TUISTE

Blog Banners

WELKOM BY ONS GEMEENSKAP

Dit is ons hartsbegeerte om gratis Bybelstudie-hulpbronne aan julle te voorsien, en om julle terselfdertyd te help om ‘n liefdevolle gemeenskap van vroue in julle taal op te bou of te vind.

WAT IS LOVE GOD GREATLY?

Love God Greatly is ‘n wêreldwye bediening wat vroue help om God groots lief te hê met hul lewens…  een Bybelstudie, een vertaling, een vrou op ‘n keer.

DIE HART VAN ONS BEDIENING

Die stigter van Love God Greatly, Angela Perritt, vertel van haar passie vir die bediening, en die uitstorting van God se liefde oor vroue oor die wêreld heen.

SLUIT AAN BY ONS GEMEENSKAP

Ons kom liefdevol saam en verenig vir hierdie doel… om God groots lief te hê met ons lewens…  Love God Greatly begin met ‘n eenvoudige Bybel leesplan, maar dit eindig nie daar nie. Sommige vroue komplaaslik in huise en kerke bymekaar, terwyl ander aanlyn met vroue van reg oor die wêreld bymekaarkom.

DIE BEHOEFTE

Ons wil jou uitnooi om meer betrokke te raak as om net die studies te doen.  Word ‘n vennoot en dra so by tot die vertaling van ons studies.

VERTALERS

Vroue wat kan help om ons studies, dagstukkies en blogs van Engels na Afrikaans te vertaal.

FASILITEERDERS

Wat is ‘n Love God Greatly-Afrikaans fasiliteerder? ‘n LGG fasiliteerder is ‘n vrou wat ‘n passie daarvoor het dat ander vroue die Woord van God vir hulself te lees. Sy is ‘n vrou  wat weet hoe belangrik dit is om God se Woord nie net in ons gedagtes te hê nie… maar ook diep deurdrenk in ons harte.

GRAFIESE ONTWERPERS

Weet jy hoe om Photoshop, Power Point of enige aanlyn grafiese program tegebruik om dienodige grafiese werk vir elke Bybelstudietedoen?

Indien jy belangstel om in enige van die bogenoemde areas te help,stuur asseblief ’n e-pos aan: lovegodgreatlyafrikaans@gmail.com

Panel 1

ONS VERHALE

Ons Verhale

LGG Afrikaans Getuienisse

Bianka, Suid-Afrika

Wat LGG vir my beteken is moeilik om in woorde te sit, omdat die gevoelens so oorweldigend is. Soos ek hier skryf rol die trane, want hierdie Bybelstudie het my lewe in Christus gered.

Toe my man my los vir n ander vrou was ek verpletter. Ek het gebid en elke Bybelstudie gelees wat ek my hande op kon neerlê, om te probeer sin maak van hierdie ontploffing in my lewe. Toe stuur God vir my n stukkie op Facebook wat uit ‘n Love God Greatly Afrikaans studie kom, en ek sien toe daar is n groepie om aan deel te wees en ons kon gebedsversoeke gee. Dit was presies waarna ek gesoek het! Velia het vir my begin bid saam met hoeveel ander en die Here se ingryping is duidelik sigbaar in elke asemteug wat ek neem.

Ek het aan die einde van Week 3 van die Beloftes van God studie begin, en dit op Facebook gevolg. Ek het die studie aanvanklik nie ten volle begryp nie, min wetend waarvoor SOAP staan. Toe ek die nuwe studie moes aflaai, het ek die ander studies se materiaal gesien. Die stukke op Facebook het reeds so baie gehelp dat ek die Verlosser en Beloftes van God se materiaal afgelaai het. Ek het gebid en gesmeek dat Hy asseblief moet ingryp en net vir my wys dat Hy daar is vir my. Dat ek nie te laat is nie. Dat Hy my nie ook verlaat het nie. Sy antwoord die volgende oggend was… Jesaja 41:10 “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My Eie hand red Ek jou.”

