Hoe Dit Werk

Hoe Dit Werk

Hoe werk Love God Greatly-Afrikaans Bybelstudies?

Love God Greatly bestaan om vrouens oor die hele wêreld te inspireer, aan te moedig en toe te rus om in God se Woord te kom. So eenvoudig soos dit!

Ons gebed is dat LGG:

… Vrouens sal INSPIREER om God se Woord ‘n prioriteit in hulle daaglikse lewens te maak.

… Vrouens sal AANMOEDIG in hulle daaglikse wandel met God, deur aanlyn aanspreeklikheid.

… Vrouens sal TOERUS om te groei in hulle geloof, sodat hulle dié mense in hulle invloedskring effektief kan bereik vir Christus.

Ons glo dat God se Woord kragtig, effektief en toepaslik is in die daaglikse lewe. As gevolg daarvan het ons ‘n passie om dissipels te maak … vrouens wat God se Woord in aksie sit in hul lewens!

Hoe moedig Love God Greatly vrouens aan om in God se Woord te kom?

Love God Greatly bestaan uit groepe van Christen vrouens wat verskillende tipes tegnologie (sosiale media, e-posse, Facebook, twitter of sms) gebruik om mekaar aanspreeklik te hou vir hulle stiltetyd.

Ons het hulp nodig om in God se Woord te kom en om dit op ‘n gereelde basis te doen. Die lewe is besig. Ons word maklik afgelei. Toewyding is moeilik. Aanspreeklikheid is die antwoord.

Hoe kan JY deel word van die Love God Greatly-Afrikaans gemeenskap?

Nader ‘n groep vrouens saam met wie jy aanspreeklik kan wees. Jy kan jou eie groep vorm met persoonlike vriende of familie, of jy kan aansluit by die gevestigde groep, Love God Greatly-Afrikaans. Indien jy ‘n groep wil begin, kan jy vir my ‘n privaat boodskap stuur by ons Facebook groep, Love God Greatly-Afrikaans, en dan sal ek jou help om die groep te vorm. Wat wonderlik is van aanspreeklikheid deur tegnologie, is dat jou Love God Greatly-Afrikaans groepslede in jou eie dorp of stad kan woon, of aan die ander kant van die wêreld, of enige plek tussenin. Jy kan kies watter tipe kommunikasie metode die beste vir jou groep werk. As jy belangstel om by ons aan te sluit, maak seker om te registreer vir elke huidige studie. Ons wil graag weet wie by ons aansluit vir elke sessie!

Julle is welkom om enige van ons studies te doen, maar meeste mense doen gewoonlik die studie wat Love God Greatly-Afrikaans aanbied vir elke sessie.  LGG bied GRATIS aanlyn hulpbronne vir ons Bybelstudies, reg deur die jaar, volledig met:

  • gespesialiseerde leesplanne
  • interaktiewe studiegidse
  • weeklikse videos, memoriseerverse, uitdagings en meer!
  • aanlyn aanmoediging deur die LGG blog en LGG op sosiale media.

Volg ons blog LoveGodGreatly-Afrikaans om toegang tot ons GRATIS studiemateriaal te ontvang.

Kommunikeer met jou LGG groep. Nadat jy jouself verbind het aan ‘n studie, en/of ‘n groep gevorm het, is jy gereed om van Maandag tot Vrydag elke week met jou groep kontak te hê! Jy sal die Bybelverse wat vir elke dag aangedui is, lees en dan eenvoudig ‘n boodskap vir jou groep stuur en deel wat jy geleer het in die verse van die dag. Jy sal die gemeenskap en aanspreeklikheid, wat alles draai om God se Woord, geniet.

Die DOEL is om elke dag in God se Woord te wees!

Love God Greatly-Afrikaans: Inspireer. Aanmoedig. Toerus.

En JY word uitgenooi!! Ons sal graag wil hê dat jy by ons aansluit, en ons vra biddend vir God om elkeen van ons te verander, soos ons onsself verdiep in sy Woord.

Het jy meer vrae? Besoek ons Algemene vrae afdeling.

 

Advertisements

6 thoughts on “Hoe Dit Werk”

  1. Hallo daar. My naam is Amelia Vermaak. Deur ‘n dame Denise Rigley van ons kerk in Australia Salvation Army het sy ‘n boodskap aan jou gestuur. Ek stel belang in di bybelstudie. Mar nog nuut met als. Soms sukkel ons met opvangs vd internet. Soo laat weet mar hoe dit werk. Groetnis Amelia

    Like

  2. Hallo daar aan almal by LGG. Toevallig het ek net op jul blad afgekom en ek glo dis die werk van die Heilige Gees.
    Twee jaar gelewe was ons 25 jarige seun wreedaardig vermoor deur n sindikaatgroep van 9 lede, ons kind was n lyfwag vir n maatskappy. Dit was 20 Feb 2014 en my moeder is een dag voor sy dood die 19e Feb 2016 begrawe en al die rou en seer wonde is weer oopgekrap.
    Ek wil net op LGG bemoedigende boodskapoe en bybelstudies saam met elkeen deurwerk om standvastig te bly in hierdie moeilike tyd. Ek wil nie self n blad of boodskappe plaas nie maar sal graag julle boodskappe ook aan ons familie en vriende wil deel sodat ons almal geestelike genesing kan kry in die vuurproef waardeur God ons vat.

    Like

  3. Terug pieng: Lief God Grootliks

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s