Word ‘n Fasiliteerder

Bible+Study+-+Women-2

Word ‘n Fasiliteerder

Baie dankie vir jou begeerte om saam met ons vrouens regoor die wêreld te help om in God se Woord te delf! Hierdie wonderlike werk waartoe God ons geroep het, kan nie volbring word sonder vroue soos JY wat jou tyd vrywillig gee om te help om ons groepe te lei nie. Jou rol is essensieel vir ons bediening en ons waardeer JOU! God beweeg op kragtige maniere deur Love God Greatly-Afrikaans en ons glo hierdie is net die begin. Dankie dat jy met ons saamstaan en dat ons saam ons nasies vir Christus kan bereik. Met ‘n mosterdsaadjie van geloof kan ons berge versit in Sy naam!

Wat is ‘n Love God Greatly-Afrikaans fasiliteerder? ‘n LGG fasiliteerder is ‘n vrou wat ‘n passie daarvoor het dat ander vroue die Woord van God vir hulself te lees. Sy is ‘n vrou wat weet hoe belangrik dit is om God se Woord nie net in ons gedagtes te hê nie… maar ook diep deurdrenk in ons harte.

Wat is sommige pligte van ‘n fasiliteerder?

  • ‘n Love God Greatly-Afrikaans fasiliteerder moet daagliks met haar groep kommunikeer deur die daaglikse verse te plaas op die tegnologie platform van die groep se keuse (soos Facebook, e-pos, SMS, ens).
  • Sy moet steun op God om haar te help om haar vrouens deur die hele studie deur aan te moedig.
  • Sy moet daagliks deel wat sy leer en so ‘n voorbeeld wees vir haar lede van die belangrikheid om te deel wat jy op ‘n daaglikse basis leer soos jy delf in God se Woord.
  • Sy moet bid vir haar lede en ander in haar groep aanmoedig om ook vir mekaar te bid.
  • Sy moet toepaslik openlik wees en haar groepslede aanmoedig om persoonlike vreugdes en worstelinge te deel in ‘n veilige plek.
  • Sy moet fasiliteer met liefde, nederigheid en deernis.
  • Sy moet haar groep lei vir die volle lengte van die studie.

Kry ‘n mede-fasiliteerder… Ons beveel aan dat elke LGG fasiliteerder saam met ‘n mede-fasiliteerder in haar groep werk. Hoekom? Omdat Jesus die dissipels in pare uitgestuur het, voel ons dat dit belangrik is om ‘n vennoot te hê wat saam met jou lei. Om ‘n mede-fasiliteerder te hê help met groepsinteraksie en bied ondersteuning wanneer dit nodig is.

Sodra jy geregistreer is as ‘n fasiliteerder, sal ons span seker maak dat jy al die ondersteuning en hulpbronne ontvang wat jy nodig het om ‘n groep suksesvol te lei.

Indien u belangstel om ‘n LLG fasiliteerder te word, stuur vir ons ‘n e-pos na liefgodgrootliks@gmail.com

 

 

 

Advertisements