Die Belangrikheid Daarvan om Net Een te Bereik

Die Belangrikheid Daarvan om Net Een te Bereik

Deur Whitney / 30 September 2019 / Ester

Ek het baie om te leer van ouerskap, maar een ding wat ek seker van is, is Taco Vrydae by die middelskool.

Ek spring Vrydag in my ou minibus, tel vinnig ‘n ‘twaalf-stuk’ by die kitskosrestaurant op en bid hard vir die gesprekke wat vir my voorlê. Jy kan baie leer in dertig minute aan die etenstafel van ‘n middelskool.  Jy kan selfs meer leer as daar taco’s by is. Hulle gesels oor gisteraand se sokkerwedstryd, hulle wiskunde opdrag en hoe sleg kafeteria-kos is.  En hulle hou nie op praat nie, want iemand luister regtig.

En dan is daar die seun wat ek Max sal noem.

Die eerste keer dat ek vir Max ontmoet het, het hy na my toe gestap en my bedank vir sy taco. Hy het vir my uit die bloute ‘n drukkie gegee en toe skielik kom dit uit sy mond – asof dit niks groots is nie – “het jy geweet ek is aangeneem?” En voordat ek ‘n woord kon inkry, het hy onophoudelik vir die hele dertig minute met my gesels.  Hy het in daardie tydjie ‘n klomp goed gesê, maar wat hy eintlik bedoel het om te sê, was…

“Sien jy my raak? My storie verskil van joune, maar is ek nogtans werd om liefgehê te word?”

     ***

Dit was in 2010 en ek onthou die Haiti aardbewing asof dit gister gebeur het. Foto’s van die verwoeste hoofstad het oor die skerm geflits en ek was diep geraak. Ek was daar op kollege gewees. Ek het in daardie strate gestap. Ek het daar verlief geraak op die mense en ek het namens hulle oor en oor tot God uitgeroep. En nou – al daardie jare later – was ek ‘n ma en ek kon nie wegkyk van hulle diep bruin oë nie. Weeskind-oë wat van hulle seer vertel het.

Hul ondenkbare verlies.

En op daardie stadium wou ek die wêreld red.

Max het dieselfde kyk in sy diep bruin oë gehad. Hy was nie meer ‘n weeskind nie, maar sy woorde en sy sprekende oë was nog steeds leeg.

Hy het teruggestap na sy tafel toe – jy weet, die een waarby hy heeltemal alleen gesit het – my hart nou op ‘n oorweldigende manier aan hom verbind. Ek het God net daar gevra hoe ek iemand kan wees wat ‘n verskil in sy lewe kan maak? Hoe ek God se liefde aan Max kon wys.

Want ek mag dalk nie die hele wêreld bereik nie, maar ek kan een mens bereik.

Soos ek deur die bladsye van die Boek Ester lees, is ek verbaas oor hoe God se voorsienigheid elke enkele skewe draai verlig. ‘n Pragtige meisie word ‘n weeskind en haar oom neem haar onder sy sorg.

Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die bemetting van die wêreld. ~ Jakobus 1:27

‘n Uitgestrekte hand.

 ‘n Onbaatsugtige daad.

 ‘n Tree in geloof.

‘n Daadwerklike besluit wat aan een wees-dogtertjie gesê het,”Jou storie verskil van myne maar jy is absoluut werd om liefgehê te word.” Min het Mordegai geweet dat, toe hy uitreik na die behoeftes van een, hy ‘n impak sou hê op ‘n hele nasie.

Jy weet wanneer God aanhou om iets – of iemand – reg voor jou te plaas en jy kan dit – hulle – nie langer ignoreer nie?

Wel, in my lewe – in hierdie seisoen – is sy naam Max.

Toe ek die Here gevra het hoe ek ‘n verskil kon maak in Max se lewe, het ek regtig nie in my kleingeloof gedink dat dit veel sou kon wees nie.  Maar net in geval: elke Taco Vrydag – voordat die seun-plunderaars na die middel van die tafel duik en op die gesogte bruin boks afstorm, ek het reeds een taco spesiaal vir Max gebêre. En omdat God diep in daardie seun kan sien en weet dat sy siel meer voeding nodig het as sy maag, het Hy nie daar gestop nie.

Net verlede week het Hy Max laat intrek in ‘n huis presies in ons straat.

Ek sit hier en skud my kop met ‘n glimlag op my gesig, want ek kan dit skaars glo. Maar tog moes ek nie verbaas wees nie. Is dit nie presies soos God is nie?

Om ons broodjies, vis … en ons taco’s te vat … en dit te verander in iets so.veel.meer?

 ‘n Uitgestrekte hand.

 ‘n Onbaatsugtige daad.

 ‘n Tree in geloof.

Self wanneer daardie geloof baie kleiner was as wat dit moes wees.

Verlede week ry ek op ‘n sonnige dag met vensters afgedraai, musiek wat blêr en spontaan al singende in die ou minibus, oppad huis toe.  En toe sien hy my.

“Haai, Jack se ma!”

Maar wat Max regtig bedoel het om te sê, was…

“Ek is hier. Sien jy my raak? My storie verskil van joune, maar is ek nogtans werd om liefgehê te word?”

 Reg in my straat. Weereens reg voor my gesig, smekend om liefgehê te word. En op daardie oomblik word ek herinner daaraan dat ek ook aangeneem is. Nee, nie deur ‘n aardse familie soos Max nie, maar deur ‘n Hemelse Vader wat my in al my sonde raakgesien het en tog neergedaal het en my in elk geval liefgehad het. En as Jesus net daar in my hart kon fluister, dink ek dit sou iets gewees het soos;

“Whitney, Ek sien jou raak. Ek weet jou storie verskil van Myne, maar kan jy nie sien nie… dit is hoekom Ek gekom het. Gaan dan en reik uit na net éen in My Naam en kyk wat my krag kan doen.”

Sê my, wie staan voor jou … wagtend om raakgesien te word en om liefgehê te word met die liefde van Christus?

Jou kind… wat wil hê dat jy jou foon moet neersit en in hulle oë kyk en regtig hoor wat hulle wil sê?

Jou vriendin… wat smag na iemand om haar te vra hoe dit regtig met haar gaan?

Jou familielid… wat nie haar leegheid kan beskryf nie, maar tog weet dat daar soveel meer is om voor te lewe?

Jou man… wat smag na jou glimlag, jou respek en die ondersteuning wat jy eens so vrylik vir hom gegee het?

Die weduwee. Die weeskind… wat desperaat wil weet dat hulle nie alleen in hierdie wêreld is nie?

Die verlore siel… wat nooit heel sal voel totdat sy voorgestel is aan die Een wat sien en weet en perfek liefhet, maak nie saak wat sy gedoen het nie?

En die koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ ~ Matteus 25:40

‘n Uitgestrekte hand.

‘n Onbaatsugtige daad.

‘n Tree in geloof.

Sal jy die een wees, in Jesus se naam? Want jy sal nooit weet wanneer jy, deur éen te bereik, dalk die hele wêreld bereik nie…

By Sy voete,

Kom Ons Gesels: Is daar iemand wat God op jou pad geplaas het, wat wag om raakgesien te word? Watter eerste stap kan jy hierdie week neem om uit te reik na daardie persoon met God se liefde?

Week 2 Uitdaging: Wie is die een persoon na wie toe jy kan uitreik hierdie week? Vind maniere om daadwerklik op te tree en jou hand uit te steek, in geloof uit te stap en soos Jesus te dien.

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s