Hoeveel meer wil ek hê Hy moet dit vir my uitspel? My genesing het hier begin. Ek het na die Lewensredder gesoek en geswem en kop bo water probeer hou. Toe skep Hy my uit en aan Sy voete sit ek nou, vandag en vir elke dag wat ek nog op hierdie aarde sal hê. Maak nie saak of ek meeste van my studies in Engels doen nie, Afrikaans bly my moedertaal en is die Vader se Woord nie meer ingrypend as Hy met jou in jou moedertaal praat nie?

Martie, Suid Afrika

Die blote feit dat ek hierdie studies in Afrikaans kan lees beteken vir my ongelooflik baie. Dit beteken ek verstaan dit wat ek lees soveel beter. Baie van hierdie studies is in Engels, en omdat Engels nie my huistaal is nie, moet ek gereeld eers ’n woord of twee of drie gaan naslaan om te kyk wat dit beteken, om die ware betekenis van die stukkie ten volle te begryp en te verstaan.

Maar behalwe die taal, verryk hierdie dagstukkies en studies my lewe soveel. Ek leer baie van myself, ek doen introspeksie, sien waar doen ek verkeerd. Mens is so geneig om die heeltyd teen een ding vas te kyk en ’n ander aspek te verloor of mis te kyk – ek dink spesifiek aan die Jona studie.  Ek het altyd net gekyk na Jona wat nie luister na God nie en toe word hy gestraf. Maar vir die eerste keer het ek besef ek is ook maar ’n Jona, want ek wil ook nie luister nie. Ek het gesien hoe ek nie wil luister vir God nie. Dit nadat ek regtig introspeksie gedoen het.

Die ander lekker ding is om dit per e-pos te kry. Dit beteken, ek kan altyd weer teruggaan na ’n studie en weer iets gaan lees. Ek kan myself weer gaan herinner, ek is ’n vrou, God sien my raak, Hy sal my nooit los nie, Hy sien die trane, die swaarkry en bekommernisse, tog sorg Hy elke dag vir my! Ek het weer geleer om al my bekommernisse vir God te gee – Hy dra my bekommernissse beter as wat ek dit kan dra.  Ek het weer geleer wat dit beteken om nie bekommerd te wees oor die dag van more nie, dit is nie belowe nie, slegs God se liefde is belowe vir vandag en elke dag van die res van my lewe! Ek het geleer om net te lewe vir vandag. Maar bowenal het ek geleer, dit maak nie saak wat wie sê of dink nie, al wat saak maak is God!

Om in aanraking met die LGG Afrikaanse Tak te kom:

Ken jy iemand wat ons Love God Greatly studies in Afrikaans kan gebruik? Indien wel, vertel hulle van LGG Afrikaans en al die ongelooflike Bybelstudie hulpbronne wat ons voorsien om hulle toe te rus met God se Woord!!!

 

