy ouderdom gehardloop. Hierdie laaste paar jaar, het ek gesien dat sy hardloop verander na ‘n vooroor-leuen stap. In ieder geval, ek was van die eerste dag wat ek hom vanuit my kombuisvenster gesien het, beïndruk met hom.

Deur die jare het ek hom aangemoedig wanneer ek verby hom gery het in my straat. Tot so ‘n maand gelede, toe ‘n ambulans verby my huis ry en my hart in my skoene gesak het. Dadelik het ek gebid: “O Heer, laat dit asseblief nie Mr. Don wees nie!” Tot my verligting het ek hom die volgende oggend, terwyl ek in my kantoor gewerk het, deur my venster gesien in sy gewone tipiese vooroor-leuen stappie. Hierdie keer, in plaas daarvan om binne te bly en sy determinasie en dissipline te bewonder, soos ek altyd doen, het ek uitgehardloop, reguit na hom toe. Ek wou nie die geleentheid mis om hom te vertel hoe ongelooflik ek dink hy is nie en dat hy al die jare vir my en my dogters ‘n inspirasie was.

En toe het ek iets gedoen wat trane in sy oë gebring het. Ek het hom genooi vir ete.

Die eerste ding wat hy gesê het, was dat hy baie graag sal oorkom vir ete. Hy het vertel dat hy al vir drie jaar ‘n wewenaar was en dat sy twee volwasse kinders ure weg van hom gewoon het. Hy sou die geleentheid om saam met ons aandete te geniet, baie waardeer.

En so het ons saam aandete geëet.

Tydens die ete, het ons geleer hoe dit was om aan die Ooskus groot te word, om op ‘n jong ouderdom na die wêreldoorlog toe te gaan, hoe hy die liefde van sy lewe te ontmoet het en die geheim van sy lang lewe. Mr. Don het ‘n Kaleb tipe gedagtegang. Sy ouderdom dikteer nie die tipe lewe wat hy leef nie.

Kaleb was ook so. Vyf en tagtig jaar jonk en nog steeds het hy die veggees in hom gehad, elke oomblik gereed vir die volgende geveg.

“Ek is nou ‘n man van vyf en tagtig, maar ek is vandag nog net so sterk as die dag toe Moses my uitgestuur het. Die krag wat ek toe gehad het, het ek nou nog. Ek kan nog gaan oorlog maak en behoue terugkom.  Gee my nou asseblief die bergwêreld waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy het daardie dag gehoor dat daar Enakiete is en groot vestingstede. Miskien sal die Here by my wees sodat ek hulle kan verower soos Hy beloof het.” Josua 14:11-12

Kaleb het sy oë op iets heel anders as die meeste gevestig. Toe die tien verspieders uitgestuur is, het net hy en Josua oorwinning gesien waar die ander reuse gesien het. Kaleb het sy oë en gedagtes gevestig op wat God kan doen. Hy het sy geloof geplaas in God, nie in sy omstandighede nie. Kaleb het geweet dat berge met reuse geen uitdaging is vir God wat berge geskape het en beweeg nie.

Toe ander probleme sien, het Kaleb geleenthede gesien. Kaleb was ‘n man wat God op Sy Woord geneem het en God se beloftes geglo het.

Hy wou nie net ‘n gewone stuk land in die Beloofde Land gehad het nie, hy wou die deel van die land hê wat nog deur reuse besit was.

Ongeag sy ouderdom, was Kaleb was ‘n man wat sy hart daarop geplaas het om God te eer met sy lewe en hy het geglo dat wat God belowe het, Hy sou uitvoer.

God se beloftes is vandag steeds waar vir ons. Ongeag jou ouderdom, God vervul steeds sy beloftes. Wat Hy nodig het is meer Kaleb’s.

Watter berg of belofte roep God jou om in sy Naam te oorwin?

Hê God Groots Lief,

Uitdaging: In plaas daarvan om probleme te sien, sien geleenthede waar jy God se beloftes kan opeis en Sy Koninkryk in jou lewe kan uitbrei.

Leesplan

Memoriseervers

 

  

 

 

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s