Gekose

Gekose

Deur Crystal / 1 Maart 2021 / Markus

Vandag se verse gee aan ons ‘n antwoord op een van die vrae wat gereeld in die boek van Markus gevind word, naamlik “Wie is Jesus?” Oppad huis toe, nadat Jesus die twaalf dissipels aangestel het, het die skrifgeleerdes om Hom saamgedrom en daardie vraag probeer antwoord deur te beweer dat Jesus net ‘n gewone mens was wat deur demone in besit geneem was. In Sy eie geboortedorp, omring deur die mense wat veronderstel was om Hom te ken, was Jesus uitgedaag en misken en dit terwyl die demone wat hy uitgedryf het, geweet het wie Hy was en Hom die Seun van God genoem het.

Ek is al veertien jaar getroud met my hoërskoolliefde, en deur die loop van twee dekades wat ons saam is, het hy my gesien verander, groei, meer volwasse word, faal, sukses behaal en hoe ek my grys hare begin aanvaar. Hy het meer in my gesien as wat ek ooit voor kon gehoop het, en as enige iemand weet wie ek is – wie ek werklik is – dan is dit hy.

Hy weet ook hoe moeilik dit vir my is wanneer ek saam met my familie of vriende is wat my steeds sien soos toe ek 15 jaar gelede was. Hulle persepsie van die persoon wat ek is – my motiverings, dinge waarvan ek hou, dinge wat ek haat, vermoëns en selfs persoonlikheid – is gesetel in die realiteit van wie ek WAS, nie wie ek nou is nie.

Die mense wat rondom Jesus vergader het, mag geweet het van Hom, maar hulle het Hom nie geken nie. Hulle het gesien wat hulle wou sien, ‘n realiteit en ‘n persepsie wat deur vrees verblind is. Vrees vir dit wat hulle nie kon verduidelik nie en vrees vir dit wat hulle kon verloor – beheer, mag en gemak.

Wie is Jesus?  Hy is ‘n geneser, bevryder, vriend, onderwyser, prediker, Seun van God en Seun van die mens. Jesus is die grootste geskenk en die ewige verbond. Hy is die een wat kyk na jou en my en alles sien wat ons was en alles wat ons sal wees en steeds sê Hy: “Ek kies jou om my familie te wees.”

“Maar Hy sê vir hulle: “Wie is my moeder en my broers?”  Hy het die mense aangekyk wat in ‘n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers!   Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.” (Markus 3:34-35)

In ‘n skare van mense, het Jesus familie gesien.

Kom nader aan Jesus, vriend.  Kies om baie nader te leun, maak jou gemaklik in jou plekkie in die kring by die voete van jou Verlosser en maak dit vas in jou hart dat jy daar welkom is. Wanneer jy ongeliefd of misverstaan voel, sien Hy jou. En hoe nader jy aan Hom kom, hoe meer leer en glo  jy oor Hom; jy sal ontdek wie Jesus is: die Een wat nie net ons Redder is nie, maar ook die Een wat ons Syne noem.

Crystal

Week 2 Uitdaging:

Hoe is die toneel in Markus 4:35-41 soortgelyk aan die storm in Jona 1? Lees Matteus 12:38-42. Watter ander ooreenkomste sien jy in Jesus se lewe en die verhaal van Jona?

Week 2 Leesplan:

Week 2 Memoriseervers:

2 thoughts on “Gekose

  1. 1 Maart 2021. Hierdie verse oor wie Jesus se broers en susters en Sy antwoord het ek die naweek ook gekry. Baie dankie Here vir U bevestiging. U is getrou.

    Liked by 1 person

Leave a Reply