Beloofde Voorsiening

Beloofde Voorsiening

Deur Angela | Julie 19, 2019 | Josua Wandel In Oorwinning

My driejarige kleinseun het die afgelope April by ons kom woon, en ons het ons bes gedoen om te verseker dat hy veilig voel tussen die vier mure van ons huis. Ons het ‘n daaglikse roetine ingestel, en hy weet wat om te verwag. Wanneer ouma ietsie lekkers belowe na ‘n middagslapie, weet die klein mannetjie dat, wanneer hy wakker word, daar ‘n groot porsie gesnyde piesangs op hom wag.

Nogtans huil hy soms in elk geval en wonder: “Waar is my piesangs?”

“Net hier, pampoentjie.” Ek sal elke keer van​​uit die rusbank opstaan en dít wat hy wil hê uit die yskas kry. Ouma het belowe, en ouma hou altyd haar woord.

Terwyl ek in my sitkamer sit en toekyk hoe my klein mannetjie elke krieseltjie vrugte op sy bord verslind, dink ek aan hoe ek ‘n onvolwasse kind vergestalt in my interaksie met my Hemelse Vader. God het belowe om in alles te voorsien wat ek nodig het, tog vra en kla ek steeds soms.

Ek ontbreek niks nie. God het my lewe totaal en al met sy goedheid en genade oordek, maar soms het ek ‘n baie kort geheue.

In Josua se dae het die Leviete geen grond ontvang nie. God self was hulle deel, en hulle het ‘n besluit geneem om hulle deel te eis deur op die Woord van die Here te staan: “Die Here het deur Moses beveel …” (Josua 21:2). Hulle het geglo dat God altyd voorsien wat Hy belowe.

Net soos God vir die Leviete ‘n woonplek op aarde gevestig het, berei Hy vir ons ‘n oord van rus en verlossing in die hemel voor. Op die oomblik mag ons wonder wat God se plan is, maar ons kan vertrou dat Hy binnekort sal opstaan ​​om ons geheel en al te herstel en totale verlossing te skenk.

Die Psalmdigter moedig ons aan om te bid dat God ons begrip sal gee terwyl ons wag: “Leer my hoe om u bevele uit te voer. Ek wil van u magtige dade vertel.” (Psalm 119:27)

In plaas daarvan om te murmureer oor dit wat ek kortkom, kom ons neem onsself voor om eerder vorentoe te kyk en te mediteer op God se wonderlike werk namens ons. Herinner jouself aan hierdie waarhede:

  • Ek is gered uit die reik van Satan en gebring in die koninkryk van Christus. (Kolossense 1:3)
  • Ek is God se aangenome kind. (Efesiërs 1:5)
  • Ek is stewig gewortel en opgebou in Christus. (Kolossense 2:7)
  • In al my behoeftes word daar voorsien deur God volgens die rykdom in Christus Jesus. (Filippense 4:19)
  • Niks kan my skei van die liefde van God nie. (Romeine 8:35)
  • Ek is ‘n gesamentlike erfgenaam met Christus en deel sy heerlike erfenis. (Romeine 8:17)
  • Ek is gesetel met Christus in die hemelse koninkryk. (Efesiërs 2:6)
  • Ek is uit God gebore en die bose kan my nie aanraak nie. God is my Beskermer. (1 Joh. 5:18)
  • Ek is vol vertroue dat die goeie werk wat God in my begin het, voltooi sal word. (Filippense 1:6)
  • Ek kan alles doen deur Christus wat my versterk. (Filippense 4:13)

Die vyand van jou siel wil hê jy moet dink dat jy iewers te kort skiet en nie kan oorleef nie. Hy poog om jou tot raserny te dryf en jou met twyfel te vul. Moenie toelaat dat hy ruimte in jou kop kry nie.

God het belowe om in alles te voorsien wat jy nodig het. Jy kan elke keer op God reken.

Behou die geloof,

 

Advertisements

One thought on “Beloofde Voorsiening

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s