Verdruk of Meer as ‘n Oorwinnaar?

Verdruk of Meer as ‘n Oorwinnaar?

Deur Amanda / 20 Mei 2020 / Vrees en Angs

Die toestand van die verdrukte persoon word baie in boeke, flieks en in ons alledaagse lewe gevind. Miskien het jy al voorheen soos die verdrukte gevoel, of jy ken iemand anders wat uitgeput, oorweldig, moeg, klein, nutteloos of alleen voel. Dan bring die lewe jou ‘n beslissende oomblik om jou te herinner wie jy is – ‘n Dawid en Goliat oomblik. Maar hoe skraap jy moed bymekaar wanneer jy dit nodig het… as dit nie in jou is nie?

In 1 Samuel 17, was al die Israeliete doodbang vir ‘n soldaat met die naam Goliat. “Daar was ‘n bronshelm op sy kop, en hy het ‘n harnas met skubbe aangehad. Die gewig van die harnas was sewe en vyftig kilogram. Daar was bronsskerms voor sy bene en tussen sy wapens was daar ‘n bronsswaard. Die steel van sy spies was so dik soos die dwarsbalk van ‘n weefstoel, en die ysterlem daarvan was sewe kilogram. Sy skilddraer het voor hom uit geloop.”

Dawid het amper niks gehad nie. Hy het geen wapenrusting gedra nie, geen begeleier gehad nie, geen spies of bronsskerms gehad nie, en ook geen gewigtige reputasie gehad nie. Selfs sy eie familie het nie in hom geglo nie. Dawid het gelyk of hy nie opgewasse teen Goliat kon wees nie, maar Goliat is nie opgewasse teen God nie.

Gaan jy nou deur iets soortgelyk? Voel jy dat jy moet opstaan vir iets in jou lewe, maar jy voel so alleen en so bang? Voel dit asof almal teen jou is? Ek was al daar, my vriendin. Wanneer dit seermaak om te dink dat almal teen my is, dan moet ek net die Een wat vir my is, onthou.

Voordat Dawid uitgegaan het voor die Israeliete om Goliat te nader, het hy geweet dat hy aan God behoort.

“Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hy sal my red uit die mag van hierdie Filistyn.” (1 Samuel 17:37)

Jy mag dalk soos ‘n verdrukte persoon, ‘n mislukking of ‘n verlore saak vir ander voel, maar God is die Een wat jou geskape het, en Hy is die enigste Een wat kan sê wie jy werklik is.

Jy is nie ‘n verdrukte as jy onder God leef nie. Wees soos Dawid wat getrou gewerk het in die versteekte plekke, om God eendag bekend te maak in jou publieke, beslissende oomblikke.

In sy beslissende oomblik, het Dawid deurgedruk deur die beledigings en verby die aantygings, om alleen te staan en Goliat aan te vat, “Jy kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.” (1 Samuel 17:45) Toe het hy met dapperheid wat in God gevestig was en ‘n enkele, gladde klip, ‘n beesagtige man van brons verslaan.

Wanneer jy die drang voel om na heiligheid in jou lewe te beweeg, weet dat die Heilige Een die een is wat jou aanpor. Hy wil jou voorberei in die stil oomblikke sodat jy ook weet hoe om te staan in die moeiliker oomblikke.

“Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Deuteronomium 31:6

God is altyd met jou en wil altyd hê dat jy nader na Hom toe moet kom! Jy verkry moed en wysheid deur God se Woord te lees en dit toe te laat om jou van binne af te verander. Liewe vriende, moenie stop nie! Hou aan! Hou aan om God te vra om jou te vul met Sy sterkte en Sy krag, sodat wanneer jy jouself in die oomblik bevind waar jy jou vrese in die gesig moet staar, jy reeds lank voor die stryd, jou waarde in Hom gevestig het. Jy is nie alleen nie. En dan sal jy die oorwinning besef wat kom wanneer jy ‘n lewe wat jy in vrees leef as die verdrukte, verwerp, en die vryheid opeis om te leef as meer as ‘n oorwinnaar onder God.

Alles vir Sy Glorie,

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s