Panel 2

STUDIES

ONS STUDIE MATERIAAL

Oorwinning oor Beproewings

PETER-Afrikaans-FrontCover

Petrus Studie Joernaal

Petrus Leesplan

Petrus Kinder Joernaal

Lydenstyd

Afrikaans_LENT_FrontCover

Lydenstyd Studie Joernaal

Lydenstyd Kinder Joernaal

Lydenstyd Leesplan

Afgesonder – Leef Tot Eer Van God

Afrikaans_SET APART_FrontCover

Afgesonder Studie Joernaal-DL

Afgesonder. – Leesplan

Afgesonder – Kinder Joernaal

Die Beloofde Messias

Afrikaans_PROMISED MESSIAH_FrontCover

Die Beloofde Messiah – Studie Joernal DL

Die Beloofde Messiah – Leesplan

Die Beloofde Messiah – Kinder Joernal

Wapenrusting van God

Afrikaans-AOG-FrontCover

Wapenrusting van God – Studie Joernaal

Wapenrusting van God – Kinder Joernaal

Wapenrusting van God – Leesplan

Van Gebroke Na Herstel – Nehemia

Afrikaans_NEHEMIAH_FRONTCover

Leesplan – Van Gebroke Na Herstel – Nehemia

Studie Joernaal – Van Gebroke Na Herstel – Nehemia

Kinder Joernaal – Van Gebroke Na Herstel – Nehemia

Blywende Hoop

Afrikaans_HOPE_FrontCover

Blywende Hoop Kinder Joernaal

Blywende Hoop Leesplan

Blywende Hoop Studie Joernaal

Ons Is Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie

Afrikaans-MFC-FrontCover

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie – Studie Joernaal

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie. Leesplan

Nie Gmaak Om Alleen Te Wees Nie – Kinder Joernaal

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om – Die Evangelie van Lukas

