Waar Die Hart Van Vol Is, Loop Die Mond Van Oor

Waar Die Hart Van Vol Is, Loop Die Mond Van Oor

Deur Whitney | Augustus 14, 2019 | Woorde Maak Saak

Oor ‘n tydperk van vier en ‘n half dekades het seisoene, plekke en mense in en uit my lewe gegaan en my gemeenskap deur die jare pragtig uitgebrei en gediversifiseer. Ek is ‘n dogter, ‘n suster, ‘n vriendin, ‘n eggenoot, ‘n ma, ‘n vrywilliger, ‘n werknemer en ‘n paar ander goed tussen in ook. Ek kom met verskillende mense op verskillende maniere oor die weg, afhangende van die tipe verhouding wat ons het. Sommige verhoudings is net vlugtig in die verbygaan, terwyl die wortels van ander verhoudings dieper groei met tyd en ervaring, en sommiges word met die harte verbind.

Het jy al ooit regtig gestop om te dink hoeveel ongelooflike konneksies jy daagliks met verskillende mense het?

Vandag alleen gaan ek oogkontak maak en praat met my man, my vier kinders, my kinders se vriende, kollegas by die werk en by die kerk, my buurman, ‘n dosyn internasionale leiers, die kassier by die winkel, die sekretaresse by die skool en ‘n ontvangsdame by ‘n hotel. Daar sal ander onbeplande interaksies ook wees – wat sekerlik my geduld sal toets, en ander wat my op die mees onverwagste maniere sal seën. God sal van elkeen weet, as ek mag ek sê, op een of ander manier goddelik bestem.

Wie is dit vir jou, en watter woorde sal hulle hoor?

“Die goeie mens bring die goeie goed te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” – Lukas 6:45

Waarvan loop jou hart oor vandag? DIT sal alles wat jy sê en doen bepaal.

Dit is ‘n skrikwekkende gedagte vir sommige van ons.

Bitterheid, kwaad, ongeduld, twis en selfsugtigheid is net sommige van die goed wat uitloop wanneer ons harte vol boosheid en bedrog is. Maar wat as ‘n dieper kyk in ons harte goed openbaar soos ‘n ongesonde identiteit, gebrek aan selfvertroue, bekommernis of ‘n diepe seer of trauma?

So hard as wat ons probeer om ‘n dapper gesig voor te hou en toneel te speel, sal ons harte met verloop van tyd tog alles openbaar. Een of ander tyd, sal die lelikheid oorvloei – en baie keer sal dit oorvloei op die mense vir wie ons die liefste is. Net soos wat ons nie kan aanhou om vir ons kinders te sê om “op te hou om dit te doen” of “hou op om dit te sê” sonder om hulle hartsprobleme aan te spreek nie, moet ons ook gewillig wees om diep introspektiewe werk te doen en te ondersoek wat regtig in ons harte is, en dan braaf genoeg te wees om die volgende stap te neem om vir Jesus in te nooi in daardié gebroke plekke om te vergewe, waarheid te spreek, gesond te maak en om ons vanaf die binnekant te verander sodat dit aan die buitekant kan wys.

Is dit nederige en harde werk? Definitief.

Gaan dit oornag gebeur? Omtrent nooit.

Hierdie harde en heilige werk om ons binneste te ondersoek…. sal ‘n diepgaande en blywende impak hê op die uitstorting van ons harte. Die uiteindelike doel? Om op te kyk na God as ons bron van krag en hoop. Lees verder in Lukas 6: wanneer die golwe stromend in kom, is ‘n diep gegrawe, goed geboude fondament in Christus onwrikbaar. ‘n Huis wat op dié Rots gebou is, staan vas…en in Sy krag kan sy vrylik oorvloei met liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Galasiërs 5:22-23)

As ander mens die lae van jou hart kon terugtrek en ‘n goeie, eerlike kykie na binne kon kry, wat sou hulle sien?

Jesus, laat u lewe, u liefde, u vrede, u weë – u woorde – my hart binnedring, my verander en dan weer uit my uitvloei.

By sy voete,

Kom ons gesels: Watter “hartswerk” vra God jou om vandag met Hom te begin?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s