God Van Krag

God van krag

Deur Jen / 15 Mei 2020 / Vrees en Angs

Ek is ‘n kampioen kwelgees. Van kleintyd af het ek altyd gewonder: “Wat as …” Deur God se genade het ek geleer om meeste daarvan te oorkom. Die versoeking om bang te wees en in voortdurende kommer te leef, is ‘n stryd waarmee ons almal gaan sukkel totdat Christus kom, of ons na Hom toe gaan. Wanneer hierdie monster sy kop uitsteek, moet ons gewillig en bereid wees om dit te vermorsel. Ons doen dit deur onsself te bewapen met die waarheid wat uit God se Woord kom: die waarheid oor God se karakter, waartoe Hy in staat is, wat Hy belowe het om vir ons te doen, en die offer van ons Verlosser. Al hierdie dinge sal begin om die monster wat ons slapelose nagte, knope in ons mae gee en wat ons gedagtes op loop sit, te versmoor.

Die boek Psalms is ‘n goeie boek om te lees wanneer ons bang of oorweldig voel. Oor en oor sien ons hoe Dawid en sommige van die ander skrywers hulle vrese en bekommernisse uitstort net om te besef dat, omdat hulle die Here het, hulle geen rede het om te vrees nie.

Een van die redes waarom ons nie deur vrees en bekommernis oorkom hoef te word nie, is omdat God ons krag is. Charles Spurgeon het gesê as die Alomteenwoordige Een jou wag is, het jy geen rede het om bang te wees nie. Wat kan oor jou kom waarmee Hy jou nie kan help nie?

Om ons te help om ons vrees teen te staan, moet ons onsself daaraan herinner hoe God ons krag is.

God is ons krag omdat Hy ons vyande verslaan.

God weet dat ons swak is, soos stof wat maklik rondgeblaas word. Ons het nie die nodige krag om ons vyande te verslaan nie, want ons vyande is magtig en ons word gou moeg. Maar ons God het krag wat selfs die sterkste versoeking en die mees gewaagde vyand oorskry, selfs ons mees oorweldigendste vrese.

Die Here het belowe om ons hulp te wees en om sy kinders se vyande te vernietig.

“Vernietig in u trou my vyande, laat al my teëstanders omkom, want ek is u dienaar.”

Psalm 143:12

In plaas daarvan om toe te laat dat vrees en bekommernis ons verlam, moet ons agter ons Verlosser skuil en rus in die wete dat Sy krag ongeëwenaard is en vir ons werk.

“Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”

Eksodus 14:14

God is ons krag omdat Hy nooit moeg word nie.

Die Here misluk nooit in dit wat Hy wil doen nie (Job 42:2; Jesaja 43:13; 2 Kronieke 20:6). Hy word nooit moeg nie en sy krag, in teenstelling met ons s’n, word nooit klaar nie.

Daar is tye wanneer dit voel asof hierdie goddelike krag ver van ons is, nie waar nie? Of dat dit “nie werk nie.” Ek glo dit is omdat ons gedurende daardie tye op ons eie krag staatmaak in plaas van God s’n. Ons kan dalk vir hulp vra, maar probeer dit ook op ons eie doen. Maar onthou, God sê dat sy krag juis tot volle werking kom wanneer jy swak is (2 Korintiërs 12: 9).

God se krag beskerm jou siel, sodat geen kwaad ooit daar naby kom nie. Dit gee jou die moed om op te staan onder die verdrukkinge wat oor jou pad kom. Dit is wat jou krag gee om een voet voor die ander te plaas wanneer jy in die middel van ‘n woedende storm is. Die krag van God gee jou die vasberadenheid om nie in te gee vir versoekings nie, maar die vermoë om hulle met selfvertroue te oorwin. En dit is Sy krag wat jou sondes neem en dit in die diepste dele van die see werp om jou nooit weer te veroordeel nie.

“Hy is die krag van my lewe, nie net die beskermer van my ontblote lewe nie, wat my weerhou daarvan om te sneuwel nie, maar die krag van my brose, swak lewe, wat my daarvan weerhou om moed te verloor, te sink en te weg te kwyn.” Charles Spurgeon

Kyk na Jesus,

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s