ALGEMENE VRAE

 

MEES ALGEMENE VRAE

V: Hoe begin ek?

  1. Lees asseblief die LGG Verklaring van Geloof en stem daarmee saam.
  2. Volg die LGG blog. Julle sal e-posse ontvang met elke nuwe blog en julle sal ook die studiemateriaal so ontvang.
  3. “Like” die LGG Facebook bladsy https://www.facebook.com/pages/Lief-God-Grootliks/717623225000335

As jy by ‘n groep wil aansluit, is jy welkom om jou eie groep te vorm, of jy kan by die bestaande groep aansluit (https://www.facebook.com/groups/velia.basson/)

V: Wat is die verskil tussen intekening by die Love God Greatly-Afrikaans blog en intekening vir elke studie?

A: Love God Greatly ontwerp gespesialiseerde Bybel leesplanne, studiegidse en addisionele hulpbronne vir elke aanlyn Bybelstudie wat ons aanbied. Intekening aan die LLG website verseker dat die LGG blogs afgelewer word in jou e-pos se “inbox”. Deur intekening kry jy toegang tot ons gratis studiemateriaal in die vorm van aflaaibare links, wat voorsien word aan die einde van elke e-pos. Intekening aan die LGG blog hoef net een keer gedoen te word.

Intekening aan die studie is net soos intekening vir ‘n bybelstudie by jou kerk.  Dit is ‘n koppetelling en gee aan LGG demografie sodat ons kan weet wie deelneem aan ons studies. Dit moet gedoen word vir elke studie waaraan jy deelneem.

V: Ek het verwag dat die studiegids meer soos dagstukkies gaan wees. Is dit nodig om dit uit te druk vir die studie?

A: Nee. Die studiegids is eenvoudig ‘n plek om al jou gedagtes tydens die studie neer te skryf, en dit is reeds ingedeel volgens die daaglikse verse wat jy moet lees. Jy kan ‘n joernaal, notaboek, of selfs jou rekenaar gebruik as jy wil papier te spaar. Indien jy verkies om die studiegids uit te druk, kan jy die studiegids in ‘n lêer hou, of dit laat bind.

V: Sal die vriende op my Facebook vriendelys my daaglikse SOAPS, insigte en gebedsversoeke wat ek opsit op hulle “newsfeed” sien? 

A: Nee. Jou inskrywings in jou LGG groep sal slegs in iemand anders se “newsfeed” verskyn as hulle reeds jou vriend is EN hulle is ook ‘n lid van die groep. Die sekuriteit van die groep is gestel op “Secret”. Hier is wat Facebook sê oor hierdie stelling: “Nie-lede kan hierdie groepe nie in soektogte vind nie en hulle kan ook niks van hierdie groep sien nie, insluitende die naam en ledelys. Die naam van die groep sal nie vertoon word op die tydlyne van die lede nie. Om by ‘n geheime groep aan te sluit, moet jy bygevoeg word deur ‘n lid van die groep.” Gebruik diskresie oor die deel van baie persoonlike besonderhede. Alles wat gepos word op Facebook, behoort nog aan Facebook.

V: My lewe het ‘n bietjie dol geraak; nou is ek ontmoedig, want ek het agtergeraak en ek vind dit intimiderend om in te haal. Moet ek maar net my LGG groep verlaat?        

A: Natuurlik nie! Ons wil jou aanmoedig: hoe meer jy betrokke is, hoe meer sal jy uit die studie kry. Ons weet dit is nie altyd maklik om kwesbaar te wees in ‘n groep soos hierdie nie, en dit is vir sommige van ons makliker om te deel as vir ander. Indien jy onseker is, onthou die volgende:

  1. Elkeen is hier om te groei in haar verhouding met God. Nie een van ons is perfek nie. Ons het almal ‘n Verlosser nodig.
  2. Jy hoef nie welsprekend te wees of baie te skryf nie.
  3. Laat ruimte vir die Heilige Gees om te werk. Jy het dalk iets om te sê wat God wil hê iemand anders moet hoor – moet asseblief nie terughou nie!

Ons besef ook dat die lewe besig raak, dikwels voor ons studies begin. Moet asseblief nie die deelname aan die groep sien as ‘n verpligting nie, maar herken eerder die aanspreeklikheid wat beskikbaar is om jou te help om te groei in jou verhouding met God. Indien moontlik, verbind jouself daartoe om een keer op ‘n dag in te skakel by die groep. Indien die lewe besig raak, en jy nie in staat is om dit te doen nie, moenie bekommer nie! Begin met ‘n nuwe toewyding om dit die volgende dag te doen, en dan die dag na dit…ens.

V: U het gevra dat ons doelwitte vir hierdie studie stel. Wat is sommige doelwitte waarna ek moet streef?

A: Jou doelwitte kan verband hou met enigiets in jou geestelike lewe: enige gewoontes waarna jy wil streef, gesindhede wat jy wil verander, areas waarin jy wil groei, jou verhouding met ander mense, ens. Jy kan ook spesifieke doelwitte byvoeg wat jy hoop om deur die studie te bereik. Evalueer jou doelwitte halfpad deur die studie deur jouself te vra, “Hou dit wat ek nou doen, verband met die bereiking van my doelwitte?” As jy positief kan antwoord, dan weet jy jy is op die regte pad.

V: Kan ek vriende nooi om saam met my te studeer?

A: Absoluut! Jy kan begin deur vir hulle die volgende inligting te gee: Waaroor die studie gaan, die verbintenis (bv. ses weke studie met ten minste een inskakeling by die groep per week, maar met die bedoeling om eenkeer per dag in te skakel van Maandag tot Vrydag) en ‘n basiese verduideliking van hoe om te SOAP. As jy voorheen met ons ‘n studie gedoen het, deel jou ervaring met hulle en hoekom jy dink hulle sal baat deur aan te sluit.

 

 

 

 

4 thoughts on “ALGEMENE VRAE

  1. My versoek om ‘n fasiliteerder te word, gaan nie per e-pos deur na die gegewe adres soos verskaf op die web nie – liefgodgrootliks.co.za Help asb

    Like

Leave a Reply