Hulp van God

Hulp van God

Deur Kelli / 18 Maart 2020 / Opgestaan

“Omdat God my tot vandag toe bewaar het, staan ek hier as sy getuie voor klein en groot. Ek verkondig maar net waarvan die profete en Moses gepraat het: Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.” Handelinge 26:22-23

Paulus is baie duidelik oor wie sy Verdediger is en waar sy hulp vandaan kom. Dieselfde God wat Paulus eer gegee het omdat hy hom gehelp het, is dieselfde God wat Jesus te midde van sy lyding gehelp het. God het altyd omgesien na ons beste belang (Romeine 8:28). Kan jy ‘n tyd onthou wanneer die hulp wat jy benodig het, of die hulp waarvoor jy desperaat gebid het, anders gelyk het as wat jy gedink het?

Tydens Paulus se gevangenisstraf het hy inderdaad hulp van God ontvang, alhoewel hy nie destyds uit die tronk vrygelaat is nie. Paulus het egter geleenthede gekry om met die mense rondom hom te deel wie God is en wat Hy in sy lewe gedoen het. Paulus het wonderwerke sien gebeur en kettings voor sy oë sien breek.

Ek is nie seker of daar iets erger is as om deur ‘n vriend verraai te word nie. Verraad is een van die pynlikste dinge wat jy kan beleef, veral as jy alreeds aan eenkant gesit is, verlaat of weggegooi is. Ek praat hier uit persoonlike ervaring en wil hierdie oomblik gebruik om te sê dat ek so jammer is as jy jouself ooit op hierdie plek bevind het. Dit is seer, ek weet.

Ongelukkig is verraad nie iets nuuts in ons vriendskappe vandag nie. Ons sien dit dwarsdeur die Bybel.

Jesus was baie vertroud met verraad en pyn. Toe Hy sy naaste vriende vra om vir Hom te bid, het hulle aan die slaap geraak. Nie een keer nie, nie twee keer nie, maar drie afsonderlike kere (Matteus 26:36-46). Ek kan my net voorstel hoe seer sy hart was, omdat Hy alreeds gepynig was oor sy vinnig naderende kruisiging. Hy het die gewig van die wêreld op sy skouers gehad.

Tydens Jesus se eie pyn was hy vasberade om gehoorsaam te wees aan sy Vader en aan die plan, wat die enigste manier sou wees vir ons om die Ewige Lewe te ervaar.

Jesus doen miskien nie presies wat ons wil hê Hy moet doen nie, maar dit beteken nie dat Hy agter die stuur aan die slaap is nie. Hy is lewendig, waaksaam en bewus van alle situasies, alle mense en alle dinge. Daar is situasies in ons lewe wat as dood beskou kan word, maar wat nou, slegs as gevolg van Jesus, opgewek word tot ‘n nuwe lewe.

Selfs as die lewe nie lyk soos ons gedink het nie, is God steeds goed.

Sy Woord is nog steeds waar.

Hy sal jou gemors inderdaad in ‘n boodskap verander.

Niks word gemors nie.

Wanneer jy verraai of oor en oor seergemaak word, moet jy weet dat Jesus nog steeds daar is, en oor jou lewe waghou.

Aangesien ek ‘n dekade van smart, dood, teleurstelling en verraad beleef het, skryf ek om vandag vir jou te sê dat God altyd vir my opgedaag het. Op daardie dae dat ek gedink het my lewe is verby, het ek my gunsteling aanbiddingsliedere ekstra hard aangesit en het ek my weg uit die put, aanbid. Ek daag jou uit om dieselfde te doen en te kyk hoe God opdaag en jou beproewing verander in ‘n getuienis om ander na Christus te wys.

God is nie net besig om te herstel nie, maar Hy is ons redding en ons opgestane Koning!

Kelli Trontel

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s