Afrikaans-Luke-FrontCover

Lukas Kinderjoernaal

Lukas. Leesplan

Lukas. Studie Joernaal

Die Belangrikheid van Gebed

Prayer - AFRIKAANS - FrontCover

Belangrikheid van Gebed – Leesplan

Die Belangrikheid van Gebed – Kinder Joernaal

Die Belangrikheid van Gebed-DL

Die God Wat Herstel

TGWR-Afrikaans-FrontCover

Die God Wat Herstel – Kinder Joernaal

Die God Wat Herstel – Studie Joernal

Die God Wat Herstel. Leesplan

Kom, Here Jesus, Kom

ComeLordJesus-Afrikaans-FrontCover

Kom, Here Jesus, Kom – Kinderjoernaal

Kom, Here Jesus, Kom – Leesplan

Kom, Here Jesus, Kom – Studie Joernaal.DL

Kies God en nie die Wêreld nie – Leer uit die Lewens van Jakob en Josef

ChoosingGod-Afrikaans-FrontCover

Kies God en nie die Wêreld nie – Kinder Joernaal

Kies God en nie die Wêreld nie. Leesplan

Kies God en nie die Wêreld nie. Studie Joernaal

Volkome Oorgawe – God Se Hart Vir Sy Dogters

BeautifullySurrendered-Afrikaans-FRONTCover

Volkome Oorgawe Kinder Joernaal

Volkome Oorgawe Leesplan

Volkome Oorgawe Studie Joernaal

Vertrou God te Midde van Swaarkry

LAMENT-AFRIKAANS-FrontCOVER

Klaagliedere Kinder Studie Joernaal

Klaagliedere Leeesplan

Klaagliedere Studie Joernaal met fotos

Klaagliedere Studie Joernaal sonder fotos

Ons Sekuriteit vir die Ewigheid – Johannes

JOHN-AFRIKAANS-FrontCOVER

Ons Sekuriteit vir die Ewigheid – Studie Joernaal

Ons Sekuriteit vir die Ewigheid Kinder Joernaal

Ons Sekuriteit vir die Ewigheid Leesplan

Ons Sekuriteit vir die Ewigheid Studie Joernal-DL

Die Belangrikheid van Gebed

Prayer - AFRIKAANS - FrontCover

Belangrikheid van Gebed – Leesplan

Die Belangrikheid van Gebed – Kinder Joernaal

Die Belangrikheid van Gebed-CS

Die Belangrikheid van Gebed-DL

Die Grootste Geskenk

GreatestGift-FrontCover-AFRIKAANS

Die Grootste Geskenk – Kinder Joernaal

Die Grootste Geskenk Joernaal-DL

Die Grootste Geskenk Joernal-CS

Die Grootste Geskenk Leesplan

Geloof bo Volmaaktheid

AFRIKAANS_FRONTCOVER_ABRAHAM

Geloof bo Volmaaktheid – Kinder joernaal

Geloof bo Volmaaktheid – Leesplan

Geloof bo Volmaaktheid – Studie Joernaal-CS

Geloof bo Volmaaktheid – Studie Joernaal-DL

In Jesus Is Jy

AFRIKAANS - IDENTITY_FrontCover

In Jesus Is Jy – Kinder Joernaal

In Jesus is Jy – Leesplan

In Jesus Is Jy – Studie Joernaal-CS

In Jesus Is Jy – Studie Joernaal-DL

Vriendskap

Vriendskap Voorblad

Vriendskap-CS

Vriendskap-DL

Vriendskap Kinderjoernaal

Vriendskap Leesplan

In die Begin

InTheBeginning-AFRIKAANS-FrontCover

In die Begin Studie Joernaal-DL

In die Begin Studie Joernaal-CS

In die Begin Leesplan

In die Begin Kinder Joernaal

Die Evangelie van Markus

Die Evangelie van Markus – Kinder Studie Joernaal

Die Evangelie van Markus – Studie Joernaal

Die Evangelie van Markus Studie Joernaal-CS

Die Evangelie van Maruks – Leesplan

Verlos van Skande

Verlos van Skande – Kinder Joernaal

Verlos van Skande – Leesplan

Verlos van Skande – Studie Joernaal-CS

Verlos van Skande Studie Joernaal-DL

Ewige Verbond

Ewige Verbond Joernaal-DL

Ewige Verbond Kinder Joernal

Ewig Verbond Leesplan

Ewige Verbond. Joernaal -CS

Jesus Ons Alles

Jesus my Alles – Hebreers – Studie Joernaal-CS

Jesus My Alles – Hebreers Studie Joernaal-DL

Leesplan Jesus my Alles – Hebreers – 

Hebreers Jesus my Alles Kinder Joernaal

Ken die Liefde

Ken die Liefde-CS

Ken die Liefde-DL

Ken die Liefde Leesplan

Ken die Liefde – Kinder Joernaal

In Sy Krag, Gister en Vandag

In Sy Krag – Gister en Vandag – Studie Joernaal –

DL In Sy Krag – Gister en Vandag Studie Joernaal I

n Sy Krag – leesplan

In Sy Krag Kinder Joernaal

Opgestaan

Opgestaan Studie Joernaal

Opgestaan. Kinder Joernaal

Opgestaan. Leesplan

Opgestaan. Studie Joernaal. 1

Nader tot God

Nader Tot God Studiejoernaal 1

Nader Tot God Studiejoernaal

Nader tot God – Leesplan

Nader Tot God Kinderjoernaal

SALIGSPREKINGE

Studie Joernaal-DL

Studie Joernaal

