Inleiding – Woorde Maak Saak

Inleiding – Woorde Maak Saak

Angela

Ons het almal al die krag van die tong ervaar. Dit is geen geheim dat woorde belangrik is vir die een wat dit spreek, sowel as vir die een wat dit aanhoor nie. Woorde kan vertroue bou, aanmoediging bied en verhoudings herstel. Woorde kan ook vriendskappe vernietig, mede-werkers verkleineer, en twyfel en onsekerheid saai.

Woorde maak saak, want dit het mag om te seën of te vervloek, aan te moedig of te vernietig, lewe te gee of die dood te bring. Ons woorde maak saak. Ons moet bewus wees van wat uit ons monde kom en uit ons vingerpunte vloei.

Ons leef in ‘n dag waar woorde goedkoop kan wees. Ons uiter dit sonder om veel daaroor na te dink. Ons woorde kom en gaan so vinnig as wat ons op ons slimfone kan tik.

Maak nie saak hoe vinnig dit kom of hoe vinnig ons dit vergeet nie, elke woord maak saak.

Die woorde wat ons teenoor ons gades uiter, maak saak.

Die woorde wat ons teenoor ons kinders uiter, maak saak.

Die woorde wat ons vir ons vriende teks, maak saak.

Die woorde wat ons in ons gedagtes teenoor onsself spreek, maak saak.

Die woorde wat ons bid, maak saak.

Ons woorde vorm denke, dit beïnvloed aksies en verander lewens. Woorde dra gevolge en openbaar die ware aard van ons harte. Juis daarom moet ons leer om ons woorde verstandig te gebruik.

Ons is opgewonde om hierdie nuwe studie, waarin ons gaan fokus op woorde wat saak maak, saam met elkeen van julle te begin. Ons gebed vir elkeen van ons is dat ons, na afloop van hierdie studie, ander meer sal bemoedig, meer bedag sal wees op kritiek wat ons teenoor ander spreek, en dat ons die waarheid kragtiger sal spreek.

Ons bid dat ons elkeen, na afloop van hierdie studie, God sal eer met die woorde wat ons teenoor ander en onsself spreek. Mag ons woorde gebruik word om gebroke harte te genees, moeë siele te bemoedig en hoop te bied vir dié wat sonder hoop is.

En mag ons woorde uiteindelik, met God se hulp, die wêreld verander.

1 thoughts on “Inleiding – Woorde Maak Saak

  1. Dit is so waar, dat ons woorde saak maak. Hierdie inleiding het my laat dink daaraan dat “wat ons NIE se nie, ook saak maak. Soms is ons so kwaad of verveeld met ‘n persoon, dat ons hom/haar half “ignoreer” en nie eintlik meer praat nie. Dit maak ook saak – geen woorde. Net ‘n gedagte.

    Like

Leave a Reply