Geestelike Luiheid


Geestelike Luiheid

Deur Angela | Julie 17, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning

 

Josua en die volk van Israel het in die land aangekom wat God beloof het om aan hulle te gee. Al die beloftes en opdragte wat God aan hulle gegee het, kan saamgevat word in hierdie opdrag – Wees dapper en ywerig om die land te eis wat Ek jou reeds gegee het.

Dis al wat hulle moes doen. Hulle moes hul erfenis eis. Die land was reeds hulle s’n. Die oorwinning is toegestaan.

Maar tog was daar sewe stamme wat stadig was om hul land te eis. Hulle het nie die geloof en ywer gehad om God se wil te doen soos die ander stamme nie.

Hulle was geestelike leeglêers.

Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?” Josua 18: 3

Hierdie stamme was so gewoond aan hul nomadiese lewenstyl dat hulle nie die punt gesien het om ‘n permanente woning te hê nie. Om hulle deel van die land op te eis, het moeite gekos. Hulle moes daarvoor veg en hulle moes die Kanaäniete daaruit verdryf. En hulle wou nie die prys betaal nie.

Is daar dinge in jou lewe wat te veel moeite vereis vir jou om dit te doen?

  • Het jy die idee van ‘n gelukkige huwelik opgegee omdat dit te veel moeite is om jou verhouding met jou man reg te stel?
  • Stap jy uit die bediening omdat dit nie floreer soos jy gehoop het nie?
  • Of dalk is jou verhouding met God koud en ver, omdat Hy nie jou gebede beantwoord soos jy wou nie?

Ek is seker jy het besef dat die dinge wat die meeste in die lewe saak maak, harde werk vereis. ‘n Liefdevolle huwelik, ‘n florerende bediening, ‘n diep verhouding met God – dit alles neem tyd en moeite.

As jy moeg geword het van ‘n situasie in jou lewe wat nie werk soos jy gedink het nie, of wat jou uit jou gemaksone neem of jy dink dat iets wat God jou geroep het om te doen, nie die moeite, geld of toewyding werd is nie, kan jy dieselfde fout as die Israeliete maak. Hulle was moeg van oorlog en wou nie nuwe gevare trotseer nie.

Moenie die dinge waarvoor God jou geroep het, uitstel nie. Moenie die verhoudings wat Hy jou gegee het, laat vaar nie. Moenie wegloop van jou verantwoordelikhede nie.

Spreuke 10: 4 sê, “ ‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.

‘n Slap hand veroorsaak armoede – finansieel en geestelik. Ons word geroep om ywerige vroue te wees, hard te werk en in gehoorsaamheid aan God se Woord te wandel.

Dit is tyd om die volle verantwoordelikheid te neem vir die dinge en die mense wat God in ons lewens geplaas het. Kom ons wees vandag ywerig om die meeste te maak van die dinge wat God ons gevra het om te doen.

Tevrede in Sy diens,

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s