‘n Leeftyd van studie

‘n Leeftyd van studie

Deur Jen / 21 Februarie 2020 / Nader tot God

Ons het aan die einde van ons studie gekom. Ek bid dat hierdie studie ‘n begeerte en opgewondenheid in ons wakker gemaak het om diep in God se Woord te delf en om te groei in ons kennis van ons Verlosser.

Ons is geseënd met toegang tot so baie gratis hulpbronne soos boeke, kommentare en preke wat ons in ons studies kan help. Kom ons maak die meeste van hierdie geskenke.

Hier is ‘n paar dinge om te onthou:

Begin altyd met jou eie waarnemings. Gebruik die vrae wat jy vroeër in die studie geleer het om jou te help om soveel moontlike inligting uit jou Skrifgedeeltes te kry. Dit mag selfs help om daardie vrae neer te skryf en in jou Bybel te hou, sodat jy daarna kan terugverwys, totdat dit tweede natuur word.

Wanneer dit kom by die bestudering van ons Bybels, moet ons onthou dat die Skrifgedeelte een bedoelde betekenis het, maar baie toepassings. Dit is ons verantwoordelikheid om daardie betekenis tot die beste van ons vermoë te vind. Dit is hoekom die bestudering van God se Woord harde werk kan wees.

“Ek bestudeer my Bybel soos ek appels bymekaarmaak. Ek skud eers die hele boom sodat die rypste appels afval. Dan skud ek elke tak en wanneer ek elke tak geskud het, skud ek elke lootjie. Dan kyk ek onder elke blaar… Staan stil by elke vers in die Bybel en skud as’t ware elke tak daarvan, sodat, indien moontlik, vrugte ten minste kan afval.” – Martin Luther

Wanneer ons soveel as moontlik waarnemings as wat ons kan neergeskryf het, die werk van interpretasie gedoen het, ‘n paar kommentare ondersoek het en die betekenis van die Skrifgedeeltes met ander gelowiges bespreek het, kan ons maniere vind om dít wat ons geleer het, toe te pas op ons omstandighede en ons wêreld. Om die Bybel te bestudeer moet ons nie net vul met meer inligting nie, maar dit moet ook lei tot ons transformasie. Ons moet dít wat ons leer, in ons lewens toepas.

Jerry Bridges skryf, “Soos ons die Skrif ondersoek, moet ons dit toelaat om ons te ondersoek, en ons moet sit in die oordeel op ons karakter en optrede.”

Die Woord van God is ‘n skat, maar ons sien dit nie altyd as sulks nie. Hoe verander ons ons denke? Hoe kan ons meer waarde daaraan heg as aan enige van ons ander besittings? Dit gebeur hoe meer ons daarmee interaksie het. Hoe meer jy dit lees, bestudeer, daaroor skryf, dit bid en memoriseer, hoe meer sal jy dit waardeer en die waarde daarvan raaksien.

Hier is ‘n lys van Bybelstudiehulpbronne wat ons span waardevol en behulpsaam vind in ons bestudering van God se Woord. Sommige van hierdie is gratis en sommige is beskikbaar van Amazon of ander boekverkopers.

Kommentare en ander hulpbronne:

Meeste van ons ken mekaar nie, ons woon reg oor die wêreld, ervaar verskillende kulture en praat verskillende tale, maar ons het almal soortgelyke probleme en worstelinge. Ons ken mekaar nie nou nie, maar ons sal eendag die ewigheid saam deurbring. Kom ons bid vir mekaar, dat ons die Woord van God meer as enige ander boek op aarde sal liefhê, en deur dit, die God van die Woord.

Met my oë op Jesus,

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s