Wees Sterk Om God Se Woord Te Behou

Wees Sterk Om God Se Woord Te Behou

Deur Angela | Julie 24, 2019 | Josua – Wandel In Oorwinning

Josua se verhaal kom tot ‘n einde. Soos hy Israel se leiers bymekaar bring, deel hy dieselfde woorde met hulle wat God hom aan die begin van sy leierskap gegee het: Wees sterk en vasberade en hou aan om God te gehoorsaam (Josua 1:6-9 en 23:6).

Wanneer hulle daardie dinge doen, sal God voortgaan om hulle te seën – selfs nadat Josua weg is.

Dit is ‘n boodskap aan die volgende generasie leiers, ‘n waarskuwing, maar ook aanmoediging – God hou sy beloftes. As hulle getrou en sterk bly om Sy opdragte na te kom, sal God die res van hulle vyande wegdryf. As hulle afgelei word en na valse gode aangetrek word, sal God daardie seëninge wegneem.

Dit neem krag om geloof te hê en getrou te bly aan God se Woord wanneer die wêreld skreeu dat ons lewens op ‘n sekere manier moet lyk as ons wil inpas, bevordering kry of ons doelwitte wil bereik. Ons hoor kultuur skreeu dat ons dit op ons eie kan doen, dat ons meer as genoeg is en dat ons ons pad tot bo kan oopveg en werk as ons net hard genoeg probeer.

As Christene moet ons teen-kultureel leef. Dis nie ons doel om in te pas nie – hierdie is nie ons woning nie! En God wil nie hê ons moet dit op ons eie doen nie. Hy begeer ‘n verhouding met ons, waar ons Hom en Sy planne vertrou en weet dat Hy vir ons sal veg. Soms is die sterkste ding wat ons kan doen om die stryd aan die voet van die kruis te lê.

Josua het geweet dat die Israeliete daaraan herinner moet word dat God sy beloftes in die verlede gehou het en dat Hy dit weer sou doen. Hulle moes onthou dat dit God was wat nasies uit die Beloofde Land verjaag het. Dit was sy oorwinning en hulle was genooi om dit te vier weens hul getrouheid.

“Israel se grootste gevaar was nie militêr nie; dit was geestelik. Die sleutel tot die sukses van Israel was nie in hulle krag nie, maar in hoe toegewyd hulle was aan die wil en heerlikheid van God.” Dr Tremper Longman (Layman se Ou Testamentiese Bybelkommentaar)

Is daar areas van jou lewe wat aan God teruggegee moet word, dinge waarvoor jy in jou eie krag geveg het? Wees sterk en vasberade, en vertrou dat God steeds Sy beloftes hou – en dat hulle “Ja en Amen” is. (2 Korintiërs 1:20)

In Hom,

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s