Sê Ja Vir Die Hier En Nou

Sê Ja Vir Die Hier En Nou

Deur Whitney | Oktober 9, 2019 | Ester

Ek het in die kombuis gestaan met ‘n huilende baba op die heup en nog een by my voete en ek het gekyk hoe hy by die deur uitstap.

Sonder my. Alweer.

Ek het gewag totdat ek kon hoor hoe sy motor wegry voordat ek in ‘n hopie op die kombuisvloer neergesak het en toegelaat het dat die trane saggies oor my wange gly. Die trane wat ek nie wou hê hy moes sien nie. Dit was nie net ‘n lang dag gewees nie, maar dit was ook ‘n lang paar maande met geen einde in sig nie. Moeilike babas, slegs sestien maande uitmekaar en vir nagte aaneen geen slaap nie, kan op enige vrou sy tol eis.

My trane sou dalk ‘n bietjie meer van pas wees as hy oppad was na ‘n plek iewers meer – ek weet nie – twyfelagtig. Maar julle, hy was oppad… wag daarvoor … kerk toe. Ons het so gemaklik hieroor gepraat en dit het net sin gemaak in hierdie seisoen van ons lewens. Voedings, ‘n koliekbaba en vroeë bedtye het beteken dat ek sou bly en hy sou gaan. Daar was immers geen ander manier om hierdie baba te bevredig wat die bottel so teësinnig geweier het nie. So daar het ek gesit, oortrek met baba-spoeg, en dink aan al die dinge wat ek nie meer vir God kon doen nie.

Ek het gesê: “Here, ek sal enige iets vir U doen”.

As ‘n klein dogtertjie het ek week na week bewonderend gesit en kyk hoe ons pastoor se vrou klavier gespeel het aan die begin van elke erediens. Haar pragtige lang bruin hare het in lokke oor haar rug gehang soos sy elegant saam met die musiek beweeg het en ek onthou hoe ek gedink het dat sy regtig ‘n wonderlike ding vir God gedoen het. “As U wil hê dat ek ‘n pastoor se vrou moet wees, sal ek dit doen”, het ek aan God in my innige gebede aangebied. En na agt lang jare van musieklesse, het ek met ‘n ongelooflike, godvresende man getrou…

Wat toevallig ‘n apteker was.

Ek en daardie apteker het, jare later, knie teen knie op ‘n bank gesit en was diep ontroer deur die boodskap. Hulle was sendelinge van regoor die wêreld en hul fassinerende verhale het getuig van ‘n behoefte om die evangelie te bevorder op ‘n manier wat ons binneste vasgevang het. Nadat ons nie meer die dringendheid in ons harte kon verduur nie, het ons met ‘n gang afgestap, op ons knieë neergeval en met ons hande inmekaar gestrengel, gefluister: “Here, as dit U wil is, stuur ons.” En ons het elke woord daarvan bedoel.

En toe het Hy nie.

Met tyd sou die diepe drang om deel van iets “groots” vir God te wees, kom en gaan, maar ons rustelose harte het tevrede geword namate ons besluit het om meer in ons plaaslike kerk te dien. Dit was vir ons heerlik om verskillende rolle te aanvaar, aan te vul en deel te wees van ‘n groep. Ons bydraes was nie besonders nie, maar ons was gewillig, en dit het goed gevoel om nuttig te wees vir God.

En toe kom die twee babas soos ‘n warrelwind.

En hier het ek in die kombuis gesit, met twee huilende babas op my skoot en verlang na die dae toe ek regtig nuttig gevoel het vir God. Tog, ek het hierdie babas liefgehad met alles in my. Ek het gebid vir hulle. Gesmag na hulle. Vir God keer op keer dankie gesê vir hulle. Maar as ek nie eens alleen kon badkamer toe gaan nie, hoe sou ek ooit kon begin om ‘n verskil te maak vir die Koninkryk?

En in die proses wat ek gewag het om vir God groot te kon wees, het ek ‘n miljoen klein geleenthede gemis om Sy groot Naam te eer reg hier in my eie huis.

Jy sien, “‘n tyd soos hierdie” sluit nie net die groot dinge in nie. O ja, daar kan ‘n paar groot, gewaagde, opwindende, riskante God-geleenthede wees waarvoor Hy jou oproep. Moenie dit mis nie.

Maar daagliks roep God ons tot die hier en nou.

Waar is jy? Dis nie ‘n fout nie. En waaruit jou hier en nou ookal bestaan, belowe ek jou dat, as jy stop en ‘n oomblik neem om rond te kyk, jy baie koninkrykswerk sal kry om te doen. Daardie kosbare geslag klein mensies reg voor jou gesig? Hulle is môre se kerk. Jou buurman oorkant die straat en jou kollega by jou werk? Jy mag die enigste Jesus wees wat hulle ooit sien. Daardie ete wat jy gemaak het, die nota wat jy gestuur het, die tjek wat jy uitgeskryf het, die gebed wat jy gebid het? Miskien het jy net iemand geïnspireer om God baie lief te hê met hulle lewens.

Net omdat jy besluit het om “ja” te sê vir die hier en nou.

Baie mense wil “groot” dinge vir God doen, maar daar is edelheid daarin om in die rustige, nederige, konsekwente, onsigbare plekke te woon waar niemand behalwe God sien nie. Hy verheug Homself in diegene wat getrou is in die klein dingetjies, omdat Hy weet dat hulle ook met die groot dinge vertrou kan word as die tyd reg is. In die hier en nou, is God doelbewus aan die werk en besig om voor te berei en te verfyn op maniere wat ek en jy nie kan sien nie. Hy het dit vir Ester gedoen, en hy doen dit vandag nog.

“Vir ‘n tyd soos hierdie.”

“Selfs hierdie, Here?”

“Ja, my kind, selfs hierdie.”

So, ek het toe nooit ‘n sendeling oorsee geword nie en ek kan nie klavier speel om my lewe te red nie, maar daar is hierdie geesdriftige klein dogtertjie in my huis wat elke dag meer en meer vir Jesus lief word …

En die klein dingetjies blyk toe glad nie so klein te wees nie.

“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar…” ~ Lukas 16:10

“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” ~ Ester 4:14

By Sy Voete,

 

c

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s