Die Dood Het Gesterf

Die Dood Het Gesterf

Deur Jen / 11 Maart 2020 / Opgestaan

As ‘n klein dogtertjie was ek lief daarvoor om ‘n spoggerige Paasfeesrok, ‘n hoed met linte en wit skoene wat net soos hoë hakskoene geklink het wanneer ek stap, aan te trek. Ek was meer opgewonde oor daardie pragtige klere en die Paassjokolades, as wat ek opgewonde was oor die opstanding van Jesus. Ek het geglo dat Jesus uit die dood opgestaan het, maar die werklike belangrikheid daarvan het my ontwyk.

Selfs nou as ‘n volwassene is dit moeilik om diepe opgewondenheid en verwondering tydens die Paasseisoen te ervaar. Miskien voel jy dieselfde. Baie van ons is so vertroud met die Paasfeesverhaal dat dit ons nie meer aanraak nie. Bekendheid het miskien nie minagting in ons gekweek nie, maar dit het dalk verveeldheid gebring.

Ons moet berou hê oor die belangeloosheid wat ons in ons harte laat insluip het en die Here vra om ons ontsag vir sy verlossingswerk te laat herleef, veral ‘n verwondering oor sy opstanding.

Die Dood Het Deur Een Man Gekom.

Toe Adam gesondig het, het sonde die wêreld binnegekom. Aangesien Adam die eerste mens was, erf ons almal ‘n sondige natuur deur ons menslikheid. Ons sondig van nature. Ons hoef nie geleer te word hoe om selfsugtig te wees nie. Aan die ander kant moet geregtigheid geleer en geoefen word. Ons roep met die woorde van Paulus in Romeine uit, “want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.” (Rom. 7:15)

Ek kan met sy frustrasie identifiseer. Wat van jou? Ek ken soveel keer die regte aksie, maar neem dit nie. Miskien is ek veronderstel om geduldig te wees, vriendelik te praat of onbaatsugtig op te tree, maar dan doen ek die ding wat ek weet ek nie moes doen nie. Dit is die gevolg van sonde, en die gevolg van sonde is die dood (Rom. 6:23)

Een Man Het Die Dood Oorwin.

Jesus het die straf vir ons sondes aan die kruis geneem, maar deur sy opstanding het Hy die vloek van die dood oorwin. Sy opstanding is ‘n belofte aan diegene wat deur geloof met Hom verenig is. Dit is ‘n belofte dat ons ook uit die dood sal opstaan:

“Dood, waar is jou oorwinning?

 Dood, waar is jou angel?”

 1 Kor. 15:55

 Die angel van die dood is vir die Christen verwyder weens Christus se opstanding. Sal ons ‘n liggaamlike dood ervaar? Waarskynlik, tensy die Here voor daardie tyd kom, maar ons is belowe dat die dood ons nie kan vashou nie. Ons sal ‘n nuwe liggaam kry en vir ewig saam met ons God en Verlosser leef. Dit is slegs moontlik omdat Jesus die mag van die dood deur sy opstanding oorwin het.

Die goeie nuus van Jesus se opstanding is dat dit ons nie net in die toekoms nie, maar ook vandag, bevoordeel. Ons kan die sonde oorkom omdat ons so ‘n kragtige God aan ons kant het, wat namens ons werk. Jesus is magtiger as die dood en Hy kan ons sekerlik help om enige iets in hierdie lewe en in die toekomstige lewe te oorkom. Prys die Here dat die graf leeg is.

Met my oë op Jesus,

 

 

 

One thought on “Die Dood Het Gesterf

  1. Dankie, dankie Jesus Christus, dat U aan die kruis betaal het vir my sonde. ‘n Baie groter dankie dat U uit die dood opgestaan het en so die dood oorwin het. U is ons Wonderbare Koning, Vredevors en Lewende God. Amen.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s