Studie Joernaal – Kinders

Leesplan

ESTER

Ester – Kinder Joernaal

Ester – Leesplan

Ester – Studie Joernaal

WOORDE MAAK SAAK

Woorde Maak Saak – Studie Joernaal

Woorde Maak Saak – Leesplan

Woorde Maak Saak – Kinder Joernaal

JOSUA – WANDEL IN OORWINNING

Josua Studie Joernaal

Josua – Afrikaans-Leesplan

Josua-Afrikaans-Kinder Joernaal

MIGA


Miga Studie Joernaal

Miga Leesplan

Miga Kinder Joernaal

HOSEA – GETROUE LIEFDE


Hosea-Afrikaans – Joernaal-

Hosea-Afrikaans-Leesplan

Hosea-Afrikaans-Kinder Joernaal

WEES DAPPER

WEES DAPPER– Joernaal

WEES DAPPER – Leesplane

WEES DAPPER – Kinder Joernaal

VERLOSSER – DIE BELOFTE VERVUL

Verlosser – Studie Joernaal-DL

Verlosser – Studie Joernaal – Kinders

Verlosser – Leesplan

BELOFTES VAN GOD

Beloftes van God – Joernaal-DL

Beloftes van God Leesplan

Beloftes van God – Kinders

JONA

Jona Studie Joernaal-DL

Jona Leesplan

Jona – Kinder studie joernaal

RUT


Rut Studie Joernaal

Rut Leesplan

Rut-Afrikaans-Kinder Joernaal

WAARHEID OORWIN

Waarheid Oorwin – Leesplan

Waarheid Oorwin – Studie Joernaal

Waarheid Oorwin – Kinders Joernaal

1 & 2 TESSALONISENSE

1 & 2 Tessalonisense Leesplan

1 & 2 Tessalonisense Studie Joernaal

VREES EN ANGS

Vrees en Angs Leesplan

Vrees en Angs Studie Joernaal

JAKOBUS

Jakobus Leesplan

Jakobus Studie Joernaal

SY NAAM IS

Sy Naam Is Joernaal

Sy Naam Is Leesplan

FILIPPENSE

Filippense Joernaal_DL

Filippense_Leesplan

1 & 2 TIMOTEUS

1 & 2 Timoteus Joernaal

1 & 2 Timoteus Leesplan

TOEGEWY

Toegewy Studie Joernaal

Toegewy Leesplan

GEBROKE EN VERLOS

gebroke-verlos-leesplan

gebroke-verlos-studie-joernaal

WANDEL IN WYSHEID

wandel-in-wysheid-leesplan

wandel-in-wysheid-joernaal

GOD MET ONS

god-met-ons-afrikaans_dl

leesplan

JY IS VERGEWE

Jy is Vergewe – Boek en Journaal

Jy is Vergewe – Joernaal

Leesplan

DAWID

Dawid.Leesplan

Dawid.Studie Joernaal

PREDIKER

Prediker Studie Joernaal

Prediker Leesplan

GROEI DEUR GEBED

Groei Deur Gebed – Studie Journaal

Groei Deur Gebed – Leesplan

NAME VAN GOD

Afrikaans – Name van God Leesplan

Afrikaans – NOG Study Journal

GALASIËRS

Afrikaans – Galasiers Studiejoernaal

Afrikaans – Galasiers Leesplan

Memoriseer Vers Kaarte

PSALM 119

Psalm 119 Studie Gids

Psalm-119-Leesplan

Memoriseer Kaarte

GEMAAK VIR VERHOUDINGS

Gemaak vir verhoudings – Studiegids

Gemaak vir verhoudings Leesplan

ESTER

Ester Leesplan

Ester Studiegids

1 & 2 PETRUS

1 & 2 Peter Leesplan

1 & 2 Petrus Studiegids

BRON VAN DANKBAARHEID

Die Bron Van Dankbaarheid Leesplan

Die Bron Van Dankbaarheid

Panel 3

HOE DIT WERK

 

Hoe Dit Werk

Hoe werk Love God Greatly-Afrikaans Bybelstudies?

Love God Greatly bestaan om vrouens oor die hele wêreld te inspireer, aan te moedig en toe te rus om in God se Woord te kom. So eenvoudig soos dit!

Ons gebed is dat LGG:

… Vrouens sal INSPIREER om God se Woord ‘n prioriteit in hulle daaglikse lewens te maak.

… Vrouens sal AANMOEDIG in hulle daaglikse wandel met God, deur aanlyn aanspreeklikheid.

… Vrouens sal TOERUS om te groei in hulle geloof, sodat hulle dié mense in hulle invloedskring effektief kan bereik vir Christus.

Ons glo dat God se Woord kragtig, effektief en toepaslik is in die daaglikse lewe. As gevolg daarvan het ons ‘n passie om dissipels te maak … vrouens wat God se Woord in aksie sit in hul lewens!

Hoe moedig Love God Greatly vrouens aan om in God se Woord te kom?

Love God Greatly bestaan uit groepe van Christen vrouens wat verskillende tipes tegnologie (sosiale media, e-posse, Facebook, twitter of sms) gebruik om mekaar aanspreeklik te hou vir hulle stiltetyd.

Ons het hulp nodig om in God se Woord te kom en om dit op ‘n gereelde basis te doen. Die lewe is besig. Ons word maklik afgelei. Toewyding is moeilik. Aanspreeklikheid is die antwoord.

Hoe kan JY deel word van die Love God Greatly-Afrikaans gemeenskap?

Nader ‘n groep vrouens saam met wie jy aanspreeklik kan wees. Jy kan jou eie groep vorm met persoonlike vriende of familie, of jy kan aansluit by die gevestigde groep, Love God Greatly-Afrikaans. Indien jy ‘n groep wil begin, kan jy vir my ‘n privaat boodskap stuur by ons Facebook groep, Love God Greatly-Afrikaans, en dan sal ek jou help om die groep te vorm. Wat wonderlik is van aanspreeklikheid deur tegnologie, is dat jou Love God Greatly-Afrikaans groepslede in jou eie dorp of stad kan woon, of aan die ander kant van die wêreld, of enige plek tussenin. Jy kan kies watter tipe kommunikasie metode die beste vir jou groep werk. As jy belangstel om by ons aan te sluit, maak seker om te registreer vir elke huidige studie. Ons wil graag weet wie by ons aansluit vir elke sessie!

Julle is welkom om enige van ons studies te doen, maar meeste mense doen gewoonlik die studie wat Love God Greatly-Afrikaans aanbied vir elke sessie.  LGG bied GRATIS aanlyn hulpbronne vir ons Bybelstudies, reg deur die jaar, volledig met:

  • gespesialiseerde leesplanne
  • interaktiewe studiegidse
  • weeklikse videos, memoriseerverse, uitdagings en meer!
  • aanlyn aanmoediging deur die LGG blog en LGG op sosiale media.

Volg ons blog LoveGodGreatly-Afrikaans om toegang tot ons GRATIS studiemateriaal te ontvang.

Kommunikeer met jou LGG groep. Nadat jy jouself verbind het aan ‘n studie, en/of ‘n groep gevorm het, is jy gereed om van Maandag tot Vrydag elke week met jou groep kontak te hê! Jy sal die Bybelverse wat vir elke dag aangedui is, lees en dan eenvoudig ‘n boodskap vir jou groep stuur en deel wat jy geleer het in die verse van die dag. Jy sal die gemeenskap en aanspreeklikheid, wat alles draai om God se Woord, geniet.

Die DOEL is om elke dag in God se Woord te wees!

Love God Greatly-Afrikaans: Inspireer. Aanmoedig. Toerus.

En JY word uitgenooi!! Ons sal graag wil hê dat jy by ons aansluit, en ons vra biddend vir God om elkeen van ons te verander, soos ons onsself verdiep in sy Woord.

Het jy meer vrae? Besoek ons Algemene vrae afdeling.

 

Panel 4

GELOOFSVERKLARING

 

Ons Glo:

  • Die Bybel is God se onfeilbare Woord.
  • God is Drie-enig: Die Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Jesus se Goddelikheid, maagdelike geboorte, sondelose menslikheid, versoenende dood aan die kruis, ligaamlike opstanding en hemelvaart.
  • Almal het gesondig en skiet tekort aan die glorie van God.
  • Redding alleenlik deur geloof, alleenlik deur genade, alleenlik deur Christus.
  • Die Heilige Gees woon in gelowiges, en bemagtig hulle om die Christen lewe te leef.
  • Christus sal weer kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
  • Die opstanding van die liggaam: ewige lewe in die hemel vir alle ware gelowiges en ewige straf in die hel vir alle ongelowiges.
  • Die kerk bestaan uit ware gelowiges uit elke stam, taal en nasie.

Gelowiges het die opdrag om aan andere die goeie nuus van die evangelie te vertel

 

Panel 5

SOAP

HOE OM TE SOAP

Ons is trots op jou…. Ons is waarlik trots…. Ons wil hê dat JY dit weet.

Ons is trots op jou dat jy die besluit geneem het om tyd in God se Woord deur te bring…. om dit elke dag te lees en toe te pas op JOU lewe…. die pragtige lewe wat God vir JOU gegee het.

Met elke sessie verskaf ons ‘n studiegids wat ooreenstem met die verse wat ons lees. Hierdie studiegids help jou om interaksie te hê met God se Woord. Dit help jou om te leer hoe om dieper te delf…. om tydsaam te oordenk wat God regtig vir jou sê op daardie dag.

Voordat ons begin, wil ons graag vir jou verduidelik wat die S.O.A.P metode is, en HOEKOM jy dit moet gebruik tydens jou stiltetyd.

Hoekom moet ek die S.O.A.P. metode gebruik?

‘n Mens kan teksverse net lees, maar wanneer jy jou tyd neem om dit REGTIG te lees, om interaksie te hê met die Woord, dan staan woorde skielik uit. Die SOAP metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ek wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy sal kry uit jou daaglikse stiltetyd…. jy sal verbaas wees.

Wat beteken S.O.A.P.?

S– Die S staan vir Scripture- jy skryf die teksverse neer…. jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in Sy woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O– Die O staan vir Observation- wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A– Die A staan vir Application- dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P– Die P staan vir Prayer. Bid God se Woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in Sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou gewys het op sonde in jou lewe.

Om God se Woord op hierdie manier te bestudeer kan so lank of so kort wees as wat jy tyd beskikbaar het. Sommige dae kan dit net 10 of 15 minute neem, ander dae langer.

Hoe S.O.A.P. ek?

Hier is Angela (Love God Greatly) se persoonlike voorbeeld….

Kolossense 1:5-8

S– Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is. Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en ‘n getroue dienaar van Christus in julle belang. Dit is ook hy wat ons vertel het van die liefde wat deur die Gees in julle gewek is.

O– (Baie kere maak ek net kort opsommings van my observasies…… dit wat ek met die eerste oogopslag waarneem wanneer ek na die verse kyk)

  • Wanneer jy geloof en liefde kombineer, kry jy hoop.
  • Ons moet onthou dat ons hoop in die hemel is…. dit wag op ons.
  • Die evangelie is die woord van waarheid.
  • Die evangelie dra vrugte en groei van die eerste dag tot die laaste.
  • Dit neem net een persoon om ‘n hele gemeenskap te verander…. Epafras.

A– Iets wat vir my vandag uitgestaan het was hoe God een man, Epafras gebruik het om ‘n hele gemeenskap te verander!!! Ek was daaraan herinner dat ons geroep is om ander van Christus te vertel…. God sal die evangelie laat versprei…. om dit te laat groei en vrugte te dra. Ek voel dat vandag se verse direk spreek tot LGG….“en net soos dit in die hele wereld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos wat dit werklik is.” Is dit nie wonderlik wanneer God se Woord so lewendig word en so direk spreek met ons net waar ons is nie?!!!! My gebed vandag is dat al die vroue wat betrokke is met hierdie Bybelstudie, God se genade sal verstaan en sal dors na Sy Woord.

P– Liewe Here, help my asseblief om ‘n “Epafras” te wees…. Om ander mense van U te vertel, en dit dan in U liefdevolle hande te los. Help my asseblief om dit wat ek gelees het te verstaan en dit toe te pas in my lewe, sodat ek elke dag meer en meer soos U sal word. Help my om ‘n lewe te lei wat die “vrugte” van geloof en liefde dra…. dat ek my hoop in die hemel sal anker; nie hier op die aarde nie. Help my om te onthou dat die BESTE nog voorlê!

___________________________________________

Ek sal eerlik wees met jou en noem dat daar baie dae is wat ek op die voorkant en agterkant van my studiegids skryf…. maar jy hoef nie. Neem dit net een dag op ‘n slag, en skryf soos jy reageer op wat God vir jou deur Sy Woord gewys het.

Die mees belangrikste dele van die S.O.A.P. metode is JOU interaksie met God se Woord en die TOEPASSING van Sy Woord in JOU lewe.

 Ek hoop hierdie verduideliking help jou vandag soos jy leer om dieper te delf in God se Woord.

“Ek voel dat ons ‘n groot oplewing in ons kerke sal hê as alle ware gelowiges waag om te leef wat die Bybel leer.”

 Hê God Groots Lief!