Ons Is In ‘n Oorlog

Ons is in ‘n oorlog

Deur Angela / 6 Mei 2020 / Vrees en Angs

Het jy al ooit die boek The Screwtape Letters, deur C.S. Lewis gelees? As jy dit nog nie gelees het nie, moet jy beslis. Dit is een van my gunsteling boeke.

In hierdie fiksie verhaal, bring C. S. Lewis die donker geestelike stryd aan die lig wat elkeen van ons daagliks ervaar, deur middel van sy karakters, Screwtape en sy neef Wormwood. Screwtape skryf 31 briewe aan Wormwood, en gee hom raad oor die baie verskillende maniere om mense te verlei en hulle te weerhou daarvan om Christene te word.

Maak nie saak of ons nie daaroor wil praat of selfs daaroor wil dink nie, ons is elke liewe dag in ‘n stryd, en The Screwtape Letters bring dit aan die lig. Dit trek die geestelike “gordyn” weg en laat ons toe om die onsigbare stryd te sien wat oral rondom ons woed.

  • Goed teen kwaad
  • Vryheid teen vrees
  • God se Waarheid teen Satan se Leuens

Hierdie stryd woed al van die begin van tyd af en dit gaan elke dag voort, maar liewe vriendin, moenie vir een sekonde moed verloor nie. Op die dae wat jy voel asof jy verdrink in golwe van vrees, onthou dat Jesus aan die kruis gesterf het en sy dood het jou oorwinning oor jou vyand verseker! As gevolg van Jesus is jy nie langer ‘n slagoffer van jou vrese nie, maar ‘n oorwinnaar!

In 1 Petrus 5, waarsku Petrus ons om nugter en wakker te wees. Wakker om te veg. Om nie in vrees daarvoor te leef nie, maar om te erken dat dit bestaan. Die duiwel word beskryf as ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hierdie beskrywing word aan ons gegee om ons te waarsku teen die gevaar en die rede te gee hoekom ons ons lewens waaksaam en met selfbeheersing moet leef.

Om hierdie geestelike stryd te herken is die eerste stap tot oorwinning.

Jou volgende stap is met gebed en God se Woord.

In Matteus 4 sien ons hoe Satan Jesus aanval met versoekings. Ons leer ‘n kragtige les oor hierdie stryd, wanneer ons sien hoe Jesus terugveg. Satan bring versoeking op versoeking voor Jesus en tog veg Jesus altyd terug met die Waarheid – met God se Woord. En ons moet dit ook doen.

Vriende, het ons die krag van God se Woord vergeet? Dit is deur gebed en God se Woord dat ons hierdie stryd kan wen, deur ons gedagtes terug te fokus op die Waarheid, terug op die Woord, terug op Jesus.

Jesus het nie aan die kruis gesterf vir ons om ons lewens in vrees te leef nie… maar om dit in vryheid te leef!

Hy het ons die instrumente gegee om ons stryd te veg deur die krag van die Heilige Gees en sy lewende Woord! Maar ons moet besef dat ons in ‘n stryd is, sodat ons ons aanvalle kan beveg! Daar is ‘n balans tussen om ons lewens te leef, bewus van Satan se aanvalle, en nogtans te kies om nie in vrees te leef nie. Ons weet dat Hy wat in ons is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4)! Vriendin, jy is nie alleen in jou stryd nie, nie vir een oomblik nie. God is altyd met jou!

En onthou, Satan en God is nie gelykes nie. Satan is beperk terwyl God onbeperk is.

Volgende keer as jy jouself in ‘n stryd bevind, doen die volgende:

  1. Wees eerlik en erken dat jy in ‘n stryd is – noem dit wat dit is. Deur dit te noem, neem jy die krag daarvan weg.
  2. Bid en vra God vir hulp. Wees eerlik in jou gebed. God is gretig om te help.
  3. Lees God se Woord vir krag, insig en wysheid. God praat met ons deur Sy Woord. Lees en onthou Sy beloftes aan jou.
  4. Loof en aanbid Hom te midde van jou storm. Jou omstandighede mag dalk nie verander nie, maar jou fokus kan verander. Ons God is groter as enige storm wat ons in die gesig mag staar.

“In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Johannes 16:33

Vriende, moet nooit vergeet dat ons ‘n opgestane Koning dien wat vir ons onthalwe geveg het en oorwin het! Hy het die wêreld oorwin!

Hoe het jy God sien werk in jou lewe om jou te help om oorwinning oor ‘n sekere stryd te bereik?

Hê God Groots Lief